1 Jehisk¡a het, vyf en twintig jaar oud, koning geword en nege en twintig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Ab¡a, die dogter van Sagar¡a.

2 En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE net soos sy vader Dawid gedoen het.

3 Hy het in die eerste jaar van sy regering, in die eerste maand, die deure van die huis van die HERE oopgemaak en dit herstel,

4 en die priesters en die Leviete laat inkom en hulle versamel op die Oosplein

5 en vir hulle gesê: Luister na my, Leviete! Heilig julle nou, en heilig die huis van die HERE, die God van julle vaders, en bring die onreinheid uit die heiligdom uit;

6 want ons vaders het ontrou gehandel en gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE onse God, en hulle het Hom verlaat en hulle aangesig van die tabernakel van die HERE afgewend en dit die rug toegekeer.

7 Ook het hulle die deure van die voorportaal toegesluit en die lampe doodgeblaas en geen reukwerk aan die brand gesteek en geen brandoffer in die heiligdom aan die God van Israel gebring nie.

8 Daarom het 'n toorn van die HERE oor Juda en Jerusalem gekom, en Hy het hulle 'n skrikbeeld, 'n voorwerp van verbasing en van bespotting gemaak, soos julle met jul eie oë sien.

9 En kyk, hierom het ons vaders deur die swaard geval en is ons seuns en ons dogters en ons vroue in gevangenskap.

10 Nou is dit in my hart om 'n verbond te sluit met die HERE, die God van Israel, dat sy toorngloed van ons afgewend kan word.

11 My seuns, wees nou nie nalatig nie, want die HERE het julle verkies om voor sy aangesig te staan, om Hom te dien en sy dienaars te wees en offerrook te laat opgaan.

12 Die Leviete het hulle toe klaargemaak: Mahat, die seun van Am sai, en Joël, die seun van As rja, uit die kinders van die Kehatiete; en uit die kinders van Mer ri: Kis, die seun van Abdi, en As rja, die seun van Jeh llelel; en uit die Gersoniete: Joag, die seun van Simma, en Eden, die seun van Joag;

13 en uit die kinders van Elis fan: Simri en Je‹-el; en uit die kinders van Asaf: Sagar¡a en Matt nja;

14 en uit die kinders van Heman: J,hiël en S¡me‹; en uit die kinders van Jedutun: Sem ja en Ussiël.

15 En hulle het hul broers versamel en hulle geheilig en ingekom om volgens die bevel van die koning, ooreenkomstig die woorde van die HERE, die huis van die HERE te reinig.

16 En die priesters het binne-in die huis van die HERE ingegaan om dit te reinig en al die onreinheid wat hulle in die tempel van die HERE gevind het, uitgebring in die voorhof van die huis van die HERE, en die Leviete het dit in ontvangs geneem om dit uit te bring na buite, na die spruit Kidron.

17 En hulle het begin om te heilig op die eerste van die eerste maand en op die agtste dag van die maand by die voorportaal van die HERE gekom en die huis van die HERE binne agt dae geheilig; en op die sestiende dag van die eerste maand was hulle gereed.

18 Toe kom hulle by koning Hisk¡a in en sê: Ons het die hele huis van die HERE gereinig -- die brandofferaltaar met al sy gereedskap en die tafel vir die toonbrode met al sy gereedskap;

19 ook al die gereedskap wat koning Agas tydens sy regering deur sy ontrou ontheilig het, het ons weer reggesit en geheilig, en kyk, daar is dit voor die altaar van die HERE.

20 Daarop maak koning Jehisk¡a hom vroeg klaar en laat die owerstes van die stad bymekaarkom, en hy het opgegaan na die huis van die HERE.

21 En hulle het sewe bulle en sewe ramme en sewe lammers en sewe bokke as 'n sondoffer vir die koningskap en vir die heiligdom en vir Juda gebring; en hy het aan die seuns van A„ron, die priesters, gesê om dit op die altaar van die HERE te offer.

22 Toe het hulle die beeste geslag, en die priesters het die bloed opgevang en dit teen die altaar uitgegooi, en die ramme geslag en die bloed teen die altaar uitgegooi, en die lammers geslag en die bloed teen die altaar uitgegooi.

