1 'n Psalm van Dawid. HERE, ek roep U aan; kom tog gou na my toe; luister na my stem as ek U aanroep.

2 Laat my gebed soos reukwerk voor u aangesig staan, die opheffing van my hande soos die aandoffer.

3 HERE, stel 'n wag voor my mond, bewaar die deur van my lippe.

4 Neig my hart nie tot iets wat sleg is, om in goddeloosheid dinge te doen saam met manne wat ongeregtigheid werk nie; en laat my van hulle lekkernye nie eet nie.

5 Laat die regverdige my met liefde slaan en my tugtig -- hoofsalf sal my hoof nie weier nie; want nog is my gebed teen hulle booshede.

6 As hulle regters aan die kant van die rots afgegooi word, dan sal hulle hoor dat my woorde lieflik is.

7 Soos 'n mens in die aarde vore en skeure trek, is ons beendere gestrooi by die mond van die doderyk.

8 Want op U is my oë, HERE Here; by U skuil ek: giet my siel nie uit nie!

9 Bewaar my vir die mag van die vangnet van die wat vir my strikke stel, en vir die strikke van die werkers van ongeregtigheid.

10 Laat die goddelose in hulle vangkuile val, almal saam, terwyl ,k verbygaan!

1 א   מזמור לדוד br יהוה קראתיך חושה לי    האזינה קולי בקראי-לך br

2 ב   תכון תפלתי קטרת לפניך    משאת כפי מנחת-ערב br

3 ג   שיתה יהוה שמרה לפי    נצרה על-דל שפתי br

4 ד   אל-תט-לבי    לדבר רע br להתעולל עללות    ברשע-- br את-אישים    פעלי-און br ובל-אלחם    במנעמיהם br

5 ה   יהלמני צדיק חסד    ויוכיחני-- br שמן ראש    אל-יני ראשי br כי-עוד ותפלתי    ברעותיהם br

6 ו   נשמטו בידי-סלע שפטיהם    ושמעו אמרי כי נעמו br

7 ז   כמו פלח ובקע בארץ--    נפזרו עצמינו לפי שאול br

8 ח   כי אליך יהוה אדני עיני    בכה חסיתי אל-תער נפשי br

9 ט   שמרני--מידי פח יקשו לי    ומקשות פעלי און br

10 י   יפלו במכמריו רשעים    יחד אנכי עד-אעבור