1 'n Psalm van Dawid. Doen aan my reg, o HERE, want ,k wandel in my opregtheid en vertrou op die HERE sonder om te wankel.

2 Toets my, HERE, en beproef my, keur my niere en my hart;

3 want u goedertierenheid is voor my oë, en ek wandel in u waarheid.

4 Ek sit nie by valse mense nie, en met slinkse mense gaan ek nie om nie.

5 Ek haat die vergadering van kwaaddoeners, en by die goddelose sit ek nie.

6 Ek was my hande in onskuld en wil gaan rondom u altaar, o HERE,

7 om die stem van lof te laat hoor en om al u wonders te vertel.

8 HERE, ek het lief die woning van u huis en die woonplek van u heerlikheid.

9 Ruk my siel nie weg saam met die sondaars en my lewe saam met die manne van bloed nie,

10 in wie se hande skandelike dade is, en wie se regterhand vol is van omkopery.

11 Maar ,k wandel in my opregtheid; verlos my en wees my genadig.

12 My voet staan op gelyk grond; ek sal die HERE loof in die vergaderings.

1 א   לדוד  שפטני יהוה--    כי-אני בתמי הלכתי br וביהוה בטחתי    לא אמעד br

2 ב   בחנני יהוה ונסני    צרופה (צרפה) כליותי ולבי br

3 ג   כי-חסדך לנגד עיני    והתהלכתי באמתך br

4 ד   לא-ישבתי עם-מתי-שוא    ועם נעלמים לא אבוא br

5 ה   שנאתי קהל מרעים    ועם-רשעים לא אשב br

6 ו   ארחץ בנקיון כפי    ואסבבה את-מזבחך יהוה br

7 ז   לשמע בקול תודה    ולספר כל-נפלאותיך br

8 ח   יהוה--אהבתי מעון ביתך    ומקום משכן כבודך br

9 ט   אל-תאסף עם-חטאים נפשי    ועם-אנשי דמים חיי br

10 י   אשר-בידיהם זמה    וימינם מלאה שחד br

11 יא   ואני בתמי אלך    פדני וחנני br

12 יב   רגלי עמדה במישור    במקהלים אברך יהוה