1 Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm van Dawid.
2 As ek roep, verhoor my, o God van my geregtigheid! In benoudheid het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en hoor my gebed!
3 o Manne, hoe lank sal my eer tot skande wees? Hoe lank sal julle die nietigheid liefhê, die leuen soek? Sela.
4 Weet tog dat die HERE vir Hom 'n gunsgenoot afgesonder het; die HERE hoor as ek Hom aanroep.
5 Sidder, en moenie sondig nie; spreek in julle hart op julle bed, en wees stil. Sela.
6 Offer offerandes van geregtigheid en vertrou op die HERE.
7 Baie sê: Wie sal ons die goeie laat sien? Verhef oor ons die lig van u aangesig, o HERE!
8 Groter vreugde het U in my hart gegee as wanneer hulle koring en hulle mos oorvloedig is. [ (Psalms 4:9) Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak; want U, o HERE, alleen laat my in veiligheid woon. ]
1 א למנצח בנגינות מזמור לדוד br
2 ב בקראי ענני אלהי צדקי--בצר הרחבת לי חנני ושמע תפלתי br
3 ג בני איש עד-מה כבודי לכלמה--תאהבון ריק תבקשו כזב סלה br
4 ד ודעו--כי-הפלה יהוה חסיד לו יהוה ישמע בקראי אליו br
5 ה רגזו ואל-תחטאו אמרו בלבבכם על-משכבכם ודמו סלה br
6 ו זבחו זבחי-צדק ובטחו אל-יהוה br
7 ז רבים אמרים מי-יראנו-טוב נסה עלינו אור פניך יהוה br
8 ח נתתה שמחה בלבי מעת דגנם ותירושם רבו br [ (Psalms 4:9) ט בשלום יחדו אשכבה ואישן כי-אתה יהוה לבדד לבטח תושיבני ]