1 En in die agttiende jaar van koning Jerobeam, die seun van Nebat, het Ab¡a oor Juda koning geword.

2 Hy het drie jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was M äga, die dogter van Ab¡salom.

3 En hy het gewandel in al die sondes van sy vader wat hy voor hom gedoen het; en sy hart was nie volkome met die HERE sy God soos die hart van sy vader Dawid nie.

4 Maar ter wille van Dawid het die HERE sy God vir hom 'n lamp in Jerusalem gegee deur sy seun n hom te verwek en Jerusalem in stand te hou,

5 omdat Dawid gedoen het wat reg was in die oë van die HERE, sonder om af te wyk van alles wat Hy hom beveel het, al die dae van sy lewe, behalwe in die saak van Ur¡a, die Hetiet.

6 En daar was oorlog tussen Reh beam en Jerobeam, al die dae van sy lewe.

7 En die verdere geskiedenis van Ab¡a en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie? Daar was ook oorlog tussen Ab¡a en Jerobeam.

8 En Ab¡a het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe in die stad van Dawid; en sy seun Asa het in sy plek koning geword.

9 In die twintigste jaar dan van Jerobeam, die koning van Israel, het Asa koning van Juda geword.

10 En hy het een en veertig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was M äga, 'n dogter van Ab¡salom.

11 En Asa het gedoen wat reg was in die oë van die HERE net soos sy vader Dawid:

12 hy het die skandseuns uit die land laat wegtrek en al die drekgode verwyder wat sy vaders gemaak het.

13 Ja, selfs sy moeder M äga het hy as gebiedster afgesit, omdat sy 'n afgryslike voorwerp vir Asj,ra gemaak het; en Asa het die afgryslike voorwerp omgekap en in die dal Kidron verbrand.

14 Die hoogtes is wel nie afgeskaf nie, maar Asa se hart was volkome met die HERE al sy dae.

15 En hy het die heilige gawes van sy vader en sy heilige gawes in die huis van die HERE gebring: silwer en goud en allerhande voorwerpe.

16 En daar was oorlog tussen Asa en Ba,sa, die koning van Israel, al hulle dae.

17 En Ba,sa, die koning van Israel, het teen Juda opgetrek en Rama gebou om niemand van Asa, die koning van Juda, te laat uit-- of ingaan nie.

18 Toe neem Asa al die silwer en die goud wat oorgebly het in die skatkamers van die huis van die HERE en die skatte van die huis van die koning, en gee dit in die hand van sy dienaars; en koning Asa het hulle gestuur na B,nhadad, die seun van Tabr¡mmon, die seun van H,sjon, die koning van Aram wat in Damaskus gewoon het, om te sê:

19 Daar is 'n verbond tussen my en u, tussen my vader en u vader; kyk, ek stuur 'n geskenk van silwer en goud; gaan verbreek u verbond met Ba,sa, die koning van Israel, dat hy kan optrek, weg van my af.

20 En B,nhadad het geluister na koning Asa en die owerstes van sy leërmagte teen die stede van Israel gestuur, en Ijon en Dan en Abel-Bet-M äga en die hele K¡nnerot met die hele land N ftali verwoes.

21 En net toe Ba,sa dit hoor, het hy opgehou om Rama te bou en in Tirsa gebly.

22 Toe roep koning Asa die hele Juda op -- niemand was vry nie -- en hulle het die klippe en balke van Rama, waarmee Ba,sa gebou het, weggedra; en daarmee het koning Asa Geba in Benjamin en Mispa gebou.

23 En die res van die verdere geskiedenis van Asa en al sy magtige dade en alles wat hy gedoen het, en die stede wat hy gebou het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie? Maar in die tyd van sy ouderdom het hy aan sy voete gely.

24 En Asa het ontslaap met sy vaders en is by sy vaders begrawe in die stad van sy vader Dawid; en sy seun Josafat het in sy plek koning geword.

25 En Nadab, die seun van Jerobeam, het koning geword oor Israel in die tweede jaar van Asa, die koning van Juda, en hy het twee jaar oor Israel geregeer.

26 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, en gewandel in die weg van sy vader en in sy sonde waarmee hy Israel laat sondig het.

27 Maar Ba,sa, die seun van Ah¡a, van die huis van Issaskar, het 'n sameswering teen hom gesmee, en Ba,sa het hom verslaan by G¡bbeton wat aan die Filistyne behoort, terwyl Nadab en die hele Israel besig was om G¡bbeton te beleër.

28 So het Ba,sa hom dan gedood in die derde jaar van Asa, die koning van Juda, en koning geword in sy plek.

29 En sodra hy koning was, het hy die hele huis van Jerobeam omgebring; hy het van Jerobeam niks laat oorbly wat asemhaal nie, totdat hy hom verdelg het, volgens die woord van die HERE wat Hy gespreek het deur die diens van sy kneg Ah¡a, die Siloniet --

30 vanweë die sondes van Jerobeam wat hy gedoen en waarmee hy Israel laat sondig het, deur sy geterg waarmee hy die HERE, die God van Israel, geterg het.

