Paciência

3 Gee ag op die stem van my hulpgeroep, my Koning en my God, want tot U bid ek.


13 Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.


4 Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie,

5 handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie,


29 Die lankmoedige is groot van verstand, maar die kortgebondene behaal sotheid.


8 Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag.


16 Maar daarom is aan my barmhartigheid bewys, dat Jesus Christus in my as die vernaamste al sy lankmoedigheid sou betoon, om 'n voorbeeld te wees vir die wat in Hom sal glo tot die ewige lewe.


13 En skeur julle hart en nie julle klere nie, en bekeer julle tot die HERE julle God; want Hy is genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil;


32 Die lankmoedige is beter as 'n held; en hy wat sy gees beheers, as een wat 'n stad inneem.


2 met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra


2 verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering;


5 Psalmsing tot eer van die HERE, o sy gunsgenote, en loof sy heilige gedenknaam;


7 Dalet. Swyg voor die HERE en verwag Hom; wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige planne uitvoer nie.


14 Die HERE sal vir julle stry, en julle moet stil wees.


5 En mag die God van lydsaamheid en bemoediging aan julle gee om eensgesind onder mekaar te wees ooreenkomstig die wil van Christus Jesus,


9 En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.


18 En daarom sal die HERE met ongeduld daarop wag om julle genadig te wees, en daarom sal Hy Hom verhef om Hom oor julle te ontferm; want die HERE is 'n God van die gerig. Welgeluksalig almal wat op Hom wag!


12 verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed.


42 Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie.


9 Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.


11 Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie.


8 Barmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid.


12 Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.


25 Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding.


14 Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die HERE!