Vida

26 Al beswyk my vlees en my hart -- God is die rots van my hart en my deel tot in ewigheid.


13 Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef.

14 Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed.

15 My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.

16 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.


10 Hoor, my seun, en neem my woorde aan; dan sal die lewensjare vir jou vermeerder word.


3 Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang.


4 Dalet. HERE, maak my u weë bekend; leer my u paaie.


8 Wie verstand verkry, het sy lewe lief; hy wat insig bewaar, sal die goeie vind.


15 En Hy sê vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie.


36 Want wat sal dit 'n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly?


13 Wie is wys en verstandig onder julle? Laat hom uit sy goeie lewenswandel sy werke in sagmoedige wysheid toon.


25 Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe -- wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam -- wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie?

26 Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?

27 Wie tog onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg?


38 Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.


10 Want wie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie.

11 Hy moet afwyk van wat verkeerd is, en doen wat goed is; hy moet vrede soek en dit najaag.


20 Ek is met Christus gekruisig, en ,k leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.


6 Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.


14 Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie;


27 Die vrees van die HERE is 'n fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk.


31 Grysheid is 'n sierlike kroon; dit word gevind op die weg van geregtigheid.


12 Leer ons om ons dae so te tel dat ons 'n wyse hart mag bekom!


6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.


10 Die dae van ons jare -- daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar; en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet; want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen.


3 En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.


7 Die HERE sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar.

8 Die HERE sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid.


23 Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.


11 en julle eer daarin te stel om rustig te lewe en julle eie sake te behartig en met julle eie hande te werk, soos ons julle beveel het,

12 sodat julle welvoeglik kan wandel teenoor die wat buite is, en aan niks behoefte mag hê nie.


12 Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee.


35 En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.


33 Ek wil sing tot eer van die HERE solank as ek lewe, ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek daar is.


7 En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens 'n lewende siel geword.


4 My hart het warm geword in my binneste; 'n vuur het ontvlam by my gesug; ek het gespreek met my tong:

5 HERE, maak my einde aan my bekend en wat die maat van my dae is; laat my weet hoe verganklik ek is.

6 Kyk, U het my dae 'n paar handbreedtes gemaak, en my leeftyd is soos niks voor U nie; ja, as pure nietigheid staan elke mens daar! Sela.


2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.


7 Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie.


7 Dalet. Swyg voor die HERE en verwag Hom; wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige planne uitvoer nie.


21 Wie geregtigheid en weldadigheid najaag, sal die lewe, geregtigheid en eer vind.


12 Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.


17 'n Pad ten lewe is hy wat die tug in ag neem; maar hy wat die teregwysing veronagsaam, raak verdwaald.


23 En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie,

24 omdat julle weet dat julle van die Here die erfenis as vergelding sal ontvang, want julle dien die Here Christus.


23 Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.


3 Neig u oor tot my, red my gou; wees vir my 'n rots om in te vlug, 'n baie vaste huis om my te verlos.


4 Een ding het ek van die HERE begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die HERE, om die lieflikheid van die HERE te aanskou en te ondersoek in sy tempel.


93 Ek sal u bevele tot in ewigheid nie vergeet nie, want deur hulle het U my lewend gemaak.


16 Wat ek jou vandag beveel, is om die HERE jou God lief te hê, in sy weë te wandel en sy gebooie en sy insettinge en sy verordeninge te hou, sodat jy kan lewe en vermenigvuldig en die HERE jou God jou mag seën in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.


25 Jesus sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe;

26 en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit?


10 Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.


1 Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar 'n tyd:


34 En toe Hy die skare saam met sy dissipels na Hom geroep het, sê Hy vir hulle: Wie agter My aan wil kom, moet homself verloën en sy kruis opneem en My volg.

35 Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil en om die evangelie ontwil verloor, hy sal dit red.

36 Want wat sal dit 'n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly?

37 Of wat sal 'n mens gee as losprys vir sy siel?

38 Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader met die heilige engele.


6 Laat alles wat asem het, die HERE loof! Halleluja!


9 Hulle verkwik hul aan die vettigheid van u huis, en U laat hulle drink uit die stroom van u genietinge.


15 Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse;

16 en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.


19 Soos in die water aangesig teenoor aangesig is, so is die hart van die mens teenoor die mens.


12 Lamed. Kom, kinders, luister na my; ek wil julle die vrees van die HERE leer.

13 Mem. Wie is die man wat lus het in die lewe, wat dae liefhet om die goeie te sien?

14 Noen. Bewaar jou tong vir wat verkeerd is, en jou lippe dat hulle nie bedrog spreek nie.