1 En toe die dae van Dawid nader kom dat hy sou sterwe, het hy sy seun Salomo bevel gegee en gesê:
2 Ek gaan heen op die weg van die hele aarde: wees dan sterk en word 'n man;
3 en onderhou die ordening van die HERE jou God deur te wandel in sy weë, deur sy insettinge, sy gebooie en sy verordeninge en sy getuienisse te onderhou, soos geskrywe is in die wet van Moses, sodat jy voorspoedig kan uitvoer alles wat jy doen, en alles waartoe jy jou begewe;
4 sodat die HERE sy woord mag vervul wat Hy oor my gespreek het, naamlik: As jou seuns ag gee op hulle weg deur voor my aangesig getrou te wandel met hulle hele hart en met hulle hele siel, dan sal daar nie vir jou 'n man op die troon van Israel ontbreek nie.
5 En jy weet ook self wat Joab, die seun van Seruja, my aangedoen het; wat hy die twee leërowerstes van Israel, Abner, die seun van Ner, en Am sa, die seun van Jeter, aangedoen het; hoe hy hulle vermoor en oorlogsbloed in vredestyd vergiet het, sodat hy die gord wat om sy heupe en die skoene wat aan sy voete was, met oorlogsbloed bevlek het.
6 Handel dan na jou wysheid, en sy grys hare moet jy nie met vrede in die doderyk laat neerdaal nie.
7 Maar aan die seuns van Bars¡llai, die Gileadiet, moet jy guns bewys, en hulle moet wees onder die wat aan jou tafel eet; want so het hulle na my toe aangekom toe ek vir jou broer Absalom gevlug het.
8 Verder is daar by jou S¡me‹, die seun van Gera, die Benjaminiet, uit Bahurim; hy naamlik het my gevloek met 'n hewige vloek die dag toe ek na Mahan im gegaan het; en hy het afgekom om my te ontmoet by die Jordaan, sodat ek vir hom by die HERE gesweer en gesê het: Ek sal jou nie met die swaard doodmaak nie.
9 Maar nou moet jy hom nie ongestraf laat bly nie, want jy is 'n wyse man; daarom sal jy weet wat jy hom moet aandoen, dat jy sy grys hare met bloed in die doderyk laat neerdaal.
10 Toe het Dawid ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe in die stad van Dawid.
11 En die dae wat Dawid oor Israel geregeer het, was veertig jaar; in Hebron het hy sewe jaar geregeer, en in Jerusalem het hy drie en dertig jaar geregeer.
12 Daarna het Salomo op die troon van sy vader Dawid gaan sit, en sy koningskap is goed bevestig.
13 Toe kom Adonia, die seun van Haggit, na B tseba, die moeder van Salomo, en sy vra: Is jou koms vrede? En hy antwoord: Vrede.
14 Verder sê hy: Ek het 'n woord vir u. En sy antwoord: Spreek.
15 En hy sê: U weet dat die koningskap myne was en die hele Israel sy aangesig op my gerig het, dat ek koning sou word; maar die koningskap het oorgegaan en my broer s'n geword, want deur die HERE was dit vir hom bestem.
16 En nou doen ek een versoek aan u; wys my nie af nie. En sy antwoord hom: Spreek.
17 Toe sê hy: Spreek tog met koning Salomo, want hy sal u nie afwys nie, dat hy Ab¡sag, die Sunamitiese, aan my as vrou moet gee.
18 En B tseba sê: Goed, ,k sal met die koning oor jou spreek.
19 Toe B tseba dan ingaan na koning Salomo om met hom oor Adonia te spreek, het die koning opgestaan om haar te ontmoet en voor haar gebuig; daarna het hy op sy troon gaan sit en vir die moeder van die koning 'n stoel laat neersit, en sy het aan sy regterhand plaas geneem.
20 Toe sê sy: Een klein versoek doen ek aan u; wys my nie af nie. En die koning antwoord haar: Vra, my moeder, want ek sal u nie afwys nie.
21 En sy sê: Laat Ab¡sag, die Sunamitiese, aan u broer Adonia as vrou gegee word.
22 Daarop antwoord koning Salomo en sê aan sy moeder: Maar waarom vra u Ab¡sag, die Sunamitiese, vir Adonia? Vra ook die koningskap vir hom, want hy is my broer wat ouer is as ek, ja, vir hom en vir Abjatar, die priester, en vir Joab, die seun van Seruja!
