1 Daar was 'n man van die gebergte van Efraim met die naam van Miga.

2 Di, het aan sy moeder gesê: die elf honderd sikkels silwer wat van u geneem is en waaroor u 'n vloek uitgespreek het en dit ook voor my ore gesê het -- hier is die geld by my, ,k het dit geneem. Toe sê sy moeder: Mag jy geseënd wees deur die HERE, my seun!

3 En hy het aan sy moeder die elf honderd sikkels silwer teruggegee. Maar sy moeder het gesê: Ek heilig plegtig die geld aan die HERE; uit my hand is dit vir my seun om 'n gesnede en 'n gegote beeld te maak; ek sal dit dan nou aan jou teruggee.

4 Toe hy dan die geld aan sy moeder teruggegee het, neem sy moeder twee honderd sikkels silwer en gee dit aan 'n goudsmid; en hy het daar 'n gesnede en 'n gegote beeld van gemaak wat in die huis van Miga gekom het.

5 Die man Miga het naamlik 'n godshuis gehad, en hy het 'n skouerkleed en huisgode gemaak en een van sy seuns aangestel om vir hom priester te wees.

6 In die dae was daar geen koning in Israel nie: elkeen het gedoen wat reg was in sy oë.

7 En daar was 'n jongman van Betlehem-Juda, uit die geslag van Juda; hy was 'n Leviet wat daar as vreemdeling vertoef het.

8 En die man het uit die stad, uit Betlehem-Juda, getrek om te vertoef waar hy plek kon kry; en op sy reis het hy in die gebergte van Efraim gekom tot by die huis van Miga.

9 En Miga vra hom: Waar kom u vandaan? Toe sê hy vir hom: Ek is 'n Leviet, uit Betlehem-Juda, en ek is op trek om te vertoef waar ek plek kan kry.

10 En Miga sê vir hom: Bly by my, en wees vir my 'n vader en 'n priester, dan sal ek u jaarliks tien sikkels silwer gee en 'n stel klere en u lewensonderhoud. En die Leviet het gegaan,

11 en die Leviet het ingewillig om by die man te bly; en die jongman was vir hom soos een van sy seuns.

12 En Miga het die Leviet aangestel, sodat die jongman sy priester geword het, en hy was in die huis van Miga.

13 Toe sê Miga: Nou weet ek dat die HERE aan my goed sal doen, omdat ek 'n Leviet as priester het.

1 Il y avait un homme de la montagne d'Éphraïm, dont le nom était Mica.

2 Il dit à sa mère: Les onze cents pièces d'argent qui te furent prises, et pour lesquelles tu fis des imprécations, même à mes oreilles, voici, cet argent est entre mes mains; c'est moi qui l'avais pris. Alors sa mère dit: Que mon fils soit béni par l'Éternel!

3 Et il rendit à sa mère les onze cents pièces d'argent. Sa mère dit: Je consacre de ma main cet argent à l'Éternel pour mon fils, afin d'en faire une image taillée et une image de fonte; et maintenant, je te le rends.

4 Il rendit l'argent à sa mère; et elle en prit deux cents pièces, et les donna au fondeur, qui en fit une image taillée et une image de fonte; et elles furent dans la maison de Mica.

5 Ainsi ce Mica eut une maison de dieux; il fit un éphod et des théraphim, et consacra l'un de ses fils, qui lui servit de sacrificateur.

6 En ce temps-là il n'y avait point de roi en Israël, chacun faisait ce qui lui semblait bon.

7 Or, il y avait un jeune homme de Bethléhem de Juda, de la famille de Juda, qui était Lévite, et il séjournait là.

8 Cet homme partit de la ville de Bethléhem de Juda, pour aller demeurer où il trouverait son avantage. Et il vint, en poursuivant son chemin, à la montagne d'Éphraïm, jusqu'à la maison de Mica.

9 Et Mica lui dit: D'où viens-tu? Le Lévite lui répondit: Je suis de Bethléhem de Juda, et je cherche une demeure où je trouverai mon avantage.

10 Et Mica lui dit: Demeure avec moi, et sers-moi de père et de sacrificateur; et je te donnerai dix pièces d'argent par an, un habillement complet et ta nourriture. Et le Lévite y alla.

11 Ainsi le Lévite se décida à demeurer avec cet homme, et ce jeune homme fut pour lui comme l'un de ses fils.

12 Et Mica consacra le Lévite, et le jeune homme lui servit de sacrificateur, et demeura dans sa maison.

13 Alors Mica dit: Maintenant je sais que l'Éternel me fera du bien, parce que j'ai ce Lévite pour sacrificateur.