1 Toe koning Dawid oud en ver op sy dae was, het hulle hom met komberse toegemaak, maar hy kon nie warm word nie.

2 En sy dienaars sê aan hom: Laat hulle vir my heer die koning 'n jongmeisie soek, dat sy voor die koning kan staan en vir hom 'n verpleegster wees en in u skoot lê; dan sal my heer die koning warm word.

3 Hulle het toe in die hele grondgebied van Israel 'n mooi meisie gesoek en Ab¡sag, die Sunamitiese, gevind en haar by die koning gebring.

4 En die meisie was besonder mooi, en sy was vir die koning 'n verpleegster en het hom bedien; maar die koning het geen gemeenskap met haar gehad nie.

5 Intussen was Adonia, die seun van Haggit, so vermetel om te dink: Ek sal koning word! En hy het vir hom waens en perderuiters aangeskaf en vyftig man wat voor hom uit loop.

6 En sy vader het hom sy lewe lank nie gekrenk deur te sê nie: Waarom maak jy so? Bowendien was hy ook baie mooi van gestalte, en sy moeder het hom n Absalom gebaar.

7 En hy het met Joab, die seun van Seruja, onderhandel en met Abjatar, die priester, sodat hulle gehelp het as volgelinge van Adonia.

8 Maar Sadok, die priester, en Ben ja, die seun van Jojada, en Natan, die profeet, en S¡me‹en Re‹en die helde van Dawid het nie met Adonia saamgegaan nie.

9 En Adonia het kleinvee en beeste en vetgemaakte vee geslag by die klip Soh,let wat langs die fontein Rogel staan, en al sy broers, die seuns van die koning, en al die manne van Juda, die dienaars van die koning, genooi;

10 maar Natan, die profeet, en Ben ja en die helde en sy broer Salomo het hy nie genooi nie.

11 Toe sê Natan vir B tseba, die moeder van Salomo: Het u nie gehoor dat Adonia, die seun van Haggit, koning geword het sonder dat ons heer Dawid dit weet nie?

12 Kom dan nou, laat ek u tog 'n raad gee, dat u u lewe en die lewe van u seun Salomo kan red.

13 Gaan en tree binne by koning Dawid en sê vir hom: Het u nie, my heer die koning, vir u dienares gesweer en gesê nie: U seun Salomo sal sekerlik koning word n my, en hy sal op my troon sit? Waarom het Adonia dan koning geword?

14 Kyk, terwyl u daar nog met die koning spreek, sal ,k agter u inkom en u woorde aanvul.

15 Daarop het B tseba ingegaan na die koning in die kamer, terwyl die koning baie oud was en Ab¡sag, die Sunamitiese, die koning bedien.

16 En B tseba het gebuig en neergeval voor die koning. Toe sê die koning: Wat wil u hê?

17 En sy antwoord hom: My heer, u het by die HERE u God vir u dienares gesweer: U seun Salomo sal sekerlik n my koning word, en hy sal op my troon sit.

18 Maar kyk, nou het Adonia koning geword sonder dat u, my heer die koning, dit weet.

19 Want hy het beeste en vetgemaakte vee en kleinvee in menigte geslag en al die seuns van die koning en Abjatar, die priester, en Joab, die leërowerste, genooi; maar u dienaar Salomo het hy nie genooi nie.

20 Maar op u, my heer die koning, is die oë van die hele Israel om hulle te kenne te gee wie op die troon van my heer die koning n hom sal sit.

21 Anders sal dit gebeur, sodra my heer die koning met sy vaders ontslaap het, dat ek en my seun Salomo vir misdadigers gehou sal word.

22 En kyk, terwyl sy nog met die koning spreek, kom die profeet Natan in.

23 En hulle het dit die koning te kenne gegee en gesê: Daar is Natan, die profeet. Toe kom hy voor die koning en buig hom voor die koning met sy aangesig na die aarde toe.

24 En Natan sê: My heer die koning, het u gesê: Adonia sal n my koning word, en hy sal op my troon sit?

25 Want hy het vandag gegaan en beeste en vetgemaakte vee en kleinvee in menigte geslag en al die seuns van die koning en die leërowerstes en Abjatar, die priester, genooi, en kyk, hulle eet en drink voor hom en sê: Mag koning Adonia lewe!