23 Daarna het hulle die sondofferbokke nader gebring voor die koning en die vergadering, en hulle het hul hande daarop gelê.

24 En die priesters het hulle geslag en die bloed daarvan as sondoffer teen die altaar uitgegooi om versoening te doen vir die hele Israel; want die koning het die brandoffer en die sondoffer vir die hele Israel beveel.

25 En hy het die Leviete opgestel by die huis van die HERE met simbale, met harpe en siters volgens die gebod van Dawid en van Gad, die siener van die koning, en van die profeet Natan; want die HERE het dit so beveel deur die diens van sy profete.

26 En die Leviete het gaan staan met die instrumente van Dawid, en die priesters met die trompette.

27 En Hisk¡a het bevel gegee om die brandoffer op die altaar te offer; en net toe die brandoffer begin, het ook die gesang tot eer van die HERE en die trompette begin, en dit onder begeleiding van die instrumente van Dawid, die koning van Israel.

28 En die hele vergadering het hulle neergebuig, en die gesang het weerklink en die trompette geblaas -- dit alles totdat die brandoffer verby was.

29 En toe hulle klaar was met offer, het die koning en almal wat by hom aanwesig was, gekniel en hulle neergebuig.

30 Daarop gee koning Jehisk¡a en die owerstes aan die Leviete bevel om die HERE te prys met die woorde van Dawid en van Asaf, die siener; en hulle het met blydskap die lofsang aangehef en gebuig en aanbid.

31 En Jehisk¡a het begin sê: Nou het julle jul aan die HERE gewy; kom aan en bring die slagoffers en die lofoffers na die huis van die HERE. Die vergadering het toe slagoffers en lofoffers gebring, en elkeen wat gewillig van hart was, brandoffers.

32 En die getal van die brandoffers wat die vergadering gebring het, was sewentig beeste, honderd ramme, twee honderd lammers; dit alles as 'n brandoffer aan die HERE.

33 En die heilige gawes was ses honderd beeste en drie duisend stuks kleinvee.

34 Net die priesters was te min en kon nie al die brandoffers afslag nie; maar hulle broers, die Leviete, het hulle ondersteun, totdat die werk klaar was en totdat die priesters hulleself geheilig het; want die Leviete was opregter van hart om hulleself te heilig as die priesters.

35 En ook was daar brandoffers in menigte, met die vetstukke van die dankoffers en met die drankoffers vir die brandoffer. So is dan die diens in die huis van die HERE gereël.

36 En Jehisk¡a en die hele volk was bly oor wat God vir die volk berei het; want dit het gou gegaan.

1 א יחזקיהו מלך בן עשרים וחמש שנה ועשרים ותשע שנה מלך בירושלם ושם אמו אביה בת זכריהו

2 ב ויעש הישר בעיני יהוה  ככל אשר עשה דויד אביו

3 ג הוא בשנה הראשונה למלכו בחדש הראשון פתח את דלתות בית יהוה--ויחזקם

4 ד ויבא את הכהנים ואת הלוים ויאספם לרחוב המזרח

5 ה ויאמר להם שמעוני הלוים  עתה התקדשו וקדשו את בית יהוה אלהי אבתיכם והוציאו את הנדה מן הקדש

6 ו כי מעלו אבתינו ועשו הרע בעיני יהוה אלהינו--ויעזבהו ויסבו פניהם ממשכן יהוה ויתנו ערף

7 ז גם סגרו דלתות האולם ויכבו את הנרות וקטרת לא הקטירו ועלה לא העלו בקדש לאלהי ישראל

8 ח ויהי קצף יהוה על יהודה וירושלם ויתנם לזועה (לזעוה) לשמה ולשרקה כאשר אתם ראים בעיניכם

9 ט והנה נפלו אבותינו בחרב ובנינו ובנותינו ונשינו בשבי על זאת

10 י עתה עם לבבי לכרות ברית ליהוה אלהי ישראל וישב ממנו חרון אפו

11 יא בני עתה אל תשלו  כי בכם בחר יהוה לעמד לפניו לשרתו ולהיות לו משרתים ומקטרים  {פ} br

