1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. By die HERE skuil ek. Hoe kan julle dan vir my sê: Vlug na julle berg soos 'n voël!

2 Want kyk, die goddelose span die boog; hulle het hul pyl op die snaar reggesit om in die donker te skiet na die opregtes van hart.

3 As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen?

4 Die HERE is in sy heilige paleis; die troon van die HERE is in die hemel; sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders.

5 Die HERE toets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet.

6 Hy sal op die goddelose vangnette, vuur en swawel laat reën; en 'n gloeiende wind sal die deel van hulle beker wees.

7 Want die HERE is regverdig; Hy het geregtighede lief; die opregtes sal sy aangesig sien.

1 א   למנצח לדוד br ביהוה חסיתי--איך תאמרו לנפשי    נודו (נודי) הרכם צפור br

2 ב   כי הנה הרשעים ידרכון קשת    כוננו חצם על-יתר-- br לירות במו-אפל    לישרי-לב br

3 ג   כי השתות יהרסון--    צדיק מה-פעל br

4 ד   יהוה בהיכל קדשו--    יהוה בשמים כסאו br עיניו יחזו--    עפעפיו יבחנו בני אדם br

5 ה   יהוה צדיק יבחן    ורשע ואהב חמס--שנאה נפשו br

6 ו   ימטר על-רשעים פחים    אש וגפרית ורוח זלעפות--מנת כוסם br

7 ז   כי-צדיק יהוה צדקות אהב    ישר יחזו פנימו