1 Die HERE is Koning; laat die volke bewe! Hy troon op die g,rubs; laat die aarde sidder!2 Die HERE is groot in Sion, en verhewe is Hy bo al die volke.3 Laat hulle u grote en gedugte Naam loof! Heilig is Hy!4 Ook die sterkte van die Koning wat die reg liefhet. U het bevestig wat regverdig is; U het reg en geregtigheid gedoen in Jakob.5 Verhef die HERE onse God, en buig julle neer voor die voetbank van sy voete. Heilig is Hy!6 Moses en A„ron was onder sy priesters, en Samuel onder die aanroepers van sy Naam. Hulle het die HERE aangeroep, en Hy het hulle verhoor.7 In die wolkkolom het Hy met hulle gespreek. Hulle het sy getuienisse onderhou en die insetting wat Hy hulle gegee het.8 o HERE onse God, U het hulle verhoor, U was vir hulle 'n vergewende God en Een wat wraak oefen oor hulle dade.9 Verhef die HERE onse God, en buig julle neer voor sy heilige berg. Want heilig is die HERE onse God.
1 א יהוה מלך ירגזו עמים ישב כרובים תנוט הארץ br 2 ב יהוה בציון גדול ורם הוא על-כל-העמים br 3 ג יודו שמך גדול ונורא קדוש הוא br 4 ד ועז מלך משפט אהב br אתה כוננת מישרים משפט וצדקה ביעקב אתה עשית br 5 ה רוממו יהוה אלהינו והשתחוו להדם רגליו קדוש הוא br 6 ו משה ואהרן בכהניו ושמואל בקראי שמו br קראים אל-יהוה והוא יענם br 7 ז בעמוד ענן ידבר אליהם שמרו עדתיו וחק נתן-למו br 8 ח יהוה אלהינו אתה עניתם br אל נשא היית להם ונקם על-עלילותם br 9 ט רוממו יהוה אלהינו והשתחוו להר קדשו br כי-קדוש יהוה אלהינו