23 En koning Salomo het gesweer by die HERE en gesê: Mag God so aan my doen en so daaraan toedoen -- sekerlik, Adonia het hierdie woord ten koste van sy lewe gespreek.
24 En nou, so waar as die HERE leef wat my bevestig het en my op die troon van my vader Dawid laat sit en vir my 'n huis gestig het volgens sy belofte -- Adonia sal sekerlik vandag gedood word!
25 Daarop het koning Salomo gestuur deur die diens van Ben ja, die seun van Jojada; en die het op hom aangeval, sodat hy gesterf het.
26 En vir Abjatar, die priester, sê die koning: Gaan na Anatot op jou grond, want jy verdien die dood; maar vandag sal ek jou nie doodmaak nie, omdat jy die ark van die Here HERE voor my vader Dawid uit gedra het en omdat jy deelgenoot was van alles wat my vader gely het.
27 So het Salomo dan Abjatar verdrywe, sodat hy nie meer priester van die HERE was nie, om die woord van die HERE te vervul wat Hy oor die huis van Eli in Silo gespreek het.
28 Toe die gerug by Joab kom -- want Joab was aan die kant van Adonia, alhoewel hy nie aan die kant van Absalom was nie -- het Joab gevlug na die tent van die HERE en die horings van die altaar vasgehou.
29 En aan koning Salomo is meegedeel: Joab het gevlug na die tent van die HERE, en kyk, daar is hy by die altaar! Toe laat Salomo aan Ben ja, die seun van Jojada, weet: Gaan heen, val op hom aan.
30 Daarop het Ben ja by die tent van die HERE gekom en vir hom gesê: So spreek die koning: Kom uit. Maar hy sê: Nee, want hier wil ek sterf. En Ben ja het die koning 'n antwoord gebring en gesê: So het Joab gespreek, en so het hy my geantwoord.
31 Toe beveel die koning hom: Doen soos hy gespreek het: val op hom aan, en begrawe hom, sodat jy die onskuldige bloed wat Joab vergiet het, van my en my vader se huis af verwyder;
32 en dat die HERE sy bloed op sy eie hoof laat neerkom, omdat hy op twee manne, regverdiger en beter as hy, aangeval en hulle met die swaard vermoor het sonder medewete van my vader Dawid: Abner, die seun van Ner, die leërowerste van Israel, en Am sa, die seun van Jeter, die leërowerste van Juda;
33 en dat hulle bloed op die hoof van Joab en op die hoof van sy nageslag vir ewig kan neerkom, maar Dawid en sy nageslag en sy huis en sy troon vrede kan hê van die HERE tot in ewigheid.
34 Toe het Ben ja, die seun van Jojada, opgegaan en op hom aangeval en hom gedood; en hy is begrawe in sy huis in die woestyn.
35 Daarop het die koning Ben ja, die seun van Jojada, in sy plek oor die leër aangestel; en Sadok, die priester, het die koning aangestel in die plek van Abjatar.
36 Verder het die koning S¡me‹laat roep en vir hom gesê: Bou vir jou 'n huis in Jerusalem, en jy moet daar woon en mag daarvandaan nie uitgaan, nêrens heen nie;
37 die dag dat jy uitgaan en oor die spruit Kidron trek, moet jy voorwaar weet dat jy sekerlik sal sterwe; jou bloed sal op jou hoof wees.
38 En S¡me‹sê vir die koning: Dit is goed; soos my heer die koning gespreek het, so sal u dienaar doen. En S¡me‹het baie dae in Jerusalem gebly.
39 Maar aan die einde van drie jaar het twee van S¡me‹se slawe weggeloop na Agis, die seun van M äga, die koning van Gat; en aan S¡me‹is meegedeel en gesê: Jou slawe is daar in Gat.
40 Toe maak S¡me‹klaar en saal sy esel op en vertrek na Gat, na Agis toe, om sy slawe te soek; en S¡me‹het gegaan en sy slawe van Gat af gebring.
41 Maar aan Salomo is meegedeel dat S¡me‹uit Jerusalem na Gat weggegaan en teruggekom het.
42 Daarop laat die koning S¡me‹roep, en hy sê vir hom: Het ek jou nie by die HERE besweer en jou gewaarsku nie en gesê: Die dag dat jy uitgaan en êrens heen trek, moet jy voorwaar weet dat jy sekerlik sal sterwe? En jy het aan my gesê: Dit is goed; ek het gehoor.
