1 En daar was 'n lang oorlog tussen die huis van Saul en die huis van Dawid, en Dawid het altyd sterker geword, maar die huis van Saul altyd swakker.

2 En vir Dawid is daar seuns in Hebron gebore. En sy eersgeborene was Amnon, by Ah¡noam uit J¡sreël;

3 en sy tweede was K¡leab, by Ab¡gail, die vrou van Nabal, die Karmeliet; en die derde was Absalom, die seun van M äga, die dogter van T lmai, die koning van Gesur;

4 en die vierde Adonia, die seun van Haggit; en die vyfde Sef tja, die seun van Ab¡tal;

5 en die sesde J¡tream, by Egla, die vrou van Dawid. Hulle is vir Dawid in Hebron gebore.

6 En onderwyl daar oorlog was tussen die huis van Saul en die huis van Dawid, was Abner besig om homself te versterk in die huis van Saul.

7 Saul het naamlik 'n byvrou gehad wie se naam Rispa was, die dogter van Aja; en Isboset het vir Abner gesê: Waarom het jy by die byvrou van my vader ingegaan?

8 Toe word Abner baie kwaad oor die woorde van Isboset en sê: Is ek dan die hondskop wat aan Juda behoort? Vandag bewys ek guns aan die huis van Saul, jou vader, aan sy broers en aan sy vriende; en ek het jou nie in die hand van Dawid laat raak nie, en tog verwyt jy my vandag die oortreding met 'n vrou?

9 Mag God so aan Abner doen en so daaraan toedoen, sekerlik, soos die HERE Dawid met 'n eed beloof het, net so sal ek aan hom doen

10 deur die koningskap aan die huis van Saul te ontneem en die troon van Dawid op te rig oor Israel en oor Juda, van Dan tot Bers,ba.

11 En hy kon Abner verder geen antwoord gee nie, omdat hy vir hom bang was.

12 Daarop het Abner boodskappers na Dawid in sy plek gestuur om te sê: Aan wie behoort die land? en: Sluit u verbond met my; en kyk, my hand sal met u wees om die hele Israel na u toe oor te bring.

13 En hy het gesê: Goed, ,k sal met u 'n verbond sluit, maar een ding eis ek van u, naamlik: U mag my aangesig nie sien nie, of u moet eers Migal, die dogter van Saul, saambring as u kom om my aangesig te sien.

14 Dawid het ook boodskappers gestuur na Isboset, die seun van Saul, om te sê: Gee my vrou Migal met wie ek my verloof het vir honderd voorhuide van die Filistyne.

15 En Isboset het gestuur en haar van die man, van P ltiël, die seun van Lais, afgeneem.

16 En haar man het saam met haar gegaan, terwyl hy agter haar aan loop en ween tot by Bahurim. Toe sê Abner vir hom: Gaan terug. En hy het teruggegaan.

17 En Abner het met die oudstes van Israel onderhandel en gesê: Gister sowel as eergister het julle aldeur Dawid as koning oor julle begeer.

18 Voer dit dan nou uit, want die HERE het van Dawid gespreek en gesê: Deur die hand van my kneg Dawid sal Ek my volk Israel uit die hand van die Filistyne en uit die hand van al hulle vyande verlos.

19 En Abner het ook voor die ore van Benjamin gespreek; en Abner het ook gegaan om voor die ore van Dawid in Hebron te spreek alles wat goed was in die oë van Israel en in die oë van die hele huis van Benjamin.

20 Toe Abner by Dawid in Hebron kom, en twintig man saam met hom, het Dawid vir Abner en die manne wat by hom was, 'n maaltyd aangerig.

21 En Abner sê vir Dawid: Ek wil my klaarmaak en die hele Israel by my heer die koning gaan versamel, dat hulle met u 'n verbond sluit; dan kan u heers oor alles wat u siel begeer. Daarop het Dawid Abner laat gaan, en hy het in vrede weggegaan.

22 Intussen kom die dienaars van Dawid en Joab juis van 'n rooftog af, en hulle bring 'n groot buit met hulle saam. Maar Abner was nie meer by Dawid in Hebron nie, want die het hom laat gaan, en hy het in vrede vertrek.

23 Toe Joab en die hele kommando wat saam met hom was, tuis kom, deel hulle aan Joab mee en sê: Abner, die seun van Ner, het na die koning gekom, en die het hom laat gaan, en hy het in vrede vertrek.

24 Daarop kom Joab by die koning en sê: Wat het u gedoen? Kyk, Abner het by u gekom; waarom het u hom tog laat loop, dat hy somaar weggegaan het?

