1 'n Psalm van Asaf. God staan in die vergadering van die gode; Hy hou gerig te midde van die gode.2 Hoe lank sal julle onregverdig oordeel en partydig wees vir die goddelose mense? Sela.3 Doen reg aan die swakke en die wees; gee aan die ellendige en die arme sy reg.4 Red die swakke en behoeftige, bevry hulle uit die hand van die goddelose mense.5 Hulle weet nie en verstaan nie; hulle loop rond in duisternis: al die fondamente van die aarde wankel.6 Ek self het gesê: Julle is gode, en julle is almal seuns van die Allerhoogste --7 nogtans sal julle sterwe soos mense, en soos een van die vorste sal julle val.8 Staan op, o God, oordeel die aarde! Want U het erfbesit van al die nasies.
1 א מזמור לאסף br אלהים נצב בעדת-אל בקרב אלהים ישפט br 2 ב עד-מתי תשפטו-עול ופני רשעים תשאו-סלה br 3 ג שפטו-דל ויתום עני ורש הצדיקו br 4 ד פלטו-דל ואביון מיד רשעים הצילו br 5 ה לא ידעו ולא יבינו-- בחשכה יתהלכו br ימוטו כל-מוסדי ארץ br 6 ו אני-אמרתי אלהים אתם ובני עליון כלכם br 7 ז אכן כאדם תמותון וכאחד השרים תפלו br 8 ח קומה אלהים שפטה הארץ כי-אתה תנחל בכל-הגוים