Mente

37 En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.


13 Wie is wys en verstandig onder julle? Laat hom uit sy goeie lewenswandel sy werke in sagmoedige wysheid toon.


2 Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.


17 Yster slyp yster, so slyp die een mens die persoon van die ander.


18 Want by baie wysheid is baie verdriet, en wie kennis vermeerder, vermeerder smart.


15 Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse;

16 en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.


2 want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde.


13 Gelukkig die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry;


8 Wie verstand verkry, het sy lewe lief; hy wat insig bewaar, sal die goeie vind.


3 Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat 'n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het.


20 Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;


24 Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.


28 Selfs 'n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word; as hy sy lippe toehou, vir verstandig.


5 Die sot verag die tug van sy vader, maar hy wat op die teregwysing ag gee, word wys.


12 As 'n skrandere die onheil sien, verberg hy hom; maar die eenvoudiges gaan verder, word gestraf.