Publicidade

Salmos 111

1 Halleluja! Alef. Ek wil die HERE loof van ganser harte; Bet. in die kring van die opregtes en in die vergadering.2 Gimel. Die werke van die HERE is groot; Dalet. nagespeur word hulle deur almal wat daar 'n welbehae in het.3 He. Sy dade is majesteit en heerlikheid; Wau. en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid.4 Sajin. Hy het vir sy wonders 'n gedagtenis gestig; Get. die HERE is genadig en barmhartig.5 Tet. Aan die wat Hom vrees, het Hy spys gegee; Jod. Hy dink vir ewig aan sy verbond.6 Kaf. Hy het die krag van sy werke aan sy volk bekend gemaak, Lamed. deur hulle die erfdeel van die heidene te gee.7 Mem. Die werke van sy hande is trou en reg; Noen. al sy bevele is betroubaar.8 Samek. Vasgestel is hulle vir altyd, vir ewig; Ajin. uitgevoer in trou en opregtheid.9 Pe. Hy het aan sy volk verlossing gestuur; Sade. Hy het sy verbond vir ewig ingestel; Kof. sy Naam is heilig en vreeslik.10 Resj. Die vrees van die HERE is die beginsel van die wysheid; Sin. almal wat dit beoefen, het 'n goeie verstand. Tau. Sy lof bestaan tot in ewigheid.

1 א   הללו-יה br אודה יהוה בכל-לבב    בסוד ישרים ועדה br 2 ב   גדלים מעשי יהוה    דרושים לכל-חפציהם br 3 ג   הוד-והדר פעלו    וצדקתו עמדת לעד br 4 ד   זכר עשה לנפלאותיו    חנון ורחום יהוה br 5 ה   טרף נתן ליראיו    יזכר לעולם בריתו br 6 ו   כח מעשיו הגיד לעמו--    לתת להם נחלת גוים br 7 ז   מעשי ידיו אמת ומשפט    נאמנים כל-פקודיו br 8 ח   סמוכים לעד לעולם    עשוים באמת וישר br 9 ט   פדות שלח לעמו--    צוה-לעולם בריתו br קדוש ונורא    שמו br 10 י   ראשית חכמה יראת יהוה--    שכל טוב לכל-עשיהם br תהלתו    עמדת לעד

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-10_01-11-40-blue