1 Hulle het toe drie jaar lank stil gesit, dat daar geen oorlog was tussen Aram en Israel nie.

2 Maar in die derde jaar het Josafat, die koning van Juda, afgekom na die koning van Israel.

3 En die koning van Israel vra sy dienaars: Weet julle dat Ramot in G¡lead aan ons behoort? En ons sit stil sonder om dit uit die hand van die koning van Aram te neem!

4 Daarna sê hy vir Josafat: Sal u saam met my in die oorlog trek na Ramot in G¡lead? En Josafat antwoord die koning van Israel: Ek is soos u, my volk soos u volk, my perde soos u perde.

5 Verder het Josafat aan die koning van Israel gesê: Raadpleeg tog eers die woord van die HERE.

6 Toe laat die koning van Israel die profete bymekaarkom, omtrent vier honderd man, en hy sê aan hulle: Sal ek teen Ramot in G¡lead trek om te veg of dit laat staan? En hulle antwoord: Trek op, en die HERE sal dit in die hand van die koning gee.

7 Maar Josafat sê: Is hier nie nog 'n profeet van die HERE, dat ons deur hom kan raadpleeg nie?

8 En die koning van Israel antwoord Josafat: Daar is nog een man om deur hom die HERE te raadpleeg; maar ,k haat hom, omdat hy oor my niks goeds profeteer nie, maar onheil: Miga, die seun van Jimla. En Josafat sê: Die koning moet nie so spreek nie!

9 Daarop roep die koning van Israel 'n hofdienaar en sê: Gaan haal Miga gou, die seun van Jimla.

10 Onderwyl die koning van Israel en Josafat, die koning van Juda, elkeen op sy troon sit, bekleed met koninklike klere, op 'n dorsvloer by die ingang van die poort van Samar¡a, en al die profete voor hulle profeteer,

11 het Sedek¡a, die seun van Kena„na, vir hom ysterhorings gemaak en gesê: So spreek die HERE: Hiermee sal u die Arameërs stoot totdat hulle vernietig is.

12 En al die profete het so geprofeteer en gesê: Trek op na Ramot in G¡lead en u sal voorspoedig wees, en die HERE sal dit in die hand van die koning gee.

13 Toe sê die boodskapper wat gegaan het om Miga te roep, vir hom d¡t: Kyk tog, die woorde van die profete is uit een mond goed vir die koning: laat jou woord tog wees soos die woord van een van hulle, en spreek goeie dinge.

14 Maar Miga sê: So waar as die HERE leef, voorwaar, wat die HERE vir my sê, dit sal ek spreek!

15 Toe hy by die koning kom, sê die koning vir hom: Miga, sal ons na Ramot in G¡lead trek om te veg, of sal ons dit laat staan? En hy antwoord hom: Trek op, en u sal voorspoedig wees, en die HERE sal dit in die hand van die koning gee.

16 En die koning sê vir hom: Hoeveel maal moet ek jou besweer dat jy niks as die waarheid in die Naam van die HERE tot my moet spreek nie?

17 Daarop antwoord hy: Ek het die hele Israel gesien, verstrooid op die berge soos skape wat geen wagter het nie. En die HERE het gesê: Hulle het geen heer nie; laat hulle elkeen in vrede teruggaan na sy huis.

18 Toe sê die koning van Israel vir Josafat: Het ek u nie gesê nie -- hy profeteer oor my niks goeds nie, maar onheil?

19 Verder sê hy: Daarom, hoor die woord van die HERE: Ek het die HERE sien sit op sy troon terwyl al die hemelse leërskare by Hom staan, aan sy regter-- en aan sy linkerhand.

20 En die HERE het gesê: Wie sal Agab oorhaal, dat hy kan optrek en val by Ramot in G¡lead? En die een het so gesê, en die ander weer so.

21 Toe kom die gees vorentoe en gaan voor die aangesig van die HERE staan en sê: Ek sal hom oorhaal. En die HERE vra hom: Waarmee?

22 En hy sê: Ek sal uitgaan en 'n leuengees word in die mond van al sy profete. En Hy sê: Jy sal oorhaal, ja, jy sal ook oorwin; gaan uit en doen so.

23 En nou, kyk, die HERE het 'n leuengees in die mond van al hierdie profete van u gegee, en die HERE het onheil oor u gespreek.

