1 'n Lied. 'n Psalm van Dawid.2 My hart is gerus, o God! Ek wil sing en psalmsing, ja, ook my eer.3 Waak op, harp en siter! Ek wil die dageraad wakker maak.4 Ek wil U loof onder die volke, o HERE, en psalmsing tot u eer, onder die nasies;5 want u goedertierenheid is groot bo die hemel uit en u trou tot by die wolke.6 Verhef U bo die hemele, o God, en u heerlikheid bo die hele aarde!7 Dat u bemindes gered kan word -- verlos deur u regterhand en verhoor ons!8 God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet.9 G¡lead is myne, Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda is my veldheerstaf.10 Moab is my waskom; op Edom werp Ek my skoen; oor Filist,a jubel Ek.11 Wie sal my bring in die versterkte stad? Wie lei my tot in Edom?12 Het U, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie.13 Gee ons hulp teen die vyand, want die mens se hulp is vergeefse moeite. [ (Psalms 108:14) In God sal ons kragtige dade doen, en Hy self sal ons vyande vertrap. ]
1 א-ב שיר מזמור לדוד 2 נכון לבי אלהים אשירה ואזמרה אף-כבודי br 3 ג עורה הנבל וכנור אעירה שחר br 4 ד אודך בעמים יהוה ואזמרך בלאמים br 5 ה כי-גדול מעל-שמים חסדך ועד-שחקים אמתך br 6 ו רומה על-שמים אלהים ועל כל-הארץ כבודך br 7 ז למען יחלצון ידידיך הושיעה ימינך וענני br 8 ח אלהים דבר בקדשו--אעלזה אחלקה שכם ועמק סכות אמדד br 9 ט לי גלעד לי מנשה ואפרים מעוז ראשי יהודה מחקקי br 10 י מואב סיר רחצי--על-אדום אשליך נעלי עלי-פלשת אתרועע br 11 יא מי יבלני עיר מבצר מי נחני עד-אדום br 12 יב הלא-אלהים זנחתנו ולא-תצא אלהים בצבאתינו br 13 יג הבה-לנו עזרת מצר ושוא תשועת אדם br [ (Psalms 108:14) יד באלהים נעשה-חיל והוא יבוס צרינו ]