1 En ek het 'n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal, bekleed met 'n wolk, en 'n reënboog was oor sy hoof, en sy aangesig was soos die son, en sy voete soos pilare van vuur;

2 en in sy hand het hy 'n geopende boekie gehad, en hy het sy regtervoet op die see gesit en sy linkervoet op die land;

3 en hy het met 'n groot stem uitgeroep soos 'n leeu wat brul, en toe hy uitgeroep het, het die sewe donderslae hulle stemme laat hoor.

4 En toe die sewe donderslae hulle stemme laat hoor het, wou ek skrywe; maar ek het 'n stem uit die hemel vir my hoor sê: Verseël wat die sewe donderslae gespreek het, en skryf dit nie op nie.

5 En die engel wat ek op die see en op die land sien staan het, het sy hand na die hemel opgehef,

6 en hy het gesweer by Hom wat tot in alle ewigheid lewe, wat die hemel geskape het en wat daarin is, en die aarde en wat daarin is, en die see en wat daarin is, dat daar geen tyd meer sal wees nie;

7 maar in die dae van die stem van die sewende engel, wanneer hy met die basuin sal blaas, dan is die verborgenheid van God volbring, soos Hy die blye tyding verkondig het aan sy diensknegte, die profete.

8 En die stem wat ek uit die hemel gehoor het, het weer tot my gespreek en gesê: Gaan, neem die geopende boekie in die hand van die engel wat op die see en op die land staan.

9 En ek het na die engel gegaan en aan hom gesê: Gee my die boekie. Toe sê hy vir my: Neem en eet dit op, en dit sal jou maag bitter maak, maar in jou mond sal dit soet wees soos heuning.

10 Toe neem ek die boekie uit die hand van die engel en eet dit op, en in my mond was dit soet soos heuning; maar toe ek dit geëet het, het my maag bitter geword.

11 En hy het vir my gesê: Jy moet weer profeteer oor baie volke en nasies en tale en konings.

1 And I saw another strong angel coming down out of heaven, arrayed with a cloud; and the rainbow was upon his head, and his face was as the sun, and his feet as pillars of fire; 2 and he had in his hand a little book open: and he set his right foot upon the sea, and his left upon the earth; 3 and he cried with a great voice, as a lion roareth: and when he cried, the seven thunders uttered their voices. 4 And when the seven thunders uttered their voices, I was about to write: and I heard a voice from heaven saying, Seal up the things which the seven thunders uttered, and write them not. 5 And the angel that I saw standing upon the sea and upon the earth lifted up his right hand to heaven, 6 and sware by him that liveth for ever and ever, who created the heaven and the things that are therein, and the earth and the things that are therein, and the sea and the things that are therein, that there shall be delay no longer: 7 but in the days of the voice of the seventh angel, when he is about to sound, then is finished the mystery of God, according to the good tidings which he declared to his servants the prophets. 8 And the voice which I heard from heaven, I heard it again speaking with me, and saying, Go, take the book which is open in the hand of the angel that standeth upon the sea and upon the earth. 9 And I went unto the angel, saying unto him that he should give me the little book. And he saith unto me, Take it, and eat it up; and it shall make thy belly bitter, but in thy mouth it shall be sweet as honey. 10 And I took the little book out of the angel’s hand, and ate it up; and it was in my mouth sweet as honey: and when I had eaten it, my belly was made bitter. 11 And they say unto me, Thou must prophesy again over many peoples and nations and tongues and kings.