1 Van Dawid. 'n Psalm. Ek wil sing van goedertierenheid en reg; tot u eer wil ek psalmsing, o HERE!2 Ek wil ag gee op regskape wandel -- wanneer sal U na my kom? Ek wandel in die opregtheid van my hart, binne-in my huis.3 Ek stel geen lae ding voor my oë nie; die dade van afvalliges haat ek; die sal my nie aankleef nie.4 'n Verkeerde hart moet ver van my af bly; wat kwaad is, wil ek nie ken nie.5 Hy wat heimlik van sy naaste kwaad spreek, hom sal ek vernietig; hy wat hoog van oë is en trots van hart, hom verdra ek nie.6 My oë sal wees op die getroues in die land, dat hulle by my kan woon; hy wat wandel in die weg van opregtheid, die mag my dien.7 Hy wat bedrog pleeg, mag binne-in my huis nie bly nie; wie leuens praat, kan voor my oë nie bestaan nie.8 Elke môre sal ek al die goddelose van die land vernietig, om al die werkers van ongeregtigheid uit die stad van die HERE uit te roei.
1 Salmo di Davide. Io canterò la benignità e la giustizia; a te, o Eterno, salmeggerò.2 Io mapplicherò a seguire la via perfetta; quando verrai a me? Io camminerò con integrità di cuore, in seno alla mia casa.3 Non mi proporrò cosa alcuna scellerata; io odio il fare degli sviati; esso non mi sattaccherà.4 Il cuor perverso sallontanerà da me; il malvagio non lo conoscerò.5 Io sterminerò chi sparla in segreto del suo prossimo; e chi ha locchio altero ed il cuor gonfio non lo sopporterò.6 Avrò gli occhi sui fedeli del paese perché dimorino meco; chi cammina per la via dellintegrità, quello sarà mio servitore.7 Chi pratica la frode non abiterà nella mia casa; chi proferisce menzogna non sussisterà davanti agli occhi miei.8 Ogni mattina distruggerò tutti gli empi del paese per estirpare dalla città dellEterno tutti gli operatori diniquità.