1 En toe die sewende maand aankom, terwyl die kinders van Israel in hulle stede was,

2 het die hele volk soos een man op die plein voor die Waterpoort bymekaargekom en aan Esra, die skrifgeleerde, gesê om die boek van die wet van Moses, wat die HERE Israel beveel het, te bring.

3 En Esra, die priester, het die wet voor die vergadering gebring, manne sowel as vroue en almal wat met verstand kon luister, op die eerste dag van die sewende maand.

4 En hy het daaruit voorgelees voor die plein wat voor die Waterpoort was, vandat dit lig geword het tot die middag, in teenwoordigheid van die manne en die vroue en die wat kon verstaan; en die ore van die hele volk was op die wetboek gerig.

5 En Esra, die skrifgeleerde, het op 'n houtverhoog gestaan wat hulle vir die geleentheid gemaak het, en langs hom het aan sy regterhand gestaan: Matt¡tja en Sema en An ja en Ur¡a en Hilk¡a en Ma„s,ja; en aan sy linkerhand: Ped ja en M¡sael en Malk¡a en Hasum en Hasbadd na, Sagar¡a, Mesullam.

6 En Esra het die boek oopgemaak voor die oë van die hele volk, want hy het bokant die hele volk gestaan; en toe hy dit oopmaak, het die hele volk opgestaan.

7 En Esra het die HERE, die grote God, geloof, en die hele volk het geantwoord: Amen, amen! met opheffing van hulle hande; en hulle het hul gebuig en die HERE aanbid met die aangesig na die aarde toe.

8 En J,sua en Bani en Ser,bja, Jamin, Akkub, S bbetai, Hod¡a, Ma„s,ja, Kel¡ta, As rja, Josabad, Hanan, Pel ja en die Leviete het die volk in die wet onderrig, onderwyl die volk op hulle plek bly staan.

9 En hulle het uit die boek, uit die wet van God, duidelik voorgelees en dit verklaar, sodat hulle verstaan het wat voorgelees is.

10 Daarop het Nehem¡a -- hy was die goewerneur -- en Esra, die priester, die skrifgeleerde, en die Leviete wat die volk onderrig, aan die hele volk gesê: Hierdie dag is heilig aan die HERE julle God; treur nie en ween nie! Want die hele volk het geween toe hulle die woorde van die wet hoor.

11 Verder het hy vir hulle gesê: Gaan, eet lekker spys en drink soet dranke en stuur porsies aan hulle vir wie niks berei is nie; want hierdie dag is heilig aan onse Here. Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die HERE -- dit is julle beskutting.

12 En die Leviete het die hele volk tot bedaring gebring en gesê: Wees stil! want hierdie dag is heilig; wees dus nie bedroef nie.

13 Toe het die hele volk weggegaan om te eet en te drink en porsies te stuur en groot vreugde te bedrywe; want hulle het ag gegee op die woorde wat aan hulle bekend gemaak is.

14 En op die tweede dag het die familiehoofde van die hele volk, die priesters en die Leviete by Esra, die skrifgeleerde, vergader om naamlik die woorde van die wet te ondersoek.

15 Toe vind hulle uit dat in die wet wat die HERE deur die diens van Moses beveel het, geskrywe was dat die kinders van Israel op die fees in die sewende maand in hutte moes woon,

16 en dat hulle moes afkondig en rondstuur deur al hulle stede en in Jerusalem om te sê: Trek uit op die gebergte en bring olyftakke en oliewenhouttakke en mirtetakke en palmtakke en takke van digte bome om hutte te maak soos geskrywe is.

17 En die volk het uitgetrek en dit gebring en vir hulle hutte gemaak, elkeen op sy dak en op hulle erwe en in die voorhowe van die huis van God en op die plein van die Waterpoort en op die plein van die Efraimspoort.

