1 'n Psalm van Dawid. HERE, wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon op u heilige berg?2 Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek;3 wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie;4 in wie se oë die verworpene veragtelik is, maar hy eer die wat die HERE vrees; al het hy gesweer tot sy skade, hy verander nie;5 wat sy geld nie gee op woeker en geen omkoopgeskenk aanneem teen die onskuldige nie. Hy wat hierdie dinge doen, sal nie wankel in ewigheid nie.
1 א מזמור לדוד יהוה מי-יגור באהלך מי-ישכן בהר קדשך br 2 ב הולך תמים ופעל צדק ודבר אמת בלבבו br 3 ג לא-רגל על-לשנו--לא-עשה לרעהו רעה וחרפה לא-נשא על-קרבו br 4 ד נבזה בעיניו נמאס-- ואת-יראי יהוה יכבד br נשבע להרע ולא ימר br 5 ה כספו לא-נתן בנשך-- ושחד על-נקי לא לקח br עשה-אלה-- לא ימוט לעולם