1 Halleluja! Loof die HERE uit die hemele; loof Hom in die hoogtes!

2 Loof Hom, al sy engele, loof Hom, al sy leërskare!

3 Loof Hom, son en maan, loof Hom, alle ligtende sterre!

4 Loof Hom, hoogste hemele en waters wat bo die hemele is!

5 Laat hulle die Naam van die HERE loof; want Hy het bevel gegee -- en hulle is geskape.

6 En Hy het hulle in stand gehou vir altyd, vir ewig; Hy het 'n wet gegee wat geeneen oortree nie.

7 Loof die HERE van die aarde af -- groot seediere en alle dieptes!

8 Vuur en hael, sneeu en damp, stormwind wat sy woord volbring;

9 berge en alle heuwels, vrugtebome en alle sederbome,

10 wilde diere en alle vee, kruipende diere en gevleuelde voëls;

11 konings van die aarde en alle volke, vorste en alle regters van die aarde;

12 jongelinge en ook jongedogters, oues saam met die jonges --

13 laat hulle die Naam van die HERE loof! Want sy Naam alleen is hoog; sy majesteit is oor aarde en hemel!

14 En Hy het 'n horing vir sy volk verhef: 'n roem vir al sy gunsgenote; vir die kinders van Israel, die volk wat naby Hom is. Halleluja!

1 א   הללו-יה br הללו את-יהוה מן-השמים    הללוהו במרומים br

2 ב   הללוהו כל-מלאכיו    הללוהו כל-צבאו br

3 ג   הללוהו שמש וירח    הללוהו כל-כוכבי אור br

4 ד   הללוהו שמי השמים    והמים אשר מעל השמים br

5 ה   יהללו את-שם יהוה    כי הוא צוה ונבראו br

6 ו   ויעמידם לעד לעולם    חק-נתן ולא יעבור br

7 ז   הללו את-יהוה מן-הארץ--    תנינים וכל-תהמות br

8 ח   אש וברד שלג וקיטור    רוח סערה עשה דברו br

9 ט   ההרים וכל-גבעות    עץ פרי וכל-ארזים br

10 י   החיה וכל-בהמה    רמש וצפור כנף br

11 יא   מלכי-ארץ וכל-לאמים    שרים וכל-שפטי ארץ br

12 יב   בחורים וגם-בתולות    זקנים עם-נערים br

13 יג   יהללו את-שם יהוה--    כי-נשגב שמו לבדו br הודו    על-ארץ ושמים br

14 יד   וירם קרן לעמו    תהלה לכל-חסידיו-- br לבני ישראל    עם קרבו br הללו-יה