43 Waarom het jy dan die eed by die HERE en die gebod wat ek jou opgelê het, nie gehou nie?
44 Verder sê die koning vir S¡me‹: Jy ken self al die boosheid waar jou hart van weet, wat jy my vader Dawid aangedoen het; daarom laat die HERE jou boosheid op jou eie hoof neerkom.
45 Maar mag koning Salomo geseënd wees en die troon van Dawid bevestig word voor die aangesig van die HERE tot in ewigheid!
46 Daarop gee die koning bevel aan Ben ja, die seun van Jojada: die het uitgegaan en op hom aangeval, sodat hy gesterf het.
1 Da det led mot den tid at David skulde dø, bød han sin sønn Salomo og sa:
2 Jeg går all jordens vei; så vær du sterk og vær en mann!
3 Og ta vare på hvad Herren din Gud vil ha varetatt, så du vandrer på hans veier og holder hans forskrifter, hans bud og hans lover og hans vidnesbyrd, som der er skrevet i Mose lov, så du kan gå viselig frem i alt det du gjør og i alt du gir dig i ferd med,
4 forat Herren må opfylle sitt ord, det som han talte om mig da han sa: Dersom dine sønner akter vel på sin vei så de vandrer for mitt åsyn i sannhet, av hele sitt hjerte og av hele sin sjel, så skal det - sa han - aldri fattes en mann av din ætt på Israels trone.
5 Du vet og hvad Joab, Serujas sønn, har gjort mot mig - hvad han gjorde mot begge Israels hærførere, Abner, Ners sønn, og Amasa, Jeters sønn, hvorledes han drepte dem og utøste blod i fredstid som om det var krig, og lot det komme blod på beltet han hadde om sine lender, og på skoene han hadde på sine føtter, som om det var krig.
6 Gjør derfor som din visdom lærer dig, og la ikke hans grå hår fare med fred ned i dødsriket.
7 Men gileaditten Barsillais sønner skal du gjøre vel imot, og de skal være blandt dem som eter ved ditt bord; for på samme måte kom de mig i møte da jeg flyktet for din bror Absalom.
8 Så har du og benjaminitten Sime'i fra Bahurim, sønn av Gera, hos dig; det var han som bante mig så stygt den dag jeg drog til Mahana'im; men siden kom han mig i møte ned til Jordan, og jeg tilsvor ham ved Herren og sa: Jeg skal ikke la dig dø for sverdet.
9 Men la ham nu ikke bli ustraffet! Du er en vis mann og vil nok vite hvad du skal gjøre med ham, så du lar hans grå hår fare med blod ned i dødsriket.
10 Så la David sig til hvile hos sine fedre og blev begravet i Davids stad.
11 Den tid David var konge over Israel, var firti år; i Hebron regjerte han i syv år og i Jerusalem i tre og tretti år.
12 Og Salomo satt på sin far Davids trone, og hans kongedømme blev meget sterkt.
13 Men Adonja, Haggits sønn, kom inn til Batseba, Salomos mor. Hun spurte: Kommer du med fred? Han svarte: Ja!
14 Så sa han: Jeg har noget å tale med dig om. Hun sa: Tal!
15 Da sa han: Du vet at riket var mitt, og at hele Israel hadde festet sine øine på mig og ventet at jeg skulde bli konge; men kongedømmet gikk fra mig og over til min bror; det var Herren som gav ham det.
16 Og nu er det en ting jeg vil be dig om; du må ikke vise mig bort! Hun svarte: Tal!
17 Da sa han: Bed kong Salomo - for dig viser han ikke bort - at han vil gi mig Abisag fra Sunem til hustru!
18 Batseba svarte: Godt, jeg skal tale til kongen for dig.
19 Så gikk Batseba inn til kong Salomo for å tale til ham for Adonja, og kongen stod op og gikk henne i møte og bøide sig dypt for henne. Derefter satte han sig på sin trone, og det blev satt frem en trone for kongens mor, og hun satte sig ved hans høire side.
20 Hun sa: Det er bare en eneste liten ting jeg vil be dig om; du må ikke vise mig bort! Kongen svarte: Kom du med din bønn, mor! Jeg skal ikke vise dig bort.
21 Da sa hun: La din bror Adonja få Abisag fra Sunem til hustru!
22 Men kong Salomo svarte sin mor: Hvorfor ber du om Abisag fra Sunem for Adonja? Bed da like så godt om riket for ham - han er jo min eldre bror - ja både for ham og for presten Abjatar og for Joab, Serujas sønn!