26 Maar my, u dienaar, en Sadok, die priester, en Ben ja, die seun van Jojada, en Salomo, u dienaar, het hy nie genooi nie.

27 As hierdie saak van my heer die koning uitgegaan het, dan het u aan u dienaars nie bekend gemaak wie op die troon van my heer die koning n hom sal sit nie.

28 Daarop antwoord koning Dawid en sê: Roep B tseba vir my! En sy het ingekom voor die koning en voor die koning gaan staan.

29 Toe sweer die koning en sê: So waar as die HERE leef wat my uit alle benoudheid verlos het,

30 sekerlik, soos ek u by die HERE, die God van Israel, gesweer en gesê het dat u seun Salomo n my koning moet word en hy op my troon moet sit in my plek, sekerlik so doen ek vandag nog.

31 En B tseba het met die aangesig na die aarde gebuig en voor die koning neergeval en gesê: Mag my heer die koning Dawid vir ewig lewe!

32 Verder het koning Dawid gesê: Roep vir my Sadok, die priester, en Natan, die profeet, en Ben ja, die seun van Jojada. Toe kom hulle in voor die koning,

33 en die koning sê vir hulle: Neem die dienaars van julle heer met julle saam en laat my seun Salomo op my eie muil ry, en bring hom af na Gihon toe;

34 en laat Sadok, die priester, en Natan, die profeet, hom daar as koning oor Israel salf, en julle moet op die ramshoring blaas en sê: Mag koning Salomo lewe!

35 Dan moet julle agter hom optrek, dat hy kan inkom en op my troon sit; want hy moet koning wees in my plek, en ek het hom aangestel om 'n vors oor Israel en Juda te wees.

36 Toe antwoord Ben ja, die seun van Jojada, die koning en sê: Amen! Mag die HERE, die God van my heer die koning, ook so sê.

37 Soos die HERE met my heer die koning was, mag Hy so met Salomo wees; en mag Hy sy troon groter maak as die troon van my heer die koning Dawid.

38 Toe het Sadok, die priester, afgegaan saam met Natan, die profeet, en Ben ja, die seun van Jojada, en die Kreti en die Pleti, en hulle het Salomo laat ry op die muil van koning Dawid en hom na Gihon gebring.

39 En die priester Sadok het die horing met olie uit die tent geneem en Salomo gesalf, en hulle het op die ramshoring geblaas, en die hele volk het gesê: Mag koning Salomo lewe!

40 Toe gaan die hele volk op agter hom aan, terwyl die volk op fluite speel en hulle verheug met groot blydskap, sodat die aarde geskeur het van hulle geluid.

41 En Adonia het dit gehoor en al die genooides wat by hom was, toe hulle net klaar geëet het; Joab het ook die geluid van die ramshoring gehoor en gesê: Waarom is die geluid van die stad rumoerig?

42 Terwyl hy nog spreek, kom Jonatan, die seun van die priester Abjatar, daar aan; en Adonia sê: Kom in, want jy is 'n wakker man en bring 'n goeie boodskap.

43 Maar Jonatan antwoord Adonia en sê: Ja, maar ons heer die koning Dawid het Salomo koning gemaak!

44 En die koning het Sadok, die priester, en Natan, die profeet, en Ben ja, die seun van Jojada, en die Kreti en die Pleti met hom saam gestuur, en hulle het hom op die koning se muil laat ry;

45 en Sadok, die priester, en Natan, die profeet, het hom in Gihon as koning gesalf, en daarvandaan het hulle met blydskap opgetrek, sodat die stad opgewonde geraak het; dit is die geluid wat julle gehoor het.

46 En ook het Salomo op die koninklike troon gaan sit.

47 Bowendien het die dienaars van die koning gekom om ons heer die koning Dawid geluk te wens met die woorde: Mag u God die naam van Salomo beter maak as u naam en sy troon groter maak as u troon. Toe het die koning op die bed aanbid;

48 en die koning het ook so gesê: Geseënd is die HERE, die God van Israel, wat vandag gegee het dat een op my troon sit terwyl my oë dit sien.

