1 'n Bedevaartslied. Van Dawid. Ek was bly toe hulle vir my gesê het: Laat ons na die huis van die HERE gaan!2 Ons voete staan in jou poorte, o Jerusalem!3 Jerusalem wat gebou is soos 'n stad wat goed saamgevoeg is,4 waarheen die stamme optrek, die stamme van die HERE -- 'n voorskrif vir Israel! -- om die Naam van die HERE te loof.5 Want daar staan die stoele vir die gereg, die stoele van die huis van Dawid.6 Bid om die vrede van Jerusalem; mag hulle wat jou liefhet, rustig lewe!7 Mag daar vrede wees in jou skanse, rus in jou paleise!8 Ter wille van my broers en my vriende wil ek spreek: Vrede in jou!9 Ter wille van die huis van die HERE onse God wil ek die goeie vir jou soek.
1 א שיר המעלות לדוד br שמחתי באמרים לי-- בית יהוה נלך br 2 ב עמדות היו רגלינו-- בשעריך ירושלם br 3 ג ירושלם הבנויה-- כעיר שחברה-לה יחדו br 4 ד ששם עלו שבטים שבטי-יה--עדות לישראל להדות לשם יהוה br 5 ה כי שמה ישבו כסאות למשפט כסאות לבית דוד br 6 ו שאלו שלום ירושלם ישליו אהביך br 7 ז יהי-שלום בחילך שלוה בארמנותיך br 8 ח למען אחי ורעי-- אדברה-נא שלום בך br 9 ט למען בית-יהוה אלהינו-- אבקשה טוב לך