1 Halleluja! Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied, sy lof in die vergadering van die gunsgenote!

2 Laat Israel hom verheug in sy Maker; laat die kinders van Sion juig oor hulle Koning!

3 Laat hulle sy Naam loof in koordans, Hom psalmsing met tamboeryn en siter.

4 Want die HERE het 'n welbehae in sy volk; Hy versier die ootmoediges met heil.

5 Laat die gunsgenote juig in heerlikheid; laat hulle jubel op hul bedde.

6 Lofverheffinge van God is in hulle keel, en 'n tweesnydende swaard in hulle hand;

7 om wraak te oefen onder die heidene, strafgerigte onder die volke;

8 om hulle konings met kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie;

9 om 'n vonnis wat opgeskrywe is, aan hulle te voltrek. 'n Eer is dit vir al sy gunsgenote! Halleluja!

1 א   הללו-יה br שירו ליהוה שיר חדש    תהלתו בקהל חסידים br

2 ב   ישמח ישראל בעשיו    בני-ציון יגילו במלכם br

3 ג   יהללו שמו במחול    בתף וכנור יזמרו-לו br

4 ד   כי-רוצה יהוה בעמו    יפאר ענוים בישועה br

5 ה   יעלזו חסידים בכבוד    ירננו על-משכבותם br

6 ו   רוממות אל בגרונם    וחרב פיפיות בידם br

7 ז   לעשות נקמה בגוים    תוכחות בלאמים br

8 ח   לאסר מלכיהם בזקים    ונכבדיהם בכבלי ברזל br

9 ט   לעשות בהם משפט כתוב--    הדר הוא לכל-חסידיו br הללו-יה