24 Daarop kom Sedek¡a, die seun van Kena„na, nader en hy slaan Miga op die kakebeen en sê: Hoe dan het die Gees van die HERE van my af weggegaan om met jou te spreek?

25 En Miga antwoord: Kyk, jy sal dit sien op dieselfde dag as jy van kamer tot kamer sal gaan om jou weg te steek.

26 Maar die koning van Israel sê: Neem Miga en bring hom terug by Amon, die owerste van die stad, en by Joas, die seun van die koning.

27 En jy moet sê: So spreek die koning: Sit hierdie man in die gevangenis en spysig hom met brood van verdrukking en water van verdrukking totdat ek behoue tuiskom.

28 Daarop sê Miga: As u ooit behoue tuiskom, dan het die HERE nie deur my gespreek nie. Verder sê hy: Volke, luister almal saam!

29 En die koning van Israel en Josafat, die koning van Juda, het opgetrek na Ramot in G¡lead.

30 En die koning van Israel het vir Josafat gesê: Ek sal my onkenbaar maak en in die geveg kom; trek u maar u eie klere aan. So het die koning van Israel hom dan onkenbaar gemaak en in die geveg gegaan.

31 En die koning van Aram het aan die owerstes van sy twee en dertig strydwaens bevel gegee en gesê: Julle moet nie klein of groot beveg nie, net die koning van Israel alleen.

32 En sodra die owerstes van die waens Josafat sien, sê hulle: Dit is sekerlik die koning van Israel! En hulle het weggeswaai om teen hom te veg; maar Josafat het geskreeu.

33 En toe die owerstes van die waens sien dat dit nie die koning van Israel was nie, draai hulle agter hom weg.

34 Toe het 'n man in sy eenvoudigheid die boog gespan en die koning van Israel getref tussen die aanhegsels en die pantser. Daarop sê hy aan sy drywer: Ruk om en bring my uit die leër uit, want ek is gewond.

35 En die geveg het die dag toegeneem, terwyl die koning hom staande hou in die strydwa teenoor die Arameërs; maar in die aand het hy gesterwe, en die bloed van die wond het in die wa se bak gevloei.

36 En teen sonsondergang gaan 'n geskreeu deur die leër: Elkeen na sy stad en elkeen na sy land toe!

37 En die koning het dood in Samar¡a aangekom, en die koning is in Samar¡a begrawe.

38 En toe hulle die wa uitspoel by die dam van Samar¡a, het die honde sy bloed gelek terwyl die hoere hulle daarin was, volgens die woord van die HERE wat Hy gespreek het.

39 En die verdere geskiedenis van Agab en alles wat hy gedoen het, en die ivoorhuis wat hy gebou het, en al die stede wat hy gebou het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?

40 En Agab het ontslaap met sy vaders, en sy seun Ah sia het in sy plek koning geword.

41 En Josafat, die seun van Asa, het koning geword oor Juda in die vierde jaar van Agab, die koning van Israel.

42 Josafat was vyf en dertig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het vyf en twintig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Asuba, die dogter van Silhi.

43 En hy het geheel en al in die weg van sy vader Asa gewandel -- daarvan het hy nie afgewyk nie -- deur te doen wat reg was in die oë van die HERE.

44 Net die hoogtes is nie afgeskaf nie; die volk het nog op die hoogtes geoffer en rook laat opgaan.

45 En Josafat het vrede gesluit met die koning van Israel.

46 En die verdere geskiedenis van Josafat en sy magtige dade wat hy gedoen het, en hoe hy oorlog gevoer het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

47 Ook die skandseuns wat uit die dae van sy vader Asa nog oor was, het hy uit die land uitgeroei.

48 Daar was toe nie 'n koning in Edom nie; 'n plaasvervanger was regeerder.

49 Josafat het Tarsis-skepe gebou om in Ofir goud te gaan haal; maar hulle het nie gegaan nie, want die skepe het in seon-Geber skipbreuk gely.

50 Toe sê Ah sia, die seun van Agab, vir Josafat: Laat my dienaars saam met u dienaars op die skepe gaan. Maar Josafat wou nie.

