1 Toe het die familiehoofde van die Leviete nader gekom na Ele sar, die priester, en na Josua, die seun van Nun, en na die familiehoofde van die stamme van die kinders van Israel,

2 en met hulle gespreek in Silo, in die land Kana„n, en gesê: Die HERE het deur die diens van Moses bevel gegee dat aan ons stede afgestaan moet word om in te woon, met hulle weiveld vir ons vee.

3 Toe het die kinders van Israel aan die Leviete, volgens die bevel van die HERE, uit hulle erfdeel die volgende stede met hulle weiveld afgestaan:

4 Die lot het uitgekom vir die geslagte van die Kehatiete; en die kinders van A„ron, die priester, uit die Leviete, het ontvang uit die stam van Juda en uit die stam van S¡meon en uit die stam van Benjamin, deur die lot, dertien stede;

5 en die ander kinders van Kehat, uit die geslagte van die stam van Efraim en uit die stam van Dan en uit die halwe stam van Manasse, deur die lot, tien stede;

6 en die kinders van Gerson, uit die geslagte van die stam van Issaskar en uit die stam van Aser en uit die stam van N ftali en uit die halwe stam van Manasse in Basan, deur die lot, dertien stede;

7 en die kinders van Mer ri, volgens hulle geslagte, uit die stam van Ruben en uit die stam van Gad en uit die stam van S,bulon, twaalf stede.

8 So het dan die kinders van Israel aan die Leviete hierdie stede met hulle weiveld deur die lot gegee, soos die HERE deur die diens van Moses beveel het.

9 Verder het hulle, uit die stam van die kinders van Juda en uit die stam van die kinders van S¡meon, hierdie stede gegee wat hulle met hul name genoem het:

10 die kinders van A„ron dan, uit die geslagte van die Kehatiete, uit die kinders van Levi, het ontvang -- want die eerste lot was vir hulle --

11 en aan hulle is gegee: die stad van Arba, die vader van Anok, dit is Hebron, op die gebergte van Juda, met sy weiveld daaromheen;

12 maar die saaigrond van die stad, met sy dorpe, het hulle aan Kaleb, die seun van Jefunne, as sy besitting gegee.

13 En aan die kinders van A„ron, die priester, het hulle gegee Hebron, die vrystad vir hom wat 'n doodslag begaan het, met sy weiveld, en Libna met sy weiveld,

14 en Jattir met sy weiveld, en Estemoa met sy weiveld,

15 en Holon met sy weiveld, en Debir met sy weiveld,

16 en Ajin met sy weiveld, en Jutta met sy weiveld, en Bet-Semes met sy weiveld: nege stede uit hierdie twee stamme.

17 En uit die stam van Benjamin: G¡beon met sy weiveld, en Geba met sy weiveld,

18 en Anatot met sy weiveld, en Almon met sy weiveld: vier stede.

19 Al die stede van die kinders van A„ron, die priesters, was dertien stede met hulle weiveld.

20 En die geslagte van die kinders van Kehat, die Leviete, wat nog oor was van die kinders van Kehat, het hulle stede wat deur die lot aangewys was, ontvang uit die stam van Efraim;

21 en hulle het aan hulle gegee: die vrystad vir hom wat 'n doodslag begaan het: Sigem met sy weiveld op die gebergte van Efraim, en Geser met sy weiveld,

22 en Kibs im met sy weiveld, en Bet-Horon met sy weiveld: vier stede.

23 En uit die stam van Dan: lteke met sy weiveld, G¡bbeton met sy weiveld,

24 Ajalon met sy weiveld, Gat-Rimmon met sy weiveld: vier stede.

25 En uit die helfte van die stam van Manasse: T änag met sy weiveld, en Gat-Rimmon met sy weiveld: twee stede;

26 alles saam tien stede met hulle weiveld vir die geslagte van die kinders van Kehat wat nog oorgebly het.

27 En aan die kinders van Gerson uit die geslagte van die Leviete: uit die halwe stam van Manasse, die vrystad vir hom wat 'n doodslag begaan het: Golan in Basan met sy weiveld, en Beëst,ra met sy weiveld: twee stede.

28 En uit die stam van Issaskar: Kisjon met sy weiveld, en Daberat met sy weiveld,

29 Jarmut met sy weiveld, En-Gannim met sy weiveld: vier stede.

30 En uit die stam van Aser: Miseal met sy weiveld, Abdon met sy weiveld,

31 Helkat met sy weiveld, en Rehob met sy weiveld: vier stede.

32 En uit die stam van N ftali, die vrystad vir hom wat 'n doodslag begaan het: Kedes in Galil,a met sy weiveld, en Hammot-Dor met sy weiveld, en Kartan met sy weiveld: drie stede;

33 al die stede van die Gersoniete, volgens hulle geslagte, was dertien stede met hulle weiveld.

34 En aan die geslagte van die kinders van Mer ri, die Leviete wat nog oor was -- uit die stam van S,bulon: Jokneam met sy weiveld, Karta met sy weiveld,

35 Dimna met sy weiveld, N halal met sy weiveld: vier stede.

36 En uit die stam van Ruben: Beser met sy weiveld, en Jahas met sy weiveld,

37 Ked,mot met sy weiveld, en Mef ät met sy weiveld: vier stede.

38 En uit die stam van Gad, die vrystad vir hom wat 'n doodslag begaan het: Ramot in G¡lead met sy weiveld, en Mahan im met sy weiveld,

39 Hesbon met sy weiveld, Ja,ser met sy weiveld: alles saam vier stede.

40 Al die stede was vir die kinders van Mer ri, volgens hulle geslagte wat nog oor was uit die geslagte van die Leviete; en hulle lot was twaalf stede.

