1 D¡t het die Here HERE my laat sien -- kyk, daar was 'n mandjie met somervrugte.

2 En Hy sê: Wat sien jy, Amos? En ek antwoord: 'n Mandjie met somervrugte. Toe sê die HERE vir my: Die einde het vir my volk Israel gekom; Ek sal hom verder nie meer verbygaan nie.

3 En die liedere van die paleis sal in die dag weeklaag, spreek die Here HERE: 'n menigte lyke; hulle gooi dit oral neer. Stilte!

4 Hoor dit, julle wat die behoeftige vertrap en daarop uit is om die ootmoediges van die land uit te roei,

5 deur te sê: Wanneer is die nuwemaan verby, sodat ons koring kan verkoop, en die sabbat, sodat ons die graanskuur kan oopsluit -- om die efa te verklein en die sikkel te vergroot en bedrieglik te handel met 'n valse weegskaal;

6 om die armes vir geld te koop en die behoeftige vir 'n paar skoene; ook die afval van die koring sal ons verkoop.

7 Die HERE het gesweer by die hoogheid van Jakob: Gewis, Ek sal in ewigheid nie een van hulle werke vergeet nie.

8 Moet hieroor die aarde nie bewe en elke inwoner daarvan nie treur nie? Ja, dit sal oprys in sy geheel soos die Nyl en onstuimig opkook en wegsak soos die rivier van Egipte.

9 En in die dag, spreek die Here HERE, laat Ek die son op die middag ondergaan en vir die aarde die lig duister word terwyl dit nog dag is.

10 En Ek verander julle feeste in rou en al julle liedere in klaagsang, en Ek bring op alle lendene 'n roukleed en op alle hoofde kaalheid. En Ek maak dit soos by die rou oor 'n enigste kind en die einde daarvan soos 'n bittere dag.

11 Kyk, daar kom dae, spreek die Here HERE, dat Ek 'n honger in die land stuur, nie 'n honger na brood nie en nie 'n dors na water nie, maar om die woorde van die HERE te hoor.

12 En hulle sal swerwe van see tot see en rondslinger van noord na oos, om na die woord van die HERE te soek, maar hulle sal dit nie vind nie.

13 In die dag sal die mooi jongedogters en die jongmanne van dors beswyk --

14 hulle wat sweer by die skuld van Samar¡a, en ook sê: So waar as jou god leef, o Dan! en: So waar as die weg van Bers,ba leef! En hulle sal val en nie weer opstaan nie.

1 א כה הראני אדני יהוה והנה כלוב קיץ

2 ב ויאמר מה אתה ראה עמוס ואמר כלוב קיץ ויאמר יהוה אלי בא הקץ אל עמי ישראל--לא אוסיף עוד עבור לו

3 ג והילילו שירות היכל ביום ההוא--נאם אדני יהוה  רב הפגר בכל מקום השליך הס  {פ}

4 ד שמעו זאת השאפים אביון ולשבית ענוי (עניי) ארץ

5 ה לאמר מתי יעבר החדש ונשבירה שבר והשבת ונפתחה בר--להקטין איפה ולהגדיל שקל ולעות מאזני מרמה

6 ו לקנות בכסף דלים ואביון בעבור נעלים ומפל בר נשביר

7 ז נשבע יהוה בגאון יעקב אם אשכח לנצח כל מעשיהם

8 ח העל זאת לא תרגז הארץ ואבל כל יושב בה ועלתה כאר כלה ונגרשה ונשקה (ונשקעה) כיאור מצרים  {פ}

9 ט והיה ביום ההוא נאם אדני יהוה והבאתי השמש בצהרים והחשכתי לארץ ביום אור

10 י והפכתי חגיכם לאבל וכל שיריכם לקינה והעליתי על כל מתנים שק ועל כל ראש קרחה ושמתיה כאבל יחיד ואחריתה כיום מר  {פ}

11 יא הנה ימים באים נאם אדני יהוה והשלחתי רעב בארץ  לא רעב ללחם ולא צמא למים--כי אם לשמע את דברי יהוה

12 יב ונעו מים עד ים ומצפון ועד מזרח ישוטטו לבקש את דבר יהוה ולא ימצאו

13 יג ביום ההוא תתעלפנה הבתולת היפות והבחורים--בצמא

14 יד הנשבעים באשמת שמרון ואמרו חי אלהיך דן וחי דרך באר שבע ונפלו ולא יקומו עוד  {ס}