Buscar a Deus

8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judia en Samar¡a en tot aan die uiterste van die aarde.


16 dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens,


6 Soek die HERE terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is.


1 'n Psalm van Dawid, toe hy in die woestyn van Juda was.


8 Dit is beter om by die HERE te skuil as om op mense te vertrou.

9 Dit is beter om by die HERE te skuil as om op edeles te vertrou.


29 Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.

30 Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs;

31 maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.


22 Wie 'n vrou gevind het, het iets goeds gevind en 'n welgevalle van die HERE verkry.


1 Ek het My laat raadpleeg deur wie na My nie gevra het nie; Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; aan 'n nasie wat na my Naam nie genoem is nie, het Ek gesê: Hier is Ek, Hier is Ek!


12 Mag die HERE jou daad vergelde, en mag jou loon volkome wees van die HERE, die God van Israel, onder wie se vleuels jy kom skuil het.


13 En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.


2 Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar, Hom van ganser harte soek;


6 En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek.


29 Dan sal julle daarvandaan die HERE jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek.


4 Vra na die HERE en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur.


14 Soek wat goed is, en nie wat sleg is nie, sodat julle kan lewe en die HERE, die God van die leërskare, so met julle kan wees soos julle sê.


14 en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Âk uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.


28 My siel drup weg van kommer; rig my op na u woord.


10 So is die HERE dan 'n rotsvesting vir die verdrukte, 'n rotsvesting in tye van benoudheid.


10 Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.


10 Ek soek U met my hele hart; laat my nie afdwaal van u gebooie nie.


7 Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.


5 Hy sal seën wegdra van die HERE en geregtigheid van die God van sy heil.

6 Dit is die geslag van hulle wat na Hom vra, wat u aangesig soek -- dit is Jakob. Sela.


2 en hy het uitgegaan om Asa te ontmoet en vir hom gesê: Luister na my, Asa en die hele Juda en Benjamin! Die HERE is met julle as julle met Hom is, en as julle Hom soek, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat.


6 Maar die Gees van die HERE het oor hom vaardig geword; en hy het dit verskeur soos 'n mens 'n bokkie verskeur sonder dat daar iets in sy hand was; maar hy het sy vader en sy moeder nie vertel wat hy gedoen het nie.


9 En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.

10 Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.


4 Want so sê die HERE aan die huis van Israel: Soek My, dan sal julle lewe!


11 en met alle krag bekragtig word volgens die mag van sy heerlikheid tot alle lydsaamheid en lankmoedigheid met blydskap,


31 Maar soek die koninkryk van God, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.


29 Is my woord nie so, soos 'n vuur, spreek die HERE, en soos 'n hamer wat 'n rots vermorsel nie?


4 Gimel. Maak die HERE saam met my groot, en laat ons saam sy Naam verhef!


8 Van U sê my hart: Soek my aangesig! Ek soek u aangesig, o HERE!


10 Jod. Vrees die HERE, o sy heiliges, want die wat Hom vrees, het geen gebrek nie.


14 Erken dat die wysheid so is vir jou siel; as jy dit vind, dan is daar 'n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie.


45 en in die ruimte wandel, want ek soek u bevele.


2 Die HERE het uit die hemel neergesien op die mensekinders, om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra.


28 Toe roep Simson die HERE aan en sê: Here, HERE, dink tog aan my en versterk my tog net hierdie keer, o God, dat ek my oor een van my twee oë op die Filistyne kan wreek!


7 Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.


9 En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.


4 en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.


1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. HERE, U deurgrond en ken my.

2 U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte.


10 Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.