1 So was koning Salomo dan koning oor die hele Israel.

2 En d¡t was sy hoofamptenare: As rja, die seun van Sadok, was die priester;

3 Elihoref en Ah¡a, die seuns van Sisa, was skrywers; Josafat, die seun van Ah¡lud, was kanselier.

4 En Ben ja, die seun van Jojada, was oor die leër, en Sadok en Abjatar was priesters.

5 En As rja, die seun van Natan, was oor die bestuurders; en Sabud, die seun van Natan, 'n priester, was die vriend van die koning.

6 En Ah¡sar was oor die paleis; en Adon¡ram, die seun van Abda, was oor die dwangarbeid.

7 Verder het Salomo oor die hele Israel twaalf bestuurders gehad wat die koning en sy paleis onderhou het; elkeen het 'n maand in die jaar die onderhoud op hom gehad.

8 En dit is hulle name: Ben-Hur op die gebergte van Efraim;

9 Ben-Deker in Makas en in Sa„lbim en Bet-Semes en Elon-Bet-Hanan;

10 Ben-Hesed in Arubbot; hy het Sogo en die hele land Hefer gehad;

11 Ben-Abin dab, die hele hoëveld van Dor; hy het Tafat, die dogter van Salomo, as vrou gehad.

12 B äna, die seun van Ah¡lud, het gehad: T änag en Meg¡ddo en die hele Bet-Sean wat langs Sartan onderkant J¡sreël lê, van Bet-Sean af tot by Abel-Mehola, tot verby Jokmeam.

13 Ben-Geber was in Ramot in G¡lead; hy het die dorpe van Ja‹r, die seun van Manasse, gehad wat in G¡lead lê; hy het die landstreek Argob gehad wat in Basan lê: sestig groot stede met mure en kopergrendels.

14 Ah¡nadab, die seun van Iddo, was in Mahan im.

15 Ah¡ma„s in N ftali; hy het ook 'n dogter van Salomo, Basmat, as vrou geneem.

16 B äna, die seun van Husai, was in Aser en in Alot;

17 Josafat, die seun van Paruag, in Issaskar;

18 S¡me‹, die seun van Ela, in Benjamin;

19 Geber, die seun van Uri, in die land G¡lead, die land van Sihon, die koning van die Amoriete, en van Og, die koning van Basan; en hy was die enigste bestuurder in die land.

20 Juda en Israel was talryk soos die sand wat aan die seestrand is in menigte; hulle het geëet en gedrink en was bly.

21 Verder was Salomo heerser oor al die koninkryke van die Eufraat af tot by die land van die Filistyne, en tot by die grens van Egipte; hulle het belasting aangebring en Salomo gedien al die dae van sy lewe.

22 En Salomo se voedsel vir een dag was dertig kor fynmeel en sestig kor meel;

23 tien vetgemaakte beeste en twintig veldbeeste en honderd stuks kleinvee, behalwe die takbokke en gemsbokke en gestippelde takbokke en vetgemaakte ganse.

24 Want hy het geheers oor alles wes van die Eufraat, van Tifsag af tot by Gasa, oor al die konings wes van die Eufraat, en vrede gehad aan alle kante rondom;

25 sodat Juda en Israel veilig gewoon het, elkeen onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom, van Dan tot Bers,ba, al die dae van Salomo.

26 Verder het Salomo veertig duisend krippe gehad vir sy trekperde, en twaalf duisend ryperde.

27 En daardie bestuurders het elkeen in sy maand koning Salomo onderhou en almal wat aan die tafel van koning Salomo kom; hulle het niks laat kortkom nie.

28 En die gars en die strooi vir die perde en die renperde het hulle gebring op die plek waar dit moes wees, elkeen volgens sy orde.

29 En God het aan Salomo wysheid gegee en 'n baie groot verstand en 'n ruimte van insig soos die sand wat aan die seestrand lê,

30 sodat die wysheid van Salomo groter was as die wysheid van al die kinders van die Ooste en as al die wysheid van Egipte.

31 Ja, hy was wyser as al die mense, as Etan, die Esrahiet, en Heman en Kalkol en Darda, die seuns van Mahol, sodat hy beroemd was onder al die nasies rondom.

32 En hy het drie duisend spreuke uitgespreek, en sy liedere was duisend en vyf.

33 En hy het oor die bome gespreek, van die seder op die L¡banon tot die hisop wat teen die muur uitspruit; ook het hy gespreek oor die vee en oor die voëls en oor die kruipende diere en oor die visse.

34 En van al die volke het hulle gekom om na die wysheid van Salomo te luister, van al die konings van die aarde wat van sy wysheid gehoor het.

1 א ויהי המלך שלמה מלך על כל ישראל  {ס}

2 ב ואלה השרים אשר לו  עזריהו בן צדוק הכהן  {ס}

3 ג אליחרף ואחיה בני שישא ספרים  {ס}  יהושפט בן אחילוד המזכיר  {ס}

4 ד ובניהו בן יהוידע על הצבא  {ס}  וצדוק ואביתר כהנים  {ס}

5 ה ועזריהו בן נתן על הנצבים  {ס}  וזבוד בן נתן כהן רעה המלך  {ס}

6 ו ואחישר על הבית  {ס}  ואדנירם בן עבדא על המס  {ס}

7 ז ולשלמה שנים עשר נצבים על כל ישראל וכלכלו את המלך ואת ביתו  חדש בשנה יהיה על אחד (האחד) לכלכל  {ס}

8 ח ואלה שמותם בן חור בהר אפרים  {ס}

9 ט בן דקר במקץ ובשעלבים ובית שמש ואילון בית חנן  {ס}

10 י בן חסד בארבות לו שכה וכל ארץ חפר  {ס}

11 יא בן אבינדב כל נפת דאר טפת בת שלמה היתה לו לאשה  {ס}

12 יב בענא בן אחילוד תענך ומגדו וכל בית שאן אשר אצל צרתנה מתחת ליזרעאל מבית שאן עד אבל מחולה עד מעבר ליקמעם  {ס}

13 יג בן גבר ברמת גלעד לו חות יאיר בן מנשה אשר בגלעד לו חבל ארגב אשר בבשן--ששים ערים גדלות חומה ובריח נחשת  {ס}

14 יד אחינדב בן עדא מחנימה  {ס}

15 טו אחימעץ בנפתלי גם הוא לקח את בשמת בת שלמה--לאשה  {ס}

16 טז בענא בן חושי באשר ובעלות  {ס}

17 יז יהושפט בן פרוח ביששכר  {ס}

18 יח שמעי בן אלא בבנימן  {ס}

19 יט גבר בן ארי בארץ גלעד--ארץ סיחון מלך האמרי ועג מלך הבשן ונציב אחד אשר בארץ

20 כ יהודה וישראל רבים כחול אשר על הים לרב אכלים ושתים ושמחים