49 Daarop het al die genooides wat by Adonia was, verskrik opgestaan en elkeen sy pad gegaan.

50 Maar Adonia was bevrees vir Salomo en het opgestaan en heengegaan en die horings van die altaar vasgehou.

51 Toe is daar aan Salomo meegedeel en gesê: Kyk, Adonia is bevrees vir koning Salomo; en kyk, hy hou die horings van die altaar vas en sê: Laat koning Salomo eers vir my sweer dat hy sy dienaar nie met die swaard sal ombring nie.

52 Daarop sê Salomo: As hy 'n betroubare man sal wees, sal geen haar van hom op die aarde val nie; maar as daar kwaad in hom gevind word, moet hy sterwe.

53 En koning Salomo het gestuur, en hulle het hom van die altaar afgebring, en hy het ingekom en hom voor koning Salomo neergebuig. En Salomo het vir hom gesê: Gaan na jou huis.

1 א והמלך דוד זקן בא בימים ויכסהו בבגדים ולא יחם לו

2 ב ויאמרו לו עבדיו יבקשו לאדני המלך נערה בתולה ועמדה לפני המלך ותהי לו סכנת ושכבה בחיקך וחם לאדני המלך

3 ג ויבקשו נערה יפה בכל גבול ישראל וימצאו את אבישג השונמית ויבאו אתה למלך

4 ד והנערה יפה עד מאד ותהי למלך סכנת ותשרתהו והמלך לא ידעה

5 ה ואדניה בן חגית מתנשא לאמר אני אמלך ויעש לו רכב ופרשים וחמשים איש רצים לפניו

6 ו ולא עצבו אביו מימיו לאמר מדוע ככה עשית וגם הוא טוב תאר מאד ואתו ילדה אחרי אבשלום

7 ז ויהיו דבריו--עם יואב בן צרויה ועם אביתר הכהן ויעזרו אחרי אדניה

8 ח וצדוק הכהן ובניהו בן יהוידע ונתן הנביא ושמעי ורעי והגבורים אשר לדוד--לא היו עם אדניהו

9 ט ויזבח אדניהו צאן ובקר ומריא עם אבן הזחלת אשר אצל עין רגל ויקרא את כל אחיו בני המלך ולכל אנשי יהודה עבדי המלך

10 י ואת נתן הנביא ובניהו ואת הגבורים ואת שלמה אחיו--לא קרא

11 יא ויאמר נתן אל בת שבע אם שלמה לאמר הלוא שמעת כי מלך אדניהו בן חגית ואדנינו דוד לא ידע

12 יב ועתה לכי איעצך נא עצה  ומלטי את נפשך ואת נפש בנך שלמה

13 יג לכי ובאי אל המלך דוד ואמרת אליו הלא אתה אדני המלך נשבעת לאמתך לאמר כי שלמה בנך ימלך אחרי והוא ישב על כסאי ומדוע מלך אדניהו

14 יד הנה עודך מדברת שם--עם המלך ואני אבוא אחריך ומלאתי את דבריך

15 טו ותבא בת שבע אל המלך החדרה והמלך זקן מאד ואבישג השונמית משרת את המלך

16 טז ותקד בת שבע ותשתחו למלך ויאמר המלך מה לך

17 יז ותאמר לו אדני אתה נשבעת ביהוה אלהיך לאמתך כי שלמה בנך ימלך אחרי והוא ישב על כסאי

18 יח ועתה הנה אדניה מלך ועתה אדני המלך לא ידעת

19 יט ויזבח שור ומריא וצאן לרב  {פ} br   br ויקרא לכל בני המלך ולאביתר הכהן וליאב שר הצבא ולשלמה עבדך לא קרא

20 כ ואתה אדני המלך עיני כל ישראל עליך  להגיד להם--מי ישב על כסא אדני המלך אחריו

21 כא והיה כשכב אדני המלך עם אבתיו והייתי אני ובני שלמה--חטאים

22 כב והנה עודנה מדברת עם המלך ונתן הנביא בא

23 כג ויגידו למלך לאמר הנה נתן הנביא ויבא לפני המלך וישתחו למלך על אפיו ארצה

24 כד ויאמר נתן אדני המלך אתה אמרת אדניהו ימלך אחרי והוא ישב על כסאי

25 כה כי ירד היום ויזבח שור ומריא וצאן לרב ויקרא לכל בני המלך ולשרי הצבא ולאביתר הכהן והנם אכלים ושתים לפניו ויאמרו יחי המלך אדניהו

