1 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Lelies." Van die kinders van Korag. 'n Onderwysing. 'n Lied van die liefde.
2 My hart word bewoë deur goeie woorde; ek dra my gedigte voor aangaande 'n Koning; my tong is die pen van 'n vaardige skrywer.
3 U is veel skoner as die mensekinders; genade is uitgestort op u lippe; daarom het God U geseënvir ewig.
4 Gord u swaard aan die heup, o held, u majesteit en u heerlikheid;
5 ja, u heerlikheid! Ry voorspoedig ter wille van waarheid en ootmoed en geregtigheid; en laat u regterhand U vreeslike dinge leer!
6 U pyle is skerp volke val onder U!; hulle tref in die hart van die Koning se vyande.
7 U troon, o God, is vir ewig en altyd; die septer van u koninkryk is 'n regverdige septer.
8 U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid. Daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle.
9 Al u klere is mirre en alewee en kassie; uit ivoorpaleise maak snarespel U bly.
10 Dogters van konings is onder u staatsdogters; die koningin staan aan u regterhand in goud van Ofir.
11 Hoor, o dogter, en kyk en neig u oor, en vergeet u volk en die huis van u vader;
12 en as die Koning u skoonheid begeer -- want Hy is u Heer -- buig u dan voor Hom neer.
13 En, o dogter van Tirus -- met geskenke sal hulle u guns soek, ja, die rykstes van die mense.
14 Louter heerlikheid is die Koning se dogter daarbinne; van gouddraad is haar kleding.
15 In veelkleurige gewade word sy na die Koning gelei; jonkvroue agter haar, haar vriendinne, word na U gebring.
16 Hulle word gelei met vreugde en gejuig; hulle gaan in die Koning se paleis in.
17 In die plek van u vaders sal u seuns wees; U sal hulle aanstel as vorste in die hele land. [ (Psalms 45:18) U Naam wil ek vermeld van geslag tot geslag; daarom sal die volke U loof vir ewig en altyd. ]
1 א למנצח על-ששנים לבני-קרח משכיל שיר ידידת br
2 ב רחש לבי דבר טוב-- אמר אני מעשי למלך br לשוני עט סופר מהיר br
3 ג יפיפית מבני אדם-- הוצק חן בשפתותיך br על-כן ברכך אלהים לעולם br
4 ד חגור-חרבך על-ירך גבור-- הודך והדרך br
5 ה והדרך צלח רכב-- על-דבר-אמת וענוה-צדק br ותורך נוראות ימינך br
6 ו חציך שנונים עמים תחתיך יפלו בלב אויבי המלך br
7 ז כסאך אלהים עולם ועד שבט מישר שבט מלכותך br
8 ח אהבת צדק ותשנא-רשע br על-כן משחך אלהים אלהיך שמן ששון-- מחברך br
9 ט מר-ואהלות קציעות כל-בגדתיך מן-היכלי שן מני שמחוך br
10 י בנות מלכים ביקרותיך נצבה שגל לימינך בכתם אופיר br
11 יא שמעי-בת וראי והטי אזנך ושכחי עמך ובית אביך br
12 יב ויתאו המלך יפיך כי-הוא אדניך והשתחוי-לו br
13 יג ובת-צר במנחה פניך יחלו--עשירי עם br
14 יד כל-כבודה בת-מלך פנימה ממשבצות זהב לבושה br
15 טו לרקמות תובל למלך בתולות אחריה רעותיה--מובאות לך br
16 טז תובלנה בשמחת וגיל תבאינה בהיכל מלך br
17 יז תחת אבתיך יהיו בניך תשיתמו לשרים בכל-הארץ br [ (Psalms 45:18) יח אזכירה שמך בכל-דר ודר על-כן עמים יהודוך לעלם ועד ]