25 U ken Abner, die seun van Ner, dat hy gekom het om u te mislei en om u uitgang en u ingang te weet, ja, om alles te weet wat u doen.

26 En Joab het van Dawid af weggegaan en boodskappers agter Abner aan gestuur, wat hom teruggebring het van die put Hassira af sonder dat Dawid dit geweet het.

27 Toe Abner dan in Hebron terugkom, het Joab hom eenkant toe gelei in die middel van die poort om vertroulik met hom te praat en hom daar in die onderlyf gesteek, sodat hy gesterf het, oor die bloed van sy broer Asahel.

28 Toe Dawid dit daarna hoor, sê hy: Ek en my koninkryk is voor die HERE vir ewig onskuldig aan die bloed van Abner, die seun van Ner.

29 Mag dit losbreek op die hoof van Joab en op sy hele familie, en mag die huis van Joab nie vry wees van een wat 'n vloeiing het of wat melaats is of wat op krukke loop of wat deur die swaard val of gebrek aan brood het nie.

30 Joab dan en Ab¡sai, sy broer, het Abner vermoor, omdat hy hulle broer Asahel by G¡beon in die geveg gedood het.

31 Verder het Dawid aan Joab en al die mense wat by hom was, gesê: Skeur julle klere en gord rouklere aan en rouklaag voor Abner uit! En koning Dawid het agter die baar aan gegaan.

32 Toe hulle Abner in Hebron begrawe, het die koning sy stem verhef en geween by die graf van Abner; die hele volk het ook geween.

33 En die koning het 'n klaaglied oor Abner aangehef en gesê: Moes Abner sterwe soos 'n dwaas sterwe?

34 Jou hande was nie gebind en jou voete nie aangeraak met koperkettings nie. Soos 'n mens voor kwaaddoeners val, het jy geval. En die hele volk het nog meer oor hom geween.

35 Daarop kom die hele volk om Dawid te beweeg dat hy brood moet eet terwyl dit nog dag was; maar Dawid het gesweer en gesê: Mag God so aan my doen en so daaraan toedoen as ek voor sonsondergang brood of enigiets proe.

36 En die hele volk het dit opgemerk, en dit was goed in hulle oë: soos alles wat die koning gedoen het, was dit goed in die oë van die hele volk.

37 En die hele volk en die hele Israel het dieselfde dag gemerk dat dit nie van die koning gekom het om Abner, die seun van Ner, dood te maak nie.

38 Verder het die koning aan sy dienaars gesê: Weet julle nie dat vandag 'n vors en 'n groot man in Israel geval het nie?

39 Maar ek is vandag swak, alhoewel ek as koning gesalf is, terwyl hierdie manne, die seuns van Seruja, harder is as ek. Mag die HERE die kwaaddoener vergelde na sy boosheid!

1 א ותהי המלחמה ארכה בין בית שאול ובין בית דוד ודוד הלך וחזק ובית שאול הלכים ודלים  {ס}

2 ב וילדו (ויולדו) לדוד בנים בחברון ויהי בכורו אמנון לאחינעם היזרעאלת

3 ג ומשנהו כלאב לאביגל (לאביגיל) אשת נבל הכרמלי והשלשי אבשלום בן מעכה בת תלמי מלך גשור

4 ד והרביעי אדניה בן חגית והחמישי שפטיה בן אביטל

5 ה והששי יתרעם לעגלה אשת דוד אלה ילדו לדוד בחברון  {פ}

6 ו ויהי בהיות המלחמה בין בית שאול ובין בית דוד ואבנר היה מתחזק בבית שאול

7 ז ולשאול פלגש ושמה רצפה בת איה ויאמר אל אבנר מדוע באתה אל פילגש אבי

8 ח ויחר לאבנר מאד על דברי איש בשת ויאמר הראש כלב אנכי אשר ליהודה היום אעשה חסד עם בית שאול אביך אל אחיו ואל מרעהו ולא המציתך ביד דוד ותפקד עלי עון האשה היום  {ס}

9 ט כה יעשה אלהים לאבנר וכה יסיף לו  כי כאשר נשבע יהוה לדוד--כי כן אעשה לו

10 י להעביר הממלכה מבית שאול ולהקים את כסא דוד על ישראל ועל יהודה--מדן ועד באר שבע

11 יא ולא יכל עוד להשיב את אבנר דבר מיראתו אתו  {ס}

12 יב וישלח אבנר מלאכים אל דוד תחתו לאמר למי ארץ  לאמר כרתה בריתך אתי והנה ידי עמך להסב אליך את כל ישראל

