1 'n Gebed van Dawid. HERE, neig u oor, verhoor my, want ek is ellendig en behoeftig.2 Bewaar my siel, want 'n gunsgenoot is ek; U, my God, verlos u kneg wat op U vertrou.3 Wees my genadig, o Here, want ek roep U aan die hele dag deur.4 Verbly die siel van u kneg, want tot U, o Here, hef ek my siel op.5 Want U, o Here, is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep.6 HERE, luister na my gebed en let op die stem van my smekinge.7 In die dag van my benoudheid roep ek U aan, want U verhoor my.8 Daar is niemand soos U onder die gode, Here, en daar is niks soos u werke nie.9 Al die nasies wat U gemaak het, sal kom en hulle voor u aangesig neerbuig, Here, en hulle sal u Naam eer;10 want U is groot en doen wonders, U alleen is God.11 Leer my, HERE, u weg: ek sal in u waarheid wandel; verenig my hart tot die vrees van u Naam.12 Here, my God, ek wil U loof met my hele hart en u Naam vir ewig eer;13 want u goedertierenheid is groot oor my, en U het my siel uit die doderyk diep daaronder gered.14 o God, vermeteles het teen my opgestaan, en 'n bende tiranne soek my lewe; en hulle stel U nie voor hul oë nie.15 Maar U, Here, is 'n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou.16 Wend U tot my en wees my genadig; gee u sterkte aan u kneg en verlos die seun van u diensmaagd.17 Doen aan my 'n teken ten goede, sodat my haters dit sien en beskaamd kan staan, omdat U, o HERE, my gehelp en getroos het.
1 א תפלה לדוד br הטה-יהוה אזנך ענני-- כי-עני ואביון אני br 2 ב שמרה נפשי כי-חסיד אני br הושע עבדך אתה אלהי-- הבוטח אליך br 3 ג חנני אדני כי אליך אקרא כל-היום br 4 ד שמח נפש עבדך כי אליך אדני נפשי אשא br 5 ה כי-אתה אדני טוב וסלח ורב-חסד לכל-קראיך br 6 ו האזינה יהוה תפלתי והקשיבה בקול תחנונותי br 7 ז ביום צרתי אקראך כי תענני br 8 ח אין-כמוך באלהים אדני ואין כמעשיך br 9 ט כל-גוים אשר עשית--יבואו וישתחוו לפניך אדני ויכבדו לשמך br 10 י כי-גדול אתה ועשה נפלאות אתה אלהים לבדך br 11 יא הורני יהוה דרכך-- אהלך באמתך br יחד לבבי ליראה שמך br 12 יב אודך אדני אלהי--בכל-לבבי ואכבדה שמך לעולם br 13 יג כי-חסדך גדול עלי והצלת נפשי משאול תחתיה br 14 יד אלהים זדים קמו-עלי ועדת עריצים בקשו נפשי br ולא שמוך לנגדם br 15 טו ואתה אדני אל-רחום וחנון ארך אפים ורב-חסד ואמת br 16 טז פנה אלי וחנני תנה-עזך לעבדך והושיעה לבן-אמתך br 17 יז עשה-עמי אות לטובה br ויראו שנאי ויבשו-- כי-אתה יהוה עזרתני ונחמתני