Publicidade

Salmos 40

1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.2 Ek het die HERE lank verwag, en Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor;3 en Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en my voete op 'n rots gestel; Hy het my gange vasgemaak.4 En Hy het 'n nuwe lied in my mond gegee, 'n lofsang tot eer van onse God. Baie sal dit sien en vrees en op die HERE vertrou.5 Welgeluksalig is die man wat sy vertroue in die HERE stel en hom nie wend tot hoogmoediges en leuendienaars nie.6 Groot dinge het U gedoen, HERE my God -- u wonders en gedagtes vir ons; niemand kan met U vergelyk word nie. Wil ek dit verkondig en uitspreek, dan is dit te veel om te vertel.7 U het geen behae in slagoffer of spysoffer nie; ore het U vir my gegrawe; brandoffer en sondoffer het U nie geëis nie.8 Toe het ek gesê: Kyk, ek kom; in die boekrol is dit my voorgeskrywe.9 Ek het lus, o my God, om u welbehae te doen, en u wet is binne-in my ingewande.10 Ek het 'n blye boodskap van geregtigheid in die groot vergadering verkondig; kyk, my lippe bedwing ek nie. HERE, U weet dit.11 U geregtigheid bedek ek nie binne-in my hart nie; van u trou en u heil spreek ek; u goedertierenheid en u trou verberg ek nie vir die groot vergadering nie.12 U, o HERE, sal u barmhartighede van my nie terughou nie; laat u goedertierenheid en u trou my altyddeur behoed.13 Want onheile sonder getal het my omring; my ongeregtighede het my ingehaal, en ek kan nie sien nie; hulle is meer as die hare van my hoof, en my hart het my verlaat.14 Laat dit U behaag, HERE, om my te red; HERE, maak tog gou om my te help!15 Laat hulle wat my lewe soek, om dit weg te ruk, tesame beskaamd staan en rooi van skaamte word; laat hulle wat behae het in my onheil, agteruitwyk en in die skande kom.16 Laat hulle wat vir my sê: Ha, ha! vanweë hul beskaming verskrik wees!17 Laat almal wat U soek, in U vrolik en bly wees; laat die liefhebbers van u heil altyddeur sê: Groot is die HERE! [ (Psalms 40:18) Al is ek ellendig en behoeftig -- die Here dink aan my; U is my hulp en my redder; my God, vertoef tog nie! ]

1 א   למנצח לדוד מזמור br 2 ב   קוה קויתי יהוה    ויט אלי וישמע שועתי br 3 ג   ויעלני מבור שאון--    מטיט היון br ויקם על-סלע רגלי    כונן אשרי br 4 ד   ויתן בפי שיר חדש--    תהלה לאלהינו br יראו רבים וייראו    ויבטחו ביהוה br 5 ה   אשרי הגבר--    אשר-שם יהוה מבטחו br ולא-פנה אל-רהבים    ושטי כזב br 6 ו   רבות עשית    אתה יהוה אלהי-- br נפלאתיך ומחשבתיך    אלינו br אין ערך אליך--אגידה ואדברה    עצמו מספר br 7 ז   זבח ומנחה לא-חפצת--    אזנים כרית לי br עולה וחטאה    לא שאלת br 8 ח   אז אמרתי הנה-באתי    במגלת-ספר כתוב עלי br 9 ט   לעשות-רצונך אלהי חפצתי    ותורתך בתוך מעי br 10 י   בשרתי צדק בקהל רב--    הנה שפתי לא אכלא br יהוה    אתה ידעת br 11 יא   צדקתך לא-כסיתי בתוך לבי--    אמונתך ותשועתך אמרתי br לא-כחדתי חסדך ואמתך    לקהל רב br 12 יב   אתה יהוה--    לא-תכלא רחמיך ממני br חסדך ואמתך    תמיד יצרוני br 13 יג   כי אפפו-עלי רעות    עד-אין מספר-- br השיגוני עונתי    ולא-יכלתי לראות br עצמו משערות ראשי    ולבי עזבני br 14 יד   רצה יהוה להצילני    יהוה לעזרתי חושה br 15 טו   יבשו ויחפרו יחד--    מבקשי נפשי לספותה br יסגו אחור ויכלמו--    חפצי רעתי br 16 טז   ישמו על-עקב בשתם--    האמרים לי האח האח br 17 יז   ישישו וישמחו בך--    כל-מבקשיך br יאמרו תמיד יגדל יהוה--    אהבי תשועתך br [ (Psalms 40:18) יח   ואני עני ואביון--    אדני יחשב-לי br עזרתי ומפלטי אתה    אלהי אל-תאחר ]

Veja também

Publicidade