51 En Josafat het ontslaap met sy vaders en is by sy vaders begrawe in die stad van sy vader Dawid; en sy seun Joram het koning geword in sy plek.

52 Ah sia, die seun van Agab, het koning geword oor Israel in Samar¡a in die sewentiende jaar van Josafat, die koning van Juda, en het twee jaar oor Israel geregeer.

53 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE -- hy het gewandel in die weg van sy vader en in die weg van sy moeder en in die weg van Jerobeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het. [ (I Kings 22:54) En hy het Ba„l gedien en voor hom neergebuig en die HERE, die God van Israel, geterg, net soos sy vader gedoen het. ]

1 א וישבו שלש שנים  אין מלחמה בין ארם ובין ישראל  {פ}

2 ב ויהי בשנה השלישית וירד יהושפט מלך יהודה אל מלך ישראל

3 ג ויאמר מלך ישראל אל עבדיו הידעתם כי לנו רמת גלעד ואנחנו מחשים--מקחת אתה מיד מלך ארם

4 ד ויאמר אל יהושפט התלך אתי למלחמה רמת גלעד ויאמר יהושפט אל מלך ישראל כמוני כמוך כעמי כעמך כסוסי כסוסיך

5 ה ויאמר יהושפט אל מלך ישראל  דרש נא כיום את דבר יהוה

6 ו ויקבץ מלך ישראל את הנביאים כארבע מאות איש ויאמר אלהם האלך על רמת גלעד למלחמה אם אחדל ויאמרו עלה ויתן אדני ביד המלך

7 ז ויאמר יהושפט האין פה נביא ליהוה עוד ונדרשה מאתו

8 ח ויאמר מלך ישראל אל יהושפט עוד איש אחד לדרש את יהוה מאתו ואני שנאתיו כי לא יתנבא עלי טוב כי אם רע--מיכיהו בן ימלה ויאמר יהושפט אל יאמר המלך כן

9 ט ויקרא מלך ישראל אל סריס אחד ויאמר מהרה מיכיהו בן ימלה

10 י ומלך ישראל ויהושפט מלך יהודה ישבים איש על כסאו מלבשים בגדים בגרן פתח שער שמרון וכל הנביאים--מתנבאים לפניהם

11 יא ויעש לו צדקיה בן כנענה קרני ברזל ויאמר כה אמר יהוה באלה תנגח את ארם עד כלתם

12 יב וכל הנבאים--נבאים כן לאמר  עלה רמת גלעד והצלח ונתן יהוה ביד המלך

13 יג והמלאך אשר הלך לקרא מיכיהו דבר אליו לאמר הנה נא דברי הנביאים פה אחד טוב אל המלך יהי נא דבריך (דברך) כדבר אחד מהם--ודברת טוב

14 יד ויאמר מיכיהו  חי יהוה--כי את אשר יאמר יהוה אלי אתו אדבר

15 טו ויבוא אל המלך ויאמר המלך אליו מיכיהו הנלך אל רמת גלעד למלחמה אם נחדל ויאמר אליו עלה והצלח ונתן יהוה ביד המלך

16 טז ויאמר אליו המלך עד כמה פעמים אני משביעך  אשר לא תדבר אלי רק אמת--בשם יהוה

17 יז ויאמר ראיתי את כל ישראל נפצים אל ההרים כצאן אשר אין להם רעה ויאמר יהוה לא אדנים לאלה ישובו איש לביתו בשלום

18 יח ויאמר מלך ישראל אל יהושפט  הלוא אמרתי אליך לוא יתנבא עלי טוב כי אם רע  {ס}

19 יט ויאמר לכן שמע דבר יהוה ראיתי את יהוה ישב על כסאו וכל צבא השמים עמד עליו מימינו ומשמאלו

20 כ ויאמר יהוה מי יפתה את אחאב ויעל ויפל ברמת גלעד ויאמר זה בכה וזה אמר בכה

21 כא ויצא הרוח ויעמד לפני יהוה ויאמר אני אפתנו ויאמר יהוה אליו במה

22 כב ויאמר אצא והייתי רוח שקר בפי כל נביאיו ויאמר תפתה וגם תוכל--צא ועשה כן

23 כג ועתה הנה נתן יהוה רוח שקר בפי כל נביאיך אלה ויהוה דבר עליך רעה

24 כד ויגש צדקיהו בן כנענה ויכה את מיכיהו על הלחי ויאמר אי זה עבר רוח יהוה מאתי לדבר אותך

