1 Vir die musiekleier; op die wysie van: "M halat." 'n Onderwysing van Dawid.2 Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie! Hulle het sleg gehandel en hul onreg afskuwelik gemaak; daar is niemand wat goed doen nie.3 God het uit die hemel neergesien op die mensekinders om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra.4 Hulle het almal afgewyk, tesame het hulle ontaard; daar is niemand wat goed doen nie, ook nie een nie.5 Het die werkers van ongeregtigheid dan geen kennis nie, wat my volk opeet asof hulle brood eet? Hulle roep God nie aan nie.6 D r het skrik hulle oorweldig sonder dat daar skrik was; want God het die beendere verstrooi van hom wat jou beleër het; jy het hulle beskaamd gemaak, want God het hulle verwerp. [ (Psalms 53:7) Ag, mag die verlossing van Israel uit Sion kom! As God die lot van sy volk verander, dan sal Jakob juig, Israel sal bly wees. ]
1 א למנצח על-מחלת משכיל לדוד br 2 ב אמר נבל בלבו אין אלהים br השחיתו והתעיבו עול-- אין עשה-טוב br 3 ג אלהים-- משמים השקיף על-בני-אדם br לראות היש משכיל-- דרש את-אלהים br 4 ד כלו סג יחדו נאלחו אין עשה-טוב אין גם-אחד br 5 ה הלא ידעו פעלי-און אכלי עמי אכלו לחם אלהים לא קראו br 6 ו שם פחדו פחד-- לא-היה-פחד br כי-אלהים--פזר עצמות חנך הבשתה כי-אלהים מאסם br [ (Psalms 53:7) ז מי יתן מציון ישעות ישראל br בשוב אלהים שבות עמו יגל יעקב ישמח ישראל ]