1 Die woord van die HERE wat tot Miga, die Morastiet, gekom het, in die dae van Jotam, Agas, Hisk¡a, konings van Juda; wat hy gesien het aangaande Samar¡a en Jerusalem.

2 o Volke, luister almal saam! o Aarde en sy volheid, let op! Sodat die Here HERE getuie teen julle kan wees, die Here uit sy heilige paleis.

3 Want kyk, die HERE gaan uit sy woonplek uit, en Hy daal neer en betree die hoogtes van die aarde.

4 En die berge smelt onder Hom, en die laagtes skeur oop, soos was voor die vuur, soos water wat langs 'n helling afstroom!

5 Dit alles vanweë die oortreding van Jakob en vanweë die sondes van die huis van Israel. Wie is die oorsaak van die oortreding van Jakob? Is dit nie Samar¡a nie? En wie is die oorsaak van die hoogtes van Juda? Is dit nie Jerusalem nie?

6 Daarom sal Ek Samar¡a 'n puinhoop maak op die veld, 'n plek om wingerdstokke te plant; en Ek sal haar klippe in die dal laat afrol en haar fondamente blootlê.

7 En al haar gesnede beelde sal stukkend geslaan en al wat sy as hoereloon ontvang het, met vuur verbrand word, en al haar afgode sal Ek tot 'n verwoesting maak; want uit hoereloon het sy dit versamel, en tot hoereloon sal dit terugkeer.

8 Daaroor wil ek rouklaag en huil, kaalvoet en naak loop. Ek wil klae soos die jakkalse en treur soos die volstruise.

9 Waarlik, haar wonde is ongeneeslik; want dit het gekom tot by Juda, dit reik tot aan die poort van my volk, tot by Jerusalem.

10 Moet dit nie in Gat vertel nie, ween daar ganselik nie! In Bet-Ofra het ek my in die stof gewentel!

11 Trek weg in smadelike naaktheid, o inwoners van Safir! Die inwoners van Sa„nan trek nie uit nie. Die weeklagte van Bet-Haësel sal julle daar die verblyf ontneem.

12 Want die inwoners van Marot wag in pyn op iets goeds, omdat onheil neerdaal van die HERE na die poort van Jerusalem.

13 Span die perde voor die wa, o inwoners van Lagis! Dit was die begin van sonde vir die dogter van Sion, dat die oortredinge van Israel in jou gevind is.

14 Daarom moet jy 'n afskeidsgeskenk gee aan Mor,set-Gat; die huise van Agsib sal 'n teleurstelling wees vir die konings van Israel.

15 Nogmaals sal Ek jou 'n veroweraar bring, o inwoner van Mar,sa; die adel van Israel sal tot by Adullam kom.

16 Maak 'n kaalte op jou hoof en skeer jou weens jou troetelkinders; maak die kaalplek groot soos die van 'n aasvoël, omdat hulle van jou af weggevoer is in ballingskap.

1 א דבר יהוה אשר היה אל מיכה המרשתי בימי יותם אחז יחזקיה מלכי יהודה--אשר חזה על שמרון וירושלם

2 ב שמעו עמים כלם הקשיבי ארץ ומלאה ויהי אדני יהוה בכם לעד אדני מהיכל קדשו

3 ג כי הנה יהוה יצא ממקומו וירד ודרך על במותי (במתי) ארץ

4 ד ונמסו ההרים תחתיו והעמקים יתבקעו כדונג מפני האש כמים מגרים במורד

5 ה בפשע יעקב כל זאת ובחטאות בית ישראל מי פשע יעקב הלוא שמרון ומי במות יהודה הלוא ירושלם

6 ו ושמתי שמרון לעי השדה למטעי כרם והגרתי לגי אבניה ויסדיה אגלה

7 ז וכל פסיליה יכתו וכל אתנניה ישרפו באש וכל עצביה אשים שממה  כי מאתנן זונה קבצה ועד אתנן זונה ישובו

8 ח על זאת אספדה ואילילה אילכה שילל (שולל) וערום אעשה מספד כתנים ואבל כבנות יענה

9 ט כי אנושה מכותיה  כי באה עד יהודה--נגע עד שער עמי עד ירושלם

10 י בגת אל תגידו--בכו אל תבכו בבית לעפרה עפר התפלשתי (התפלשי)

11 יא עברי לכם יושבת שפיר עריה בשת לא יצאה יושבת צאנן--מספד בית האצל יקח מכם עמדתו

12 יב כי חלה לטוב יושבת מרות  כי ירד רע מאת יהוה לשער ירושלם

13 יג רתם המרכבה לרכש יושבת לכיש ראשית חטאת היא לבת ציון כי בך נמצאו פשעי ישראל

14 יד לכן תתני שלוחים על מורשת גת בתי אכזיב לאכזב למלכי ישראל

15 טו עד הירש אבי לך יושבת מרשה  עד עדלם יבוא כבוד ישראל

16 טז קרחי וגזי על בני תענוגיך הרחבי קרחתך כנשר כי גלו ממך  {ס}