1 So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Moab, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hy die beendere van die koning van Edom tot kalk verbrand het.

2 Daarom sal Ek 'n vuur slinger in Moab, en dit sal die paleise van K,rijot verteer; en Moab sal met oorlogsrumoer sterwe, met krygsgeskreeu en basuingeskal.

3 En Ek sal die regeerder onder hulle uitroei en al hulle vorste saam met hom doodmaak, sê die HERE.

4 So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Juda, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle die wet van die HERE verwerp het en sy insettinge nie onderhou het nie; en hulle leuengode het hulle verlei waar hulle vaders agter aan geloop het.

5 Daarom sal Ek 'n vuur slinger in Juda, en dit sal die paleise van Jerusalem verteer.

6 So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Israel, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle die regverdige vir geld verkoop het en die behoeftige vir 'n paar skoene.

7 Hulle wat daarna hyg dat die stof van die aarde op die hoof van die armes kom, en wat die weg van die ellendiges buig; en die man en sy vader gaan na dieselfde jongedogter om my heilige Naam te ontheilig.

8 En hulle strek hul uit op verpande klere by elke altaar, en die wyn van die wat beboet is, drink hulle in die huis van hul god.

9 En tog het k die Amoriet voor hulle uit verdelg wie se hoogte was soos die hoogte van die seders, en hy was sterk soos die eikebome; maar Ek het sy vrug daarbo en sy wortels daaronder verdelg.

10 Ook het Ek julle uit Egipteland laat optrek en julle veertig jaar lank in die woestyn gelei, om die land van die Amoriet in besit te neem.

11 En Ek het uit julle seuns profete en uit julle jongelinge nasireërs verwek. Is dit nie so nie, o kinders van Israel? spreek die HERE.

12 Maar julle het die nasireërs wyn laat drink en aan die profete bevel gegee en gesê: Julle mag nie profeteer nie!

13 Kyk, Ek laat dit onder julle kraak, soos 'n wa kraak wat vol gerwe is;

14 sodat die wat gou is, nie kan ontvlug nie, en die sterke sy krag nie kan ontwikkel en die held sy lewe nie kan red nie.

15 En die boogskutter sal nie bly staan en die wat gou is op sy voete, nie vrykom nie, en die perderuiter sal sy lewe nie red nie.

16 En die dapperste onder die helde sal op die dag naak wegvlug, spreek die HERE.

1 א כה אמר יהוה על שלשה פשעי מואב ועל ארבעה לא אשיבנו  על שרפו עצמות מלך אדום לשיד

2 ב ושלחתי אש במואב ואכלה ארמנות הקריות ומת בשאון מואב בתרועה בקול שופר

3 ג והכרתי שופט מקרבה וכל שריה אהרוג עמו אמר יהוה  {פ}

4 ד כה אמר יהוה על שלשה פשעי יהודה ועל ארבעה לא אשיבנו  על מאסם את תורת יהוה וחקיו לא שמרו ויתעום כזביהם אשר הלכו אבותם אחריהם

5 ה ושלחתי אש ביהודה ואכלה ארמנות ירושלם  {פ}

6 ו כה אמר יהוה על שלשה פשעי ישראל ועל ארבעה לא אשיבנו  על מכרם בכסף צדיק ואביון בעבור נעלים

7 ז השאפים על עפר ארץ בראש דלים ודרך ענוים יטו ואיש ואביו ילכו אל הנערה למען חלל את שם קדשי

8 ח ועל בגדים חבלים יטו אצל כל מזבח ויין ענושים ישתו בית אלהיהם

9 ט ואנכי השמדתי את האמרי מפניהם אשר כגבה ארזים גבהו וחסן הוא כאלונים ואשמיד פריו ממעל ושרשיו מתחת

10 י ואנכי העליתי אתכם מארץ מצרים ואולך אתכם במדבר ארבעים שנה לרשת את ארץ האמרי

11 יא ואקים מבניכם לנביאים ומבחוריכם לנזרים האף אין זאת בני ישראל נאם יהוה

12 יב ותשקו את הנזרים יין ועל הנביאים צויתם לאמר לא תנבאו

13 יג הנה אנכי מעיק תחתיכם כאשר תעיק העגלה המלאה לה עמיר

14 יד ואבד מנוס מקל וחזק לא יאמץ כחו וגבור לא ימלט נפשו

15 טו ותפש הקשת לא יעמד וקל ברגליו לא ימלט ורכב הסוס לא ימלט נפשו

16 טז ואמיץ לבו בגבורים--ערום ינוס ביום ההוא נאם יהוה  {פ}