1 En toe dit alles ten einde was, het al die aanwesige Israeliete na die stede van Juda uitgetrek en die klippilare verbrysel en die heilige boomstamme omgekap en die hoogtes en die altare uit die hele Juda en Benjamin en in Efraim en Manasse afgebreek totdat hulle dit vernietig het. Daarna het al die kinders van Israel teruggegaan, elkeen na sy besitting, na hulle stede toe.

2 En Hisk¡a het die afdelings van die priesters en die Leviete vasgestel volgens hulle afdelings, elkeen volgens sy diens -- as priesters of as Leviete vir die brandoffers en dankoffers, om te dien en te loof en te prys in die poorte van die laers van die HERE.

3 En die bydrae van die koning uit sy goed vir die brandoffers was: die môre-- en die aandbrandoffers en die brandoffers vir die sabbatte en die nuwemane en die feestye, soos voorgeskrywe is in die wet van die HERE.

4 En hy het die volk, die inwoners van Jerusalem, bevel gegee om die aandeel van die priesters en die Leviete te gee, sodat hulle aan die wet van die HERE al hulle krag kon wy.

5 En toe die bevel verbrei is, het die kinders van Israel baie eerstelinge van koring, mos en olie en heuning en van elke opbrings van die land ingelewer en die tiendes van alles in menigte ingebring.

6 En die kinders van Israel en Juda wat in die stede van Juda woonagtig was, hulle het ook die tiendes ingebring van beeste en kleinvee en die tiendes van die heilige gawes wat aan die HERE hulle God geheilig was, en dit op hope neergelê.

7 In die derde maand het hulle die hope begin opstapel, en in die sewende maand was hulle daarmee gereed.

8 Toe Jehisk¡a en die owerstes kom en die hope sien, het hulle die HERE en sy volk Israel geseën.

9 En toe Jehisk¡a by die priesters en die Leviete ondersoek doen na die hope,

10 het die hoëpriester As rja, van die huis van Sadok, met hom gespreek en gesê: Vandat hulle die offergawe na die huis van die HERE begin bring het, eet ons tot versadiging en hou nog oorvloedig oor; want die HERE het sy volk geseën, sodat ons hierdie menigte oorgehou het.

11 Toe gee Jehisk¡a bevel om kamers in die huis van die HERE in te rig; en hulle het dit ingerig

12 en die offergawes en die tiendes en die heilige gawes getrou ingebring; en daaroor was Kon nja, die Leviet, as hoof aangestel, en sy broer S¡me‹as tweede.

13 En J,hiël en As sja en Nahat en Asahel en J,rimot en Josabad en liël en Jism gja en Mahat en Ben ja was opsigters, onder toesig van Kon nja en sy broer S¡me‹, volgens die bevel van koning Jehisk¡a en As rja, die vors oor die huis van God.

14 En Kore, die seun van Jimna, die Leviet, die poortwagter teen die ooste, was oor die vrywillige gawes aan God, om die offergawe aan die HERE en die hoogheilige gawes uit te deel.

15 En onder sy leiding was Eden en M¡njamin en J,sua en Sem ja, Am rja en Seg nja, om getrou uit te deel in die stede van die priesters aan hulle broers volgens die afdelings, aan groot sowel as klein;

16 behalwe die manspersone wat in hulle geslagsregister opgeneem was, van drie jaar oud en daarbo, almal naamlik wat in die huis van die HERE gekom het, na die eis van elke dag, om te dien in hulle ampsverpligtinge volgens hulle afdelings.

17 En wat die geslagsregister van die priesters betref, dit was ingerig volgens families; maar die van die Leviete, van twintig jaar oud en daarbo, volgens hulle ampsverpligtinge in hulle afdelings.

18 En hulle moes in die geslagsregister opgeneem word met al hulle kindertjies, hul vroue en hul seuns en hul dogters, naamlik die hele stand; want volgens hulle getrouheid was hulle werksaam met die heilige dinge.

19 Ook vir die seuns van A„ron, die priesters, buite op die weiveld van hulle stede, was daar in elke stad afsonderlik manne wat met hulle name aangewys was om aan elke manspersoon onder die priesters en aan elkeen van die Leviete wat in die geslagsregister opgeneem was, dele te gee.