41 Al die stede van die Leviete, tussen die besitting van die kinders van Israel in, was agt en veertig stede met hulle weiveld.

42 Hierdie stede het stad vir stad rondom hulle weiveld gehad; so was dit met al hierdie stede.

43 So het die HERE dan die hele land aan Israel gegee wat Hy hulle vaders met 'n eed beloof het om hulle te gee; en hulle het dit in besit geneem en daarin gaan woon.

44 En die HERE het hulle aan alle kante rus gegee net soos Hy hulle vaders met 'n eed beloof het; en niemand van al hul vyande het voor hulle standgehou nie; al hulle vyande het die HERE in hulle hand gegee.

45 Geen woord van al die goeie woorde wat die HERE met die huis van Israel gespreek het, het onvervuld gebly nie; alles het uitgekom.

1 Then the heads of the families of the Levites came to Eleazar the priest and Joshua, the son of Nun, and to the heads of families of the tribes of the children of Israel;

2 And said to them in Shiloh in the land of Canaan, The Lord gave orders by Moses that we were to have towns for living in, with their grass-lands for our cattle.

3 And the children of Israel out of their heritage gave to the Levites these towns with their grass-lands, by the order of the Lord.

4 And the heritage came out for the families of the Kohathites: the children of Aaron the priest, who were of the Levites, were given thirteen towns from the tribes of Judah, Simeon, and Benjamin.

5 The rest of the children of Kohath by their families were given ten towns from the tribes of Ephraim and Dan and the half-tribe of Manasseh.

6 The children of Gershon by their families were given thirteen towns from the tribes of Issachar and Asher and Naphtali and the half-tribe of Manasseh which was in Bashan.

7 The children of Merari by their families were given twelve towns from the tribes of Reuben and Gad and Zebulun.

8 All these towns with their grass-lands the children of Israel gave by the decision of the Lord to the Levites, as the Lord had given orders by Moses.

9 From the tribes of the children of Judah and the children of Simeon they gave these towns, listed here by name:

10 These were for the children of Aaron among the families of the Kohathites, of the children of Levi: for they came first in the distribution.

11 They gave them Kiriath-arba, the town of Arba, the father of Anak, (which is Hebron) in the hill-country of Judah, with its grass-lands.

12 But the open country round the town, and its unwalled places, they gave to Caleb, the son of Jephunneh, as his property.

13 And to the children of Aaron the priest they gave Hebron with its grass-lands, the town where the taker of life might be safe, and Libnah with its grass-lands;

14 And Jattir with its grass-lands, and Eshtemoa with its grass-lands;

15 And Holon with its grass-lands, and Debir with its grass-lands;

16 And Ain, and Juttah, and Beth-shemesh, with their grass-lands; nine towns from those two tribes.

17 And from the tribe of Benjamin they gave Gibeon and Geba with their grass-lands;

18 Anathoth and Almon with their grass-lands, four towns.

19 Thirteen towns with their grass-lands were given to the children of Aaron, the priests.

20 The rest of the families of the children of Kohath, the Levites, were given towns from the tribe of Ephraim.

21 And they gave them Shechem with its grass-lands in the hill-country of Ephraim, the town where the taker of life might be safe, and Gezer with its grass-lands;

22 And Kibzaim and Beth-horon with their grass-lands, four towns.

23 And from the tribe of Dan, Elteke and Gibbethon with their grass-lands;

24 Aijalon and Gath-rimmon with their grass-lands, four towns.

25 And from the half-tribe of Manasseh, Taanach and Gath-rimmon with their grass-lands, two towns.

26 All the towns of the rest of the families of the children of Kohath were ten with their grass-lands.

27 And to the children of Gershon, of the families of the Levites, they gave from the half-tribe of Manasseh, Golan in Bashan with its grass-lands, the town where the taker of life might be safe, and Ashtaroth with its grass-lands, two towns.

28 And from the tribe of Issachar, Kishion and Daberath with their grass-lands;

29 Jarmuth and En-gannim with their grass-lands, four towns.

30 And from the tribe of Asher, Mishal and Abdon, with their grass-lands:

31 Helkath and Rehob with their grass-lands, four towns.

32 And from the tribe of Naphtali, Kedesh in Galilee with its grass-lands, the town where the taker of life might be safe, and Hammoth-dor and Kartan with their grass-lands, three towns.

33 All the towns of the Gershonites with their families were thirteen with their grass-lands.

34 And to the rest of the Levites, that is, the families of the children of Merari, they gave from the tribe of Zebulun, Jokneam and Kartah with their grass-lands;

35 Dimnah and Nahalal with their grass-lands, four towns.

36 And from the tribe of Reuben, Bezer and Jahaz with their grass-lands;

37 Kedemoth and Mephaath with their grass-lands, four towns.

38 And from the tribe of Gad, Ramoth in Gilead, the town where the taker of life might be safe, and Mahanaim with their grass-lands;

39 Heshbon and Jazer with their grass-lands, four towns.

40 All these towns were given to the children of Merari by their families, that is, the rest of the families of the Levites; and their heritage was twelve towns.

41 All the towns of the Levites, among the heritage of the children of Israel, were forty-eight towns with their grass-lands.

42 Every one of these towns had grass-lands round it.

43 So the Lord gave to Israel all the land which he gave by oath to their fathers; so it became their heritage and their living-place.

44 And the Lord gave them peace on every side, as he had said to their fathers: all those who were against them gave way before them, for the Lord gave them all up into their hands.

45 The Lord kept faith with the house of Israel about all the good which he said he would do for them, and all his words came true.