25 כה ויאמר מיכיהו הנך ראה ביום ההוא אשר תבא חדר בחדר להחבה

26 כו ויאמר מלך ישראל קח את מיכיהו והשיבהו אל אמן שר העיר ואל יואש בן המלך

27 כז ואמרת כה אמר המלך שימו את זה בית הכלא והאכלהו לחם לחץ ומים לחץ עד באי בשלום

28 כח ויאמר מיכיהו--אם שוב תשוב בשלום לא דבר יהוה בי ויאמר שמעו עמים כלם

29 כט ויעל מלך ישראל ויהושפט מלך יהודה רמת גלעד

30 ל ויאמר מלך ישראל אל יהושפט התחפש ובא במלחמה ואתה לבש בגדיך ויתחפש מלך ישראל ויבוא במלחמה

31 לא ומלך ארם צוה את שרי הרכב אשר לו שלשים ושנים לאמר לא תלחמו את קטן ואת גדול  כי אם את מלך ישראל לבדו

32 לב ויהי כראות שרי הרכב את יהושפט והמה אמרו אך מלך ישראל הוא ויסרו עליו להלחם ויזעק יהושפט

33 לג ויהי כראות שרי הרכב כי לא מלך ישראל הוא וישובו מאחריו

34 לד ואיש משך בקשת לתמו ויכה את מלך ישראל בין הדבקים ובין השרין ויאמר לרכבו הפך ידך והוציאני מן המחנה--כי החליתי

35 לה ותעלה המלחמה ביום ההוא והמלך היה מעמד במרכבה נכח ארם וימת בערב ויצק דם המכה אל חיק הרכב

36 לו ויעבר הרנה במחנה כבא השמש לאמר  איש אל עירו ואיש אל ארצו

37 לז וימת המלך ויבוא שמרון ויקברו את המלך בשמרון

38 לח וישטף את הרכב על ברכת שמרון וילקו הכלבים את דמו והזנות רחצו--כדבר יהוה אשר דבר

39 לט ויתר דברי אחאב וכל אשר עשה ובית השן אשר בנה וכל הערים אשר בנה  הלוא הם כתובים על ספר דברי הימים--למלכי ישראל

40 מ וישכב אחאב עם אבתיו וימלך אחזיהו בנו תחתיו  {פ}

41 מא ויהושפט בן אסא מלך על יהודה--בשנת ארבע לאחאב מלך ישראל

42 מב יהושפט בן שלשים וחמש שנה במלכו ועשרים וחמש שנה מלך בירושלם ושם אמו עזובה בת שלחי

43 מג וילך בכל דרך אסא אביו--לא סר ממנו  לעשות הישר בעיני יהוה

44 מד אך הבמות לא סרו  עוד העם מזבחים ומקטרים בבמות

45 מה וישלם יהושפט עם מלך ישראל

46 מו ויתר דברי יהושפט וגבורתו אשר עשה ואשר נלחם  הלא הם כתובים על ספר דברי הימים--למלכי יהודה

47 מז ויתר הקדש אשר נשאר בימי אסא אביו--בער מן הארץ

48 מח ומלך אין באדום נצב מלך

49 מט יהושפט עשר (עשה) אניות תרשיש ללכת אפירה לזהב--ולא הלך  כי נשברה (נשברו) אניות בעציון גבר

50 נ אז אמר אחזיהו בן אחאב אל יהושפט ילכו עבדי עם עבדיך באניות ולא אבה יהושפט

51 נא וישכב יהושפט עם אבתיו ויקבר עם אבתיו בעיר דוד אביו וימלך יהורם בנו תחתיו  {ס}

52 נב אחזיהו בן אחאב מלך על ישראל בשמרון בשנת שבע עשרה ליהושפט מלך יהודה וימלך על ישראל שנתים

53 נג ויעש הרע בעיני יהוה וילך בדרך אביו ובדרך אמו ובדרך ירבעם בן נבט אשר החטיא את ישראל [ (I Kings 22:54) נד ויעבד את הבעל וישתחוה לו ויכעס את יהוה אלהי ישראל ככל אשר עשה אביו ]