1 En ek het 'n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en 'n groot ketting in sy hand.
2 En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank,
3 en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan 'n kort tydjie ontbind word.
4 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.
5 En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding.
6 Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.
7 En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word;
8 en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see.
9 En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind.
10 En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.
11 En ek het 'n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie.
12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en 'n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.
13 En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke.
14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.
15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.
1 And I saw an angel coming down out of heaven, having the key of the abyss and a great chain in his hand. 2 And he laid hold on the dragon, the old serpent, which is the Devil and Satan, and bound him for a thousand years, 3 and cast him into the abyss, and shut it, and sealed it over him, that he should deceive the nations no more, until the thousand years should be finished: after this he must be loosed for a little time.
4 And I saw thrones, and they sat upon them, and judgment was given unto them: and I saw the souls of them that had been beheaded for the testimony of Jesus, and for the word of God, and such as worshipped not the beast, neither his image, and received not the mark upon their forehead and upon their hand; and they lived, and reigned with Christ a thousand years. 5 The rest of the dead lived not until the thousand years should be finished. This is the first resurrection. 6 Blessed and holy is he that hath part in the first resurrection: over these the second death hath no power; but they shall be priests of God and of Christ, and shall reign with him a thousand years.
7 And when the thousand years are finished, Satan shall be loosed out of his prison, 8 and shall come forth to deceive the nations which are in the four corners of the earth, Gog and Magog, to gather them together to the war: the number of whom is as the sand of the sea. 9 And they went up over the breadth of the earth, and compassed the camp of the saints about, and the beloved city: and fire came down out of heaven, and devoured them. 10 And the devil that deceived them was cast into the lake of fire and brimstone, where are also the beast and the false prophet; and they shall be tormented day and night for ever and ever.
11 And I saw a great white throne, and him that sat upon it, from whose face the earth and the heaven fled away; and there was found no place for them. 12 And I saw the dead, the great and the small, standing before the throne; and books were opened: and another book was opened, which is the book of life: and the dead were judged out of the things which were written in the books, according to their works. 13 And the sea gave up the dead that were in it; and death and Hades gave up the dead that were in them: and they were judged every man according to their works. 14 And death and Hades were cast into the lake of fire. This is the second death, even the lake of fire. 15 And if any was not found written in the book of life, he was cast into the lake of fire.