Mãe

1 'n Bedevaartslied. Welgeluksalig is elkeen wat die HERE vrees, wat in sy weë wandel!

2 Die opbrings van jou hande sal jy sekerlik eet; gelukkig is jy, en dit gaan met jou goed!


10 Alef. Wie sal 'n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale.


12 Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee.


24 Wie sy roede terughou, haat sy seun; maar hy wat hom liefhet, besoek hom met tugtiging.


8 My seun, luister na die tug van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie;

9 want dit is 'n lieflike krans vir jou hoof en sierlike kettings vir jou hals.


20 'n Wyse seun verbly sy vader, maar 'n dwase mens verag sy moeder.


9 Neem jou net in ag en wees terdeë op jou hoede, dat jy die dinge nie vergeet wat jou oë gesien het nie, en dat hulle uit jou hart nie wyk al die dae van jou lewe nie; en jy moet dit aan jou kinders en jou kindskinders bekend maak:


4 Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie,

5 handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie,

6 is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.

7 Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.


6 Oefen die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.


1 Kinders, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg.

2 Eer jou vader en jou moeder -- dit is die eerste gebod met 'n belofte --

3 sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.


25 Ajin. Sterkte en eer is haar kleed, en sy lag oor die dag wat kom.

26 Pe. Haar mond maak sy oop met wysheid, en vriendelike onderrigting is op haar tong.

27 Sade. Opmerksaam gaan sy die werksaamhede van haar huis na, en die brood van luiheid eet sy nie.

28 Kof. Haar seuns tree op en noem haar gelukkig, haar man ook, en hy prys haar:

29 Resj. Baie dogters het hulle knap gedra, maar jy oortref hulle almal.

30 Sjin. Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid; 'n vrou wat die HERE vrees, sy moet geprys word.


3 Kyk, seuns is 'n erfdeel van die HERE; die vrug van die moederskoot is 'n beloning.


13 Soos iemand wat deur sy moeder getroos word, so sal Ek julle troos; en julle sal in Jerusalem getroos word.