1 'n Bedevaartslied. Van Dawid. Ek was bly toe hulle vir my gesê het: Laat ons na die huis van die HERE gaan!

2 Ons voete staan in jou poorte, o Jerusalem!

3 Jerusalem wat gebou is soos 'n stad wat goed saamgevoeg is,

4 waarheen die stamme optrek, die stamme van die HERE -- 'n voorskrif vir Israel! -- om die Naam van die HERE te loof.

5 Want daar staan die stoele vir die gereg, die stoele van die huis van Dawid.

6 Bid om die vrede van Jerusalem; mag hulle wat jou liefhet, rustig lewe!

7 Mag daar vrede wees in jou skanse, rus in jou paleise!

8 Ter wille van my broers en my vriende wil ek spreek: Vrede in jou!

9 Ter wille van die huis van die HERE onse God wil ek die goeie vir jou soek.

1 א   שיר המעלות לדוד br שמחתי באמרים לי--    בית יהוה נלך br

2 ב   עמדות היו רגלינו--    בשעריך ירושלם br

3 ג   ירושלם הבנויה--    כעיר שחברה-לה יחדו br

4 ד   ששם עלו שבטים שבטי-יה--עדות לישראל    להדות לשם יהוה br

5 ה   כי שמה ישבו כסאות למשפט    כסאות לבית דוד br

6 ו   שאלו שלום ירושלם    ישליו אהביך br

7 ז   יהי-שלום בחילך    שלוה בארמנותיך br

8 ח   למען אחי ורעי--    אדברה-נא שלום בך br

9 ט   למען בית-יהוה אלהינו--    אבקשה טוב לך