1 Vir die musiekleier; met snaarinstrumente; met basstem. 'n Psalm van Dawid.

2 o HERE, straf my nie in u toorn nie, en kasty my nie in u grimmigheid nie.

3 Wees my genadig, HERE, want ek is verswak; maak my gesond, HERE, want my gebeente is verskrik.

4 Ja, my siel is baie verskrik; en U, HERE, tot hoe lank?

5 Keer terug, HERE, red my siel; verlos my om u goedertierenheid ontwil.

6 Want in die dood word aan U nie gedink nie; wie sal U loof in die doderyk?

7 Ek is moeg van my gesug; elke nag laat ek my bed swem; ek deurweek my bed met my trane.

8 My oog het dof geword van verdriet; dit het swak geword vanweë al my teëstanders.

9 Gaan weg van my, al julle werkers van ongeregtigheid, want die HERE het die stem van my geween gehoor.

10 Die HERE het my smeking gehoor; die HERE neem my gebed aan. [ (Psalms 6:11) Al my vyande sal beskaamd staan en baie verskrik word; hulle sal in 'n oomblik beskaamd omdraai. ]

1 א   למנצח בנגינות על-השמינית    מזמור לדוד br

2 ב   יהוה אל-באפך תוכיחני    ואל-בחמתך תיסרני br

3 ג   חנני יהוה כי אמלל-אני    רפאני יהוה--כי נבהלו עצמי br

4 ד   ונפשי נבהלה מאד    ואת (ואתה) יהוה עד-מתי br

5 ה   שובה יהוה חלצה נפשי    הושיעני למען חסדך br

6 ו   כי אין במות זכרך    בשאול מי יודה-לך br

7 ז   יגעתי באנחתי--אשחה בכל-לילה מטתי    בדמעתי ערשי אמסה br

8 ח   עששה מכעס עיני    עתקה בכל-צוררי br

9 ט   סורו ממני כל-פעלי און    כי-שמע יהוה קול בכיי br

10 י   שמע יהוה תחנתי    יהוה תפלתי יקח br [ (Psalms 6:11) יא   יבשו ויבהלו מאד--כל-איבי    ישבו יבשו רגע ]