1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.2 Mag die HERE u verhoor in die dag van benoudheid! Mag die Naam van die God van Jakob u beskerm!3 Mag Hy u hulp stuur uit die heiligdom en u ondersteun uit Sion!4 Mag Hy dink aan al u spysoffers en u brandoffer met welgevalle aansien! Sela.5 Mag Hy u gee na u hart en al u voornemens vervul!6 Ons wil juig oor u oorwinning en die vaandels opsteek in die Naam van onse God. Mag die HERE al u begeertes vervul!7 Nou weet ek dat die HERE sy gesalfde verlos; Hy sal hom verhoor uit sy heilige hemel met magtige dade van verlossing van sy regterhand.8 Sommige roem op strydwaens en ander op perde, maar ons sal roem op die Naam van die HERE onse God.9 Hulle het inmekaargesak en geval, maar ons het opgestaan en ons weer opgerig. [ (Psalms 20:10) HERE, verlos die koning! Mag Hy ons verhoor op die dag as ons roep! ]
1 א למנצח מזמור לדוד br 2 ב יענך יהוה ביום צרה ישגבך שם אלהי יעקב br 3 ג ישלח-עזרך מקדש ומציון יסעדך br 4 ד יזכר כל-מנחתך ועולתך ידשנה סלה br 5 ה יתן-לך כלבבך וכל-עצתך ימלא br 6 ו נרננה בישועתך-- ובשם-אלהינו נדגל br ימלא יהוה כל-משאלותיך br 7 ז עתה ידעתי-- כי הושיע יהוה משיחו br יענהו משמי קדשו-- בגברות ישע ימינו br 8 ח אלה ברכב ואלה בסוסים br ואנחנו בשם-יהוה אלהינו נזכיר br 9 ט המה כרעו ונפלו ואנחנו קמנו ונתעודד br [ (Psalms 20:10) י יהוה הושיעה המלך יעננו ביום-קראנו ]