1 Halleluja! Alef. Welgeluksalig is die man wat die HERE vrees, Bet. wat 'n groot welbehae in sy gebooie het.2 Gimel. Sy nageslag sal geweldig wees op die aarde; Dalet. die geslag van die opregtes sal geseënword.3 He. Oorvloed en rykdom is in sy huis; Wau. en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid.4 Sajin. Vir die opregtes gaan Hy op as 'n lig in die duisternis: Get. genadig en barmhartig en regverdig.5 Tet. Gelukkig die man wat hom ontferm en uitleen, Jod. wat sy sake volgens reg besorg.6 Kaf. Want hy sal nooit wankel nie; Lamed. die regverdige sal in ewige gedagtenis wees.7 Mem. Hy vrees nie vir slegte tyding nie; Noen. sy hart is gerus, vol vertroue op die HERE.8 Samek. Vas is sy hart, hy vrees nie. Ajin. totdat hy op sy teëstanders neersien.9 Pe. Hy strooi uit, hy gee aan die behoeftiges; Sade. sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid; Kof. sy horing word verhoog in eer.10 Resj. Die goddelose sien dit en is vererg; Sjin. hy kners met sy tande en smelt weg; Tau. die begeerte van die goddelose mense vergaan.
1 א הללו-יה br אשרי-איש ירא את-יהוה במצותיו חפץ מאד br 2 ב גבור בארץ יהיה זרעו דור ישרים יברך br 3 ג הון-ועשר בביתו וצדקתו עמדת לעד br 4 ד זרח בחשך אור לישרים חנון ורחום וצדיק br 5 ה טוב-איש חונן ומלוה יכלכל דבריו במשפט br 6 ו כי-לעולם לא-ימוט לזכר עולם יהיה צדיק br 7 ז משמועה רעה לא יירא נכון לבו בטח ביהוה br 8 ח סמוך לבו לא יירא עד אשר-יראה בצריו br 9 ט פזר נתן לאביונים-- צדקתו עמדת לעד br קרנו תרום בכבוד br 10 י רשע יראה וכעס-- שניו יחרק ונמס br תאות רשעים תאבד