1 Maar toe Josafat, die koning van Juda, behoue na sy huis in Jerusalem terugkom,

2 het die siener Jehu, die seun van Han ni, uitgegaan hom tegemoet, en aan koning Josafat gesê: Moet 'n mens die goddelose help, en het u lief die wat die HERE haat? Daarom kom daar nou 'n toorn op u van die HERE.

3 Tog is daar goeie dinge by u gevind, want u het die heilige boomstamme uit die land uitgeroei en u hart daarop gerig om God te soek.

4 En Josafat het in Jerusalem gewoon, en hy het weer uitgegaan onder die volk, van Bers,ba af tot by die gebergte van Efraim, en hulle laat terugkeer tot die HERE, die God van hulle vaders.

5 En hy het regters aangestel in die land, in al die versterkte stede van Juda, in elke stad.

6 En hy het aan die regters gesê: Kyk wat julle doen, want julle spreek nie reg vir die mens nie, maar vir die HERE; en Hy is by julle in die regspraak.

7 Mag die skrik vir die HERE dan nou op julle wees; handel nougeset, want by die HERE onse God is geen onreg of partydigheid of aanneming van geskenke nie.

8 En ook in Jerusalem het Josafat sommige van die Leviete en van die priesters en van die familiehoofde uit Israel aangestel vir die gereg van die HERE en vir regsake. En hulle het in Jerusalem teruggekom.

9 En hy het hulle bevel gegee en gesê: So moet julle handel in die vrees van die HERE, met getrouheid en met 'n volkome hart.

10 En by al die regsake wat voor julle kom vanweë julle broers wat in hulle stede woon, oor moord, oor wette en gebooie en insettinge en verordeninge, moet julle hulle waarsku, sodat hulle hul nie skuldig maak teen die HERE en 'n toorn oor julle en oor julle broers kom nie; so moet julle handel, dat julle jul nie skuldig maak nie.

11 En kyk, Am rja, die hoofpriester, is oor julle vir enige saak van die HERE, en Seb dja, die seun van Ismael, die bevelhebber van die huis van Juda, vir enige saak van die koning, en as opsigters staan die Leviete tot julle beskikking; julle moet sterk wees en dit doen. En mag die HERE met die goeies wees!

12 En hy het gesê: As die Arameërs vir my te sterk word, dan moet jy my te hulp kom, en as die kinders van Ammon vir jou te sterk word, sal ek jou te hulp kom.

13 Wees sterk en laat ons saam moedig wees vir ons volk en vir die stede van onse God. Mag die HERE dan doen wat goed is in sy oë!

14 Daarop het Joab en die manskappe wat by hom was, nader gekom vir die geveg voor die Arameërs, en hulle het vir hom gevlug.

15 Toe die kinders van Ammon sien dat die Arameërs vlug, het hulle ook vir sy broer Ab¡sai gevlug en die stad ingegaan. En Joab het in Jerusalem aangekom.

16 Toe die Arameërs dan sien dat hulle voor Israel verslaan was, het hulle boodskappers gestuur en die Arameërs laat uittrek wat oorkant die Eufraat was, met Sofag, die leërowerste van Hadar,ser, op hulle voorpunt.

17 Intussen het Dawid daarvan berig ontvang en die hele Israel versamel en deur die Jordaan getrek. Toe hy by hulle aangekom het, het hy hom teen hulle opgestel; en nadat Dawid hom teenoor die Arameërs opgestel het, het hulle teen hom geveg.

18 Maar die Arameërs het vir Israel gevlug, en Dawid het van die Arameërs sewe duisend trekperde en veertig duisend man voetgangers gedood; ook Sofag, die leërowerste, het hy gedood.

19 En toe die dienaars van Hadar,ser sien dat hulle voor Israel verslaan was, het hulle met Dawid vrede gesluit en hom gedien; en die Arameërs wou die kinders van Ammon nie verder help nie.

1 א וישב יהושפט מלך יהודה אל ביתו בשלום--לירושלם  {ס}

2 ב ויצא אל פניו יהוא בן חנני החזה ויאמר אל המלך יהושפט הלרשע לעזר ולשנאי יהוה תאהב  ובזאת עליך קצף מלפני יהוה

3 ג אבל דברים טובים נמצאו עמך  כי בערת האשרות מן הארץ והכינות לבבך לדרש האלהים

4 ד וישב יהושפט בירושלם וישב ויצא בעם מבאר שבע עד הר אפרים וישיבם אל יהוה אלהי אבותיהם

5 ה ויעמד שפטים בארץ בכל ערי יהודה הבצרות--לעיר ועיר

6 ו ויאמר אל השפטים ראו מה אתם עשים--כי לא לאדם תשפטו כי ליהוה ועמכם בדבר משפט

7 ז ועתה יהי פחד יהוה עליכם  שמרו ועשו--כי אין עם יהוה אלהינו עולה ומשא פנים ומקח שחד

8 ח וגם בירושלם העמיד יהושפט מן הלוים והכהנים ומראשי האבות לישראל למשפט יהוה ולריב וישבו ירושלם

9 ט ויצו עליהם לאמר  כה תעשון ביראת יהוה באמונה ובלבב שלם

10 י וכל ריב אשר יבוא עליכם מאחיכם הישבים בעריהם בין דם לדם בין תורה למצוה לחקים ולמשפטים והזהרתם אתם ולא יאשמו ליהוה והיה קצף עליכם ועל אחיכם  כה תעשון ולא תאשמו

11 יא והנה אמריהו כהן הראש עליכם לכל דבר יהוה וזבדיהו בן ישמעאל הנגיד לבית יהודה לכל דבר המלך ושטרים הלוים לפניכם  חזקו ועשו ויהי יהוה עם הטוב  {פ} br