12 יב ויקמו הלוים מחת בן עמשי ויואל בן עזריהו מן בני הקהתי ומן בני מררי קיש בן עבדי ועזריהו בן יהללאל  {ס}  ומן הגרשני--יואח בן זמה ועדן בן יואח

13 יג ומן בני אליצפן שמרי ויעואל (ויעיאל) ומן בני אסף זכריהו ומתניהו  {ס}

14 יד ומן בני הימן יחואל (יחיאל) ושמעי  {ס}  ומן בני ידותון שמעיה ועזיאל

15 טו ויאספו את אחיהם ויתקדשו ויבאו כמצות המלך בדברי יהוה לטהר בית יהוה

16 טז ויבאו הכהנים לפנימה בית יהוה לטהר ויוציאו את כל הטמאה אשר מצאו בהיכל יהוה לחצר בית יהוה ויקבלו הלוים להוציא לנחל קדרון חוצה

17 יז ויחלו באחד לחדש הראשון לקדש וביום שמונה לחדש באו לאולם יהוה ויקדשו את בית יהוה לימים שמונה וביום ששה עשר לחדש הראשון כלו  {ס}

18 יח ויבואו פנימה אל חזקיהו המלך ויאמרו טהרנו את כל בית יהוה  את מזבח העולה ואת כל כליו ואת שלחן המערכת ואת כל כליו

19 יט ואת כל הכלים אשר הזניח המלך אחז במלכותו במעלו--הכנו והקדשנו והנם לפני מזבח יהוה  {ס}

20 כ וישכם יחזקיהו המלך ויאסף את שרי העיר ויעל בית יהוה

21 כא ויביאו פרים שבעה ואילים שבעה וכבשים שבעה וצפירי עזים שבעה לחטאת על הממלכה ועל המקדש ועל יהודה ויאמר לבני אהרן הכהנים להעלות על מזבח יהוה

22 כב וישחטו הבקר ויקבלו הכהנים את הדם ויזרקו המזבחה וישחטו האלים ויזרקו הדם המזבחה וישחטו הכבשים ויזרקו הדם המזבחה

23 כג ויגישו את שעירי החטאת לפני המלך והקהל ויסמכו ידיהם עליהם

24 כד וישחטום הכהנים ויחטאו את דמם המזבחה לכפר על כל ישראל  כי לכל ישראל אמר המלך העולה והחטאת

25 כה ויעמד את הלוים בית יהוה במצלתים בנבלים ובכנרות במצות דויד וגד חזה המלך ונתן הנביא  כי ביד יהוה המצוה ביד נביאיו

26 כו ויעמדו הלוים בכלי דויד והכהנים בחצצרות  {פ} br

27 כז ויאמר חזקיהו להעלות העלה להמזבח ובעת החל העולה החל שיר יהוה והחצצרות ועל ידי כלי דויד מלך ישראל

28 כח וכל הקהל משתחוים והשיר משורר והחצצרות מחצצרים (מחצרים)  הכל עד לכלות העלה

29 כט וככלות להעלות  כרעו המלך וכל הנמצאים אתו--וישתחוו

30 ל ויאמר יחזקיהו המלך והשרים ללוים להלל ליהוה בדברי דויד ואסף החזה ויהללו עד לשמחה ויקדו וישתחוו  {פ} br

31 לא ויען יחזקיהו ויאמר עתה מלאתם ידכם ליהוה גשו והביאו זבחים ותודות לבית יהוה ויביאו הקהל זבחים ותודות וכל נדיב לב עלות

32 לב ויהי מספר העלה אשר הביאו הקהל--בקר שבעים אילים מאה כבשים מאתים  לעלה ליהוה כל אלה

33 לג והקדשים--בקר שש מאות וצאן שלשת אלפים

34 לד רק הכהנים היו למעט ולא יכלו להפשיט את כל העלות ויחזקום אחיהם הלוים עד כלות המלאכה ועד יתקדשו הכהנים--כי הלוים ישרי לבב להתקדש מהכהנים

35 לה וגם עלה לרב בחלבי השלמים ובנסכים--לעלה ותכון עבודת בית יהוה

36 לו וישמח יחזקיהו וכל העם על ההכין האלהים לעם  כי בפתאם היה הדבר  {פ} br