20 En so het Jehisk¡a in die hele Juda gedoen: hy het gedoen wat goed en reg en trou was voor die aangesig van die HERE sy God.

21 En in elke werk wat hy begin het insake die diens van die huis van God en insake die wet en die gebod om sy God te soek, het hy met sy hele hart gehandel en voorspoed gehad.

1 א וככלות כל זאת יצאו כל ישראל הנמצאים לערי יהודה וישברו המצבות ויגדעו האשרים וינתצו את הבמות ואת המזבחות מכל יהודה ובנימן ובאפרים ומנשה עד לכלה וישובו כל בני ישראל איש לאחזתו--לעריהם  {פ} br

2 ב ויעמד יחזקיהו את מחלקות הכהנים והלוים על מחלקותם איש כפי עבדתו לכהנים וללוים לעלה ולשלמים--לשרת ולהדות ולהלל בשערי מחנות יהוה  {ס}

3 ג ומנת המלך מן רכושו לעלות לעלות הבקר והערב והעלות לשבתות ולחדשים ולמעדים--ככתוב בתורת יהוה

4 ד ויאמר לעם ליושבי ירושלם לתת מנת הכהנים והלוים--למען יחזקו בתורת יהוה

5 ה וכפרץ הדבר הרבו בני ישראל ראשית דגן תירוש ויצהר ודבש וכל תבואת שדה ומעשר הכל לרב הביאו

6 ו ובני ישראל ויהודה היושבים בערי יהודה--גם הם מעשר בקר וצאן ומעשר קדשים המקדשים ליהוה אלהיהם  הביאו ויתנו ערמות ערמות  {ס}

7 ז בחדש השלשי החלו הערמות ליסוד ובחדש השביעי כלו  {ס}

8 ח ויבאו יחזקיהו והשרים ויראו את הערמות ויברכו את יהוה ואת עמו ישראל  {פ} br

9 ט וידרש יחזקיהו על הכהנים והלוים--על הערמות

10 י ויאמר אליו עזריהו הכהן הראש--לבית צדוק  ויאמר מהחל התרומה לביא בית יהוה אכול ושבוע והותר עד לרוב--כי יהוה ברך את עמו והנותר את ההמון הזה  {ס}

11 יא ויאמר יחזקיהו להכין לשכות בבית יהוה--ויכינו

12 יב ויביאו את התרומה והמעשר והקדשים באמונה ועליהם נגיד כונניהו (כנניהו) הלוי ושמעי אחיהו משנה

13 יג ויחיאל ועזזיהו ונחת ועשהאל וירימות ויוזבד ואליאל ויסמכיהו ומחת ובניהו--פקידים מיד כונניהו (כנניהו) ושמעי אחיו במפקד יחזקיהו המלך ועזריהו נגיד בית האלהים

14 יד וקורא בן ימנה הלוי השוער למזרחה על נדבות האלהים--לתת תרומת יהוה וקדשי הקדשים

15 טו ועל ידו עדן ומנימן וישוע ושמעיהו אמריהו ושכניהו בערי הכהנים--באמונה  לתת לאחיהם במחלקות כגדול כקטן

16 טז מלבד התיחשם לזכרים מבן שלוש שנים ולמעלה לכל הבא לבית יהוה לדבר יום ביומו--לעבודתם במשמרותם כמחלקותיהם

17 יז ואת התיחש הכהנים לבית אבותיהם והלוים מבן עשרים שנה ולמעלה--במשמרותיהם במחלקותיהם

18 יח ולהתיחש בכל טפם נשיהם ובניהם ובנותיהם--לכל קהל  כי באמונתם יתקדשו קדש

19 יט ולבני אהרן הכהנים בשדי מגרש עריהם בכל עיר ועיר אנשים אשר נקבו בשמות--לתת מנות לכל זכר בכהנים ולכל התיחש בלוים

20 כ ויעש כזאת יחזקיהו בכל יהודה ויעש הטוב והישר והאמת לפני יהוה אלהיו

21 כא ובכל מעשה אשר החל בעבודת בית האלהים ובתורה ובמצוה לדרש לאלהיו--בכל לבבו עשה והצליח  {פ} br