1 Verder het ek gesê: Hoor tog, o hoofde van Jakob en owerstes van die huis van Israel! Betaam dit julle nie om die reg te ken nie?

2 Haters van wat goed is, en liefhebbers van wat sleg is, wat die vel van die mense aftrek en hulle vlees van hul gebeente;

3 en wat die vlees van my volk eet en hulle vel van hulle afslag; ook hulle gebeente verbrysel en hulle aan stukke kap soos vleis in 'n pot en soos vleis in 'n pan.

4 Dan sal hulle die HERE aanroep, en Hy sal hulle nie antwoord nie; maar Hy sal sy aangesig in die tyd vir hulle verberg, omdat hulle verkeerde dinge gedoen het.

5 So sê die HERE aangaande die profete wat my volk verlei, wat as hulle maar iets het om met hulle tande te byt, vrede verkondig; maar teen hom wat niks in hulle mond steek nie, verklaar hulle 'n heilige oorlog!

6 Daarom sal dit nag word vir julle, sonder 'n gesig, en duister vir julle, sonder waarsêery; ja, die son sal oor die profete ondergaan, en die dag oor hulle verduister word.

7 En die sieners sal beskaamd staan, en die waarsêers sal bloos, en hulle almal sal die baard bedek, omdat daar geen antwoord van God kom nie.

8 Ek daarenteen is vol krag, m,t die Gees van die HERE, en reg en heldemoed, om aan Jakob sy oortreding te verkondig en aan Israel sy sonde.

9 Hoor tog dit, hoofde van die huis van Jakob en owerstes van die huis van Israel! Julle wat van die reg 'n afsku het en al wat reg is, verdraai;

10 julle wat Sion bou met bloed en Jerusalem met onreg!

11 Sy hoofde spreek vonnisse uit vir 'n geskenk, en sy priesters gee onderrig vir loon, en sy profete is waarsêers vir geld. Nogtans steun hulle op die HERE en sê: Is die HERE nie in ons midde nie? Geen onheil sal ons wedervaar nie!

12 Daarom sal Sion om julle ontwil soos 'n land omgeploeg en Jerusalem puinhope word en die tempelberg bosrante.

1 א ואמר שמעו נא ראשי יעקב וקציני בית ישראל  הלוא לכם לדעת את המשפט

2 ב שנאי טוב ואהבי רעה (רע) גזלי עורם מעליהם ושארם מעל עצמותם

3 ג ואשר אכלו שאר עמי ועורם מעליהם הפשיטו ואת עצמתיהם פצחו ופרשו כאשר בסיר וכבשר בתוך קלחת

4 ד אז יזעקו אל יהוה ולא יענה אותם ויסתר פניו מהם בעת ההיא כאשר הרעו מעלליהם  {פ}

5 ה כה אמר יהוה על הנביאים המתעים את עמי--הנשכים בשניהם וקראו שלום ואשר לא יתן על פיהם וקדשו עליו מלחמה

6 ו לכן לילה לכם מחזון וחשכה לכם מקסם ובאה השמש על הנביאים וקדר עליהם היום

7 ז ובשו החזים וחפרו הקסמים ועטו על שפם כלם  כי אין מענה אלהים

8 ח ואולם אנכי מלאתי כח את רוח יהוה ומשפט וגבורה--להגיד ליעקב פשעו ולישראל חטאתו  {ס}

9 ט שמעו נא זאת ראשי בית יעקב וקציני בית ישראל--המתעבים משפט ואת כל הישרה יעקשו

10 י בנה ציון בדמים וירושלם בעולה

11 יא ראשיה בשחד ישפטו וכהניה במחיר יורו ונביאיה בכסף יקסמו ועל יהוה ישענו לאמר הלוא יהוה בקרבנו לא תבוא עלינו רעה

12 יב לכן בגללכם ציון שדה תחרש וירושלם עיין תהיה והר הבית לבמות יער  {פ}