1 'n Bedevaartslied. Ek roep die HERE aan in my benoudheid, en Hy verhoor my.2 o HERE, red my siel van die valse lippe, van die bedrieglike tong!3 Wat sal Hy jou gee of wat vir jou daaraan toevoeg, o bedrieglike tong?4 Skerp pyle van 'n held saam met gloeiende kole van besembosse.5 Wee my dat ek as vreemdeling vertoef in Meseg, dat ek by die tente van Kedar woon!6 Te lank al woon my siel by die wat die vrede haat.7 Ek is vredeliewend; maar as ek spreek, is hulle op oorlog uit.
1 א שיר המעלות br אל-יהוה בצרתה לי-- קראתי ויענני br 2 ב יהוה--הצילה נפשי משפת-שקר מלשון רמיה br 3 ג מה-יתן לך ומה-יסיף לך-- לשון רמיה br 4 ד חצי גבור שנונים עם גחלי רתמים br 5 ה אויה-לי כי-גרתי משך שכנתי עם-אהלי קדר br 6 ו רבת שכנה-לה נפשי-- עם שונא שלום br 7 ז אני-שלום וכי אדבר המה למלחמה