13 יג ויאמר טוב--אני אכרת אתך ברית  אך דבר אחד אנכי שאל מאתך לאמר לא תראה את פני--כי אם לפני הביאך את מיכל בת שאול בבאך לראות את פני  {ס}

14 יד וישלח דוד מלאכים אל איש בשת בן שאול לאמר  תנה את אשתי את מיכל אשר ארשתי לי במאה ערלות פלשתים

15 טו וישלח איש בשת ויקחה מעם איש--מעם פלטיאל בן לוש (ליש)

16 טז וילך אתה אישה הלוך ובכה אחריה--עד בחרים ויאמר אליו אבנר לך שוב וישב

17 יז ודבר אבנר היה עם זקני ישראל לאמר  גם תמול גם שלשם הייתם מבקשים את דוד למלך עליכם

18 יח ועתה עשו  כי יהוה אמר אל דוד לאמר ביד דוד עבדי הושיע את עמי ישראל מיד פלשתים ומיד כל איביהם

19 יט וידבר גם אבנר באזני בנימין וילך גם אבנר לדבר באזני דוד בחברון את כל אשר טוב בעיני ישראל ובעיני כל בית בנימן

20 כ ויבא אבנר אל דוד חברון ואתו עשרים אנשים ויעש דוד לאבנר ולאנשים אשר אתו משתה

21 כא ויאמר אבנר אל דוד אקומה ואלכה ואקבצה אל אדני המלך את כל ישראל ויכרתו אתך ברית ומלכת בכל אשר תאוה נפשך וישלח דוד את אבנר וילך בשלום

22 כב והנה עבדי דוד ויואב בא מהגדוד ושלל רב עמם הביאו ואבנר איננו עם דוד בחברון--כי שלחו וילך בשלום

23 כג ויואב וכל הצבא אשר אתו באו ויגדו ליואב לאמר בא אבנר בן נר אל המלך וישלחהו וילך בשלום

24 כד ויבא יואב אל המלך ויאמר מה עשיתה  הנה בא אבנר אליך למה זה שלחתו וילך הלוך

25 כה ידעת את אבנר בן נר כי לפתתך בא ולדעת את מוצאך ואת מבואך (מובאך) ולדעת את כל אשר אתה עשה

26 כו ויצא יואב מעם דוד וישלח מלאכים אחרי אבנר וישבו אתו מבור הסרה ודוד לא ידע

27 כז וישב אבנר חברון ויטהו יואב אל תוך השער לדבר אתו בשלי ויכהו שם החמש--וימת בדם עשהאל אחיו

28 כח וישמע דוד מאחרי כן ויאמר נקי אנכי וממלכתי מעם יהוה עד עולם--מדמי אבנר בן נר

29 כט יחלו על ראש יואב ואל כל בית אביו ואל יכרת מבית יואב זב ומצרע ומחזיק בפלך ונפל בחרב--וחסר לחם

30 ל ויואב ואבישי אחיו הרגו לאבנר  על אשר המית את עשהאל אחיהם בגבעון--במלחמה  {ס}

31 לא ויאמר דוד אל יואב ואל כל העם אשר אתו קרעו בגדיכם וחגרו שקים וספדו לפני אבנר והמלך דוד הלך אחרי המטה

32 לב ויקברו את אבנר בחברון וישא המלך את קולו ויבך אל קבר אבנר ויבכו כל העם  {ס}

33 לג ויקנן המלך אל אבנר ויאמר  הכמות נבל ימות אבנר

34 לד ידך לא אסרות ורגליך לא לנחשתים הגשו כנפול לפני בני עולה נפלת ויספו כל העם לבכות עליו

35 לה ויבא כל העם להברות את דוד לחם--בעוד היום וישבע דוד לאמר כה יעשה לי אלהים וכה יסיף כי אם לפני בוא השמש אטעם לחם או כל מאומה

36 לו וכל העם הכירו וייטב בעיניהם ככל אשר עשה המלך בעיני כל העם טוב

37 לז וידעו כל העם וכל ישראל ביום ההוא  כי לא היתה מהמלך להמית את אבנר בן נר  {ס}

38 לח ויאמר המלך אל עבדיו  הלוא תדעו--כי שר וגדול נפל היום הזה בישראל

39 לט ואנכי היום רך ומשוח מלך והאנשים האלה בני צרויה קשים ממני  ישלם יהוה לעשה הרעה כרעתו  {פ}