18 En die hele vergadering wat uit die gevangenskap teruggekom het, het hutte gemaak en in die hutte gewoon; want van die dae van J,sua af, die seun van Nun, tot op daardie dag het die kinders van Israel nie so gedoen nie; en daar was baie groot blydskap. [ (Nehemiah 8:19) En hy het dag vir dag, van die eerste dag af tot die laaste dag toe, voorgelees uit die wetboek van God; en hulle het sewe dae lank fees gehou en op die agtste dag 'n feestyd volgens verordening. ]

1 א ויאספו כל העם כאיש אחד אל הרחוב אשר לפני שער המים ויאמרו לעזרא הספר--להביא את ספר תורת משה אשר צוה יהוה את ישראל

2 ב ויביא עזרא הכהן את התורה לפני הקהל מאיש ועד אשה וכל מבין לשמע--ביום אחד לחדש השביעי

3 ג ויקרא בו לפני הרחוב אשר לפני שער המים מן האור עד מחצית היום--נגד האנשים והנשים והמבינים ואזני כל העם אל ספר התורה

4 ד ויעמד עזרא הספר על מגדל עץ אשר עשו לדבר ויעמד אצלו מתתיה ושמע ועניה ואוריה וחלקיה ומעשיה על ימינו ומשמאלו פדיה ומישאל ומלכיה וחשם וחשבדנה--זכריה משלם  {פ}

5 ה ויפתח עזרא הספר לעיני כל העם כי מעל כל העם היה וכפתחו עמדו כל העם

6 ו ויברך עזרא את יהוה האלהים הגדול ויענו כל העם אמן אמן במעל ידיהם ויקדו וישתחוו ליהוה אפים ארצה

7 ז וישוע ובני ושרביה ימין עקוב שבתי הודיה מעשיה קליטא עזריה יוזבד חנן פלאיה והלוים--מבינים את העם לתורה והעם על עמדם

8 ח ויקראו בספר בתורת האלהים מפרש ושום שכל ויבינו במקרא  {ס}

9 ט ויאמר נחמיה הוא התרשתא ועזרא הכהן הספר והלוים המבינים את העם לכל העם היום קדש הוא ליהוה אלהיכם--אל תתאבלו ואל תבכו  כי בוכים כל העם כשמעם את דברי התורה

10 י ויאמר להם לכו אכלו משמנים ושתו ממתקים ושלחו מנות לאין נכון לו--כי קדוש היום לאדנינו ואל תעצבו כי חדות יהוה היא מעזכם

11 יא והלוים מחשים לכל העם לאמר הסו--כי היום קדש ואל תעצבו

12 יב וילכו כל העם לאכל ולשתות ולשלח מנות ולעשות שמחה גדולה  כי הבינו בדברים אשר הודיעו להם  {ס}

13 יג וביום השני נאספו ראשי האבות לכל העם הכהנים והלוים אל עזרא הספר--ולהשכיל אל דברי התורה

14 יד וימצאו כתוב בתורה  אשר צוה יהוה ביד משה אשר ישבו בני ישראל בסכות בחג בחדש השביעי

15 טו ואשר ישמיעו ויעבירו קול בכל עריהם ובירושלם לאמר--צאו ההר והביאו עלי זית ועלי עץ שמן ועלי הדס ועלי תמרים ועלי עץ עבת  לעשת סכת ככתוב  {פ}

16 טז ויצאו העם ויביאו ויעשו להם סכות איש על גגו ובחצרתיהם ובחצרות בית האלהים--וברחוב שער המים וברחוב שער אפרים

17 יז ויעשו כל הקהל השבים מן השבי סכות וישבו בסכות--כי לא עשו מימי ישוע בן נון כן בני ישראל עד היום ההוא ותהי שמחה גדולה מאד

18 יח ויקרא בספר תורת האלהים יום ביום--מן היום הראשון עד היום האחרון ויעשו חג שבעת ימים וביום השמיני עצרת כמשפט  {פ}