31 En die verdere geskiedenis van Nadab en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?

32 En daar was oorlog tussen Asa en Ba,sa, die koning van Israel, al hulle dae.

33 In die derde jaar van Asa, die koning van Juda, het Ba,sa, die seun van Ah¡a, oor die hele Israel koning geword in Tirsa, vier en twintig jaar lank.

34 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE en gewandel in die weg van Jerobeam en in sy sonde waarmee hy Israel laat sondig het.

1 א ובשנת שמנה עשרה למלך ירבעם בן נבט מלך אבים על יהודה

2 ב שלש שנים מלך בירושלם ושם אמו מעכה בת אבישלום

3 ג וילך בכל חטאות אביו אשר עשה לפניו ולא היה לבבו שלם עם יהוה אלהיו כלבב דוד אביו

4 ד כי למען דוד נתן יהוה אלהיו לו ניר בירושלם להקים את בנו אחריו ולהעמיד את ירושלם

5 ה אשר עשה דוד את הישר בעיני יהוה ולא סר מכל אשר צוהו כל ימי חייו--רק בדבר אוריה החתי

6 ו ומלחמה היתה בין רחבעם ובין ירבעם כל ימי חייו

7 ז ויתר דברי אבים וכל אשר עשה--הלוא הם כתובים על ספר דברי הימים למלכי יהודה ומלחמה היתה בין אבים ובין ירבעם

8 ח וישכב אבים עם אבתיו ויקברו אתו בעיר דוד וימלך אסא בנו תחתיו  {פ}

9 ט ובשנת עשרים לירבעם מלך ישראל מלך אסא מלך יהודה

10 י וארבעים ואחת שנה מלך בירושלם ושם אמו מעכה בת אבישלום

11 יא ויעש אסא הישר בעיני יהוה כדוד אביו

12 יב ויעבר הקדשים מן הארץ ויסר את כל הגללים אשר עשו אבתיו

13 יג וגם את מעכה אמו ויסרה מגבירה אשר עשתה מפלצת לאשרה ויכרת אסא את מפלצתה וישרף בנחל קדרון

14 יד והבמות לא סרו רק לבב אסא היה שלם עם יהוה--כל ימיו  {ס}

15 טו ויבא את קדשי אביו וקדשו (וקדשי) בית יהוה כסף וזהב וכלים

16 טז ומלחמה היתה בין אסא ובין בעשא מלך ישראל--כל ימיהם

17 יז ויעל בעשא מלך ישראל על יהודה ויבן את הרמה--לבלתי תת יצא ובא לאסא מלך יהודה

18 יח ויקח אסא את כל הכסף והזהב הנותרים באוצרות בית יהוה ואת אוצרות בית מלך (המלך) ויתנם ביד עבדיו וישלחם המלך אסא אל בן הדד בן טברמן בן חזיון מלך ארם הישב בדמשק לאמר

19 יט ברית ביני ובינך בין אבי ובין אביך הנה שלחתי לך שחד כסף וזהב--לך הפרה את בריתך את בעשא מלך ישראל ויעלה מעלי

20 כ וישמע בן הדד אל המלך אסא וישלח את שרי החילים אשר לו על ערי ישראל ויך את עיון ואת דן ואת אבל בית מעכה ואת כל כנרות על כל ארץ נפתלי

21 כא ויהי כשמע בעשא ויחדל מבנות את הרמה וישב בתרצה

22 כב והמלך אסא השמיע את כל יהודה אין נקי וישאו את אבני הרמה ואת עציה אשר בנה בעשא ויבן בם המלך אסא את גבע בנימן ואת המצפה

23 כג ויתר כל דברי אסא וכל גבורתו וכל אשר עשה והערים אשר בנה--הלא המה כתובים על ספר דברי הימים למלכי יהודה רק לעת זקנתו חלה את רגליו

24 כד וישכב אסא עם אבתיו ויקבר עם אבתיו בעיר דוד אביו וימלך יהושפט בנו תחתיו  {פ}

25 כה ונדב בן ירבעם מלך על ישראל בשנת שתים לאסא מלך יהודה וימלך על ישראל שנתים

26 כו ויעש הרע בעיני יהוה וילך בדרך אביו ובחטאתו אשר החטיא את ישראל

27 כז ויקשר עליו בעשא בן אחיה לבית יששכר ויכהו בעשא בגבתון אשר לפלשתים ונדב וכל ישראל צרים על גבתון

28 כח וימתהו בעשא--בשנת שלש לאסא מלך יהודה וימלך תחתיו

29 כט ויהי כמלכו הכה את כל בית ירבעם--לא השאיר כל נשמה לירבעם עד השמדו  כדבר יהוה--אשר דבר ביד עבדו אחיה השילני

30 ל על חטאות ירבעם אשר חטא ואשר החטיא את ישראל  בכעסו--אשר הכעיס את יהוה אלהי ישראל

31 לא ויתר דברי נדב וכל אשר עשה  הלא הם כתובים על ספר דברי הימים--למלכי ישראל

32 לב ומלחמה היתה בין אסא ובין בעשא מלך ישראל--כל ימיהם  {פ}

33 לג בשנת שלש לאסא מלך יהודה--מלך בעשא בן אחיה על כל ישראל בתרצה עשרים וארבע שנה

34 לד ויעש הרע בעיני יהוה וילך בדרך ירבעם ובחטאתו אשר החטיא את ישראל  {ס}