Planejamento

12 Leer ons om ons dae so te tel dat ons 'n wyse hart mag bekom!


4 Mag Hy dink aan al u spysoffers en u brandoffer met welgevalle aansien! Sela.


8 Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die HERE.


21 Baie planne is in 'n man se hart, maar die raad van die HERE, die sal bestaan.


1 Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar 'n tyd:


11 Want Âk weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms te gee.


4 Vermoei jou nie om ryk te word nie, laat staan jou slimheid.


7 Want die Here HERE doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.


8 Laat my u goedertierenheid in die môre hoor, want op U vertrou ek; maak my bekend die pad wat ek moet gaan, want ek hef my siel op tot U.


22 Planne misluk sonder beraadslaging, maar deur die veelheid van raadgewers kom dit tot stand.


28 Want wie van julle wat 'n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie? --


9 Die hart van die mens dink sy weg uit, maar die HERE rig sy voetstappe.


9 Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.


31 Wees nie afgunstig op 'n man van geweld en verkies geeneen van sy weë nie.

32 Want die verkeerde is vir die HERE 'n gruwel, maar sy verborgenheid is met die opregtes.


29 Ook dit kom van die HERE van die leërskare: Hy is wonderbaar van raad, groot van beleid.


10 Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God.


3 Laat jou werke aan die HERE oor, dan sal jou planne uitgevoer word.