23 Og kong Salomo svor ved Herren og sa: Herren la det gå mig ille både nu og siden om ikke dette ord skal koste Adonja hans liv.
24 Så sant Herren lever, han som har gitt mig denne makt og satt mig på min far Davids trone, og som har bygget mig et hus, således som han har talt: Adonja skal late livet idag!
25 Så sendte kong Salomo Benaja, Jojadas sønn, avsted, og han hugg ham ned så han døde.
26 Og til presten Abjatar sa kongen: Gå til Anatot, til din gård, for du har fortjent døden; men idag vil jeg ikke la dig dø, fordi du har båret Herrens, Israels Guds ark foran min far David, og fordi du har lidt med i alt hvad min far måtte lide.
27 Så drev Salomo Abjatar bort og lot ham ikke få være Herrens prest lenger, forat Herrens ord skulde bli opfylt, det som han hadde talt mot Elis hus i Silo.
28 Da Joab fikk høre om dette, flyktet han til Herrens telt og grep fatt i alterets horn; for Joab hadde holdt med Adonja, om han enn ikke hadde holdt med Absalom.
29 Men det blev meldt kong Salomo at Joab var flyktet til Herrens telt og stod ved alteret. Da sendte Salomo Benaja, Jojadas sønn, avsted og sa: Gå og hugg ham ned!
30 Da Benaja kom til Herrens telt, sa han til ham: Så sier kongen: Gå bort herfra! Men han sa: Nei, her vil jeg dø. Og Benaja bar bud tilbake til kongen og sa: Så sa Joab, og så svarte han mig.
31 Da sa kongen til ham: Gjør som han sier, og hugg ham ned og begrav ham! Så frir du mig og min fars hus fra det uskyldige blod som Joab har utøst.
32 Og Herren skal la hans blod* komme tilbake på hans hode fordi han hugg ned to menn som var rettferdigere og bedre enn han, og drepte dem med sverdet, så min far David ikke visste om det, Abner, Ners sønn, Israels hærfører, og Amasa, Jeters sønn, Judas hærfører. / {* det av ham utøste blod.}
33 Deres blod skal komme tilbake på Joabs hode og på hans efterkommeres hode til evig tid; men David og hans efterkommere og hans hus og hans trone skal Herren gi lykke til evig tid.
34 Så gikk Benaja, Jojadas sønn, op og hugg ham ned og drepte ham, og han blev begravet ved sitt hus i ørkenen.
35 Og kongen satte Benaja, Jojadas sønn, over hæren i hans sted, og presten Sadok satte kongen i Abjatars sted.
36 Så sendte kongen bud efter Sime'i og sa til ham: Bygg dig et hus i Jerusalem og bo der og gå ikke ut derfra, hverken til det ene sted eller det annet.
37 For det skal du vite for visst, at den dag du går ut og går over bekken Kidron, skal du dø; ditt blod skal komme på ditt eget hode.
38 Da sa Sime'i til kongen: Det er rett det du sier; som min herre kongen har sagt, så skal din tjener gjøre. Og Sime'i blev boende i Jerusalem en lang tid.
39 Men da tre år var gått, hendte det at to av Sime'is tjenere rømte til kongen i Gat, Akis. sønn av Ma'aka. og det blev meldt Sime'i: Dine tjenere er i Gat.
40 Da gjorde Sime'i sig rede og salte sitt asen og drog til Akis i Gat for å lete efter sine tjenere; Sime'i drog da dit og hadde sine tjenere med sig tilbake fra Gat.
41 Men Salomo fikk vite at Sime'i var reist fra Jerusalem til Gat og var kommet tilbake.
42 Da sendte kongen bud efter Sime'i og sa til ham: Har jeg ikke svoret ved Herren og høitidelig sagt dig: Det skal du vite for visst at den dag du går ut og drar til noget annet sted, skal du dø? Og du svarte: Det er rett det du sier; jeg har hørt det.
43 Hvorfor har du da ikke holdt dig efter den ed som var svoret ved Herren, og det bud jeg gav dig?
44 Og kongen sa til Sime'i: Du kjenner selv alt det onde som ditt hjerte vet om at du har gjort mot min far David, og Herren lar nu din ondskap komme tilbake på ditt eget hode.
45 Men kong Salomo skal være velsignet, og Davids trone skal stå fast for Herrens åsyn til evig tid.
46 Så gav kongen Benaja, Jojadas sønn, sin befaling, og han gikk ut og hugg ham ned så han døde. Og kongedømmet lå trygt og fast i Salomos hånd.