26 כו ולי אני עבדך ולצדק הכהן ולבניהו בן יהוידע ולשלמה עבדך--לא קרא

27 כז אם מאת אדני המלך נהיה הדבר הזה ולא הודעת את עבדיך (עבדך) מי ישב על כסא אדני המלך אחריו  {ס}

28 כח ויען המלך דוד ויאמר קראו לי לבת שבע ותבא לפני המלך ותעמד לפני המלך

29 כט וישבע המלך ויאמר  חי יהוה אשר פדה את נפשי מכל צרה

30 ל כי כאשר נשבעתי לך ביהוה אלהי ישראל לאמר כי שלמה בנך ימלך אחרי והוא ישב על כסאי תחתי  כי כן אעשה היום הזה

31 לא ותקד בת שבע אפים ארץ ותשתחו למלך ותאמר--יחי אדני המלך דוד לעלם  {פ}

32 לב ויאמר המלך דוד קראו לי לצדוק הכהן ולנתן הנביא ולבניהו בן יהוידע ויבאו לפני המלך

33 לג ויאמר המלך להם קחו עמכם את עבדי אדניכם והרכבתם את שלמה בני על הפרדה אשר לי והורדתם אתו אל גחון

34 לד ומשח אתו שם צדוק הכהן ונתן הנביא למלך--על ישראל ותקעתם בשופר ואמרתם יחי המלך שלמה

35 לה ועליתם אחריו ובא וישב על כסאי והוא ימלך תחתי ואתו צויתי להיות נגיד על ישראל ועל יהודה

36 לו ויען בניהו בן יהוידע את המלך ויאמר אמן  כן יאמר יהוה אלהי אדני המלך

37 לז כאשר היה יהוה עם אדני המלך כן יהי (יהיה) עם שלמה ויגדל את כסאו מכסא אדני המלך דוד

38 לח וירד צדוק הכהן ונתן הנביא ובניהו בן יהוידע והכרתי והפלתי וירכבו את שלמה על פרדת המלך דוד וילכו אתו על גחון

39 לט ויקח צדוק הכהן את קרן השמן מן האהל וימשח את שלמה ויתקעו בשופר ויאמרו כל העם יחי המלך שלמה

40 מ ויעלו כל העם אחריו והעם מחללים בחללים ושמחים שמחה גדולה ותבקע הארץ בקולם

41 מא וישמע אדניהו וכל הקראים אשר אתו והם כלו לאכל וישמע יואב את קול השופר ויאמר מדוע קול הקריה הומה

42 מב עודנו מדבר והנה יונתן בן אביתר הכהן בא ויאמר אדניהו בא כי איש חיל אתה וטוב תבשר

43 מג ויען יונתן ויאמר לאדניהו  אבל אדנינו המלך דוד המליך את שלמה

44 מד וישלח אתו המלך את צדוק הכהן ואת נתן הנביא ובניהו בן יהוידע והכרתי והפלתי וירכבו אתו על פרדת המלך

45 מה וימשחו אתו צדוק הכהן ונתן הנביא למלך בגחון ויעלו משם שמחים ותהם הקריה הוא הקול אשר שמעתם

46 מו וגם ישב שלמה על כסא המלוכה

47 מז וגם באו עבדי המלך לברך את אדנינו המלך דוד לאמר ייטב אלהיך (אלהים) את שם שלמה משמך ויגדל את כסאו מכסאך וישתחו המלך על המשכב

48 מח וגם ככה אמר המלך  ברוך יהוה אלהי ישראל אשר נתן היום ישב על כסאי--ועיני ראות

49 מט ויחרדו ויקמו כל הקראים אשר לאדניהו וילכו איש לדרכו

50 נ ואדניהו ירא מפני שלמה ויקם וילך ויחזק בקרנות המזבח

51 נא ויגד לשלמה לאמר הנה אדניהו ירא את המלך שלמה והנה אחז בקרנות המזבח לאמר ישבע לי כיום המלך שלמה אם ימית את עבדו בחרב

52 נב ויאמר שלמה--אם יהיה לבן חיל לא יפל משערתו ארצה ואם רעה תמצא בו ומת

53 נג וישלח המלך שלמה ויורדהו מעל המזבח ויבא וישתחו למלך שלמה ויאמר לו שלמה לך לביתך  {פ}