1 En dit is die saak wat jy vir hulle moet doen om hulle te heilig, dat hulle vir My die priesteramp kan bedien: Neem een jong bul en twee ramme wat sonder gebrek is,

2 en ongesuurde brood en ongesuurde koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk. Van fyn koringmeel moet jy dit maak.

3 En sit dit in een mandjie, en bring dit aan in die mandjie saam met die bul en die twee ramme.

4 Dan moet jy A„ron en sy seuns laat nader kom na die ingang van die tent van samekoms en hulle met water was.

5 En neem die klere en beklee A„ron met die rok en die mantel van die skouerkleed en die skouerkleed self en die borstas, en bind hom die band van die skouerkleed om.

6 En sit die tulband op sy hoof, en bevestig die heilige kroon aan die tulband.

7 Neem dan die salfolie en giet dit op sy hoof en salf hom.

8 Ook sy seuns moet jy laat nader kom, en laat hulle die rokke aantrek,

9 en omgord hulle met die gordel, A„ron en sy seuns, en bind vir hulle musse om, dat hulle die priesteramp kan besit as 'n ewige insetting. So moet jy dan A„ron en sy seuns as priesters aanstel.

10 En jy moet die bul aanbring voor die tent van samekoms; en A„ron en sy seuns moet hulle hande op die kop van die bul lê.

11 En slag die bul voor die aangesig van die HERE by die ingang van die tent van samekoms.

12 Dan moet jy van die bloed van die bul neem en dit met jou vinger aan die horings van die altaar stryk; en al die orige bloed moet jy aan die onderkant van die altaar uitgiet.

13 En neem al die vet wat oor die binnegoed is, en die lap aan die lewer en die twee niere en die vet wat daaraan is, en steek dit op die altaar aan die brand.

14 Maar die vleis van die bul en sy vel en sy mis moet jy buitekant die laer met vuur verbrand. Dit is 'n sondoffer.

15 Neem dan die een ram, en A„ron en sy seuns moet hulle hande op die ram se kop lê;

16 daarna moet jy die ram slag en sy bloed neem en dit rondom teen die altaar uitgooi.

17 En die ram moet jy in sy stukke verdeel, en was sy binnegoed en pote en sit dit by die orige stukke en by die kop.

18 Jy moet dan die hele ram op die altaar aan die brand steek. Dit is 'n brandoffer aan die HERE; 'n lieflike geur, 'n vuuroffer is dit aan die HERE.

19 Dan moet jy die ander ram neem, en A„ron en sy seuns moet hulle hande op die ram se kop lê;

20 jy moet dan die ram slag en van sy bloed neem en dit stryk aan die regteroorlel van A„ron en aan die regteroorlel van sy seuns, ook aan die duim van hulle regterhand en aan die groottoon van hulle regtervoet. En die orige bloed moet jy rondom teen die altaar uitgooi.

21 Dan moet jy van die bloed wat aan die altaar is, neem en van die salfolie en dit sprinkel op A„ron en op sy klere sowel as op sy seuns en op die klere van sy seuns saam met hom, dat hy heilig kan wees en sy klere sowel as sy seuns en die klere van sy seuns saam met hom.

22 En neem van die ram die vet en die vetstert, ook die vet wat oor die binnegoed is, en die lap aan die lewer en die twee niere met die vet wat daaraan is, en die regterboud -- want dit is 'n wydingsram --

23 en een ronde brood en een oliebroodkoek en een platkoek uit die mandjie met ongesuurde koeke wat voor die aangesig van die HERE is.

24 En lê dit alles op die hande van A„ron en op die hande van sy seuns, en beweeg dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE.

25 Neem dit dan uit hulle hand en steek dit op die altaar aan die brand, bo-op die brandoffer, as lieflike geur voor die aangesig van die HERE. Dit is 'n vuuroffer aan die HERE.

26 En neem die bors van die wydingsram van A„ron en beweeg dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE; daarna moet dit jou deel wees.

27 En jy moet die bors van die beweegoffer heilig en die boud van die hefoffer, wat beweeg en gehef is van die wydingsram, wat vir A„ron en sy seuns geld.

28 En dit moet vir A„ron en sy seuns wees tot 'n ewige insetting van die kant van die kinders van Israel, want dit is 'n hefoffer; en dit sal 'n hefoffer wees van die kant van die kinders van Israel, van hulle dankoffers -- hulle hefoffer aan die HERE.

29 En die heilige klere van A„ron moet vir sy seuns n hom wees, om hulle daarin te salf en as priesters aan te stel.

30 Die een van sy seuns wat in sy plek priester word, wat in die tent van samekoms sal ingaan om in die heiligdom te dien, moet dit sewe dae lank aantrek.

31 En jy moet die wydingsram neem en sy vleis in 'n heilige plek kook.

32 Dan moet A„ron en sy seuns die ram se vleis eet en die brood wat in die mandjie is, by die ingang van die tent van samekoms.

33 En hulle moet die dinge eet waarmee versoening bewerk is toe hulle as priesters aangestel en geheilig is; maar 'n onbevoegde mag daarvan nie eet nie, want dit is heilig.

34 En as daar van die vleis van die wydingsoffer of van die brood tot die môre toe oorbly, moet jy wat oor is, met vuur verbrand; dit mag nie geëet word nie, want dit is heilig.

35 So moet jy dan met A„ron en sy seuns doen net soos Ek jou beveel het. Sewe dae lank moet hulle wyding duur.

36 Jy moet ook daagliks 'n sondofferbul tot versoening berei en die altaar ontsondig deur daarvoor versoening te doen; en jy moet dit salf om dit te heilig.

37 Sewe dae lank moet jy versoening doen vir die altaar en dit heilig. So sal dan die altaar hoogheilig word: elkeen wat aan die altaar raak, word heilig.

38 En dit is wat jy op die altaar moet berei: twee jaaroud lammers gereeld elke dag.

39 Die een lam moet jy in die môre berei, en die ander lam moet jy teen die aand berei,

40 met 'n tiende van 'n efa fynmeel, gemeng met 'n kwart-hin uitgestampte olie, en as drankoffer 'n kwart-hin wyn vir die een lam.

41 En die ander lam moet jy teen die aand berei. Jy moet dit klaarmaak volgens die môre spysoffer en volgens die drankoffer wat daarby behoort, tot 'n lieflike geur. Dit is 'n vuuroffer aan die HERE.

42 Dit moet 'n voortdurende brandoffer vir julle geslagte wees, by die ingang van die tent van samekoms, voor die aangesig van die HERE, waar Ek met julle sal saamkom om daar met jou te spreek.

43 En daar sal Ek met die kinders van Israel saamkom en die tent sal deur my heerlikheid geheilig word.

44 So sal Ek dan die tent van samekoms en die altaar heilig. Ek sal A„ron en sy seuns ook heilig om vir My die priesteramp te bedien.

45 En Ek sal onder die kinders van Israel woon en vir hulle 'n God wees;

46 en hulle sal weet dat Ek die HERE hulle God is wat hulle uit Egipteland uitgelei het om in hulle midde te woon. Ek is die HERE hulle God.

1 너는 그들에게 나를 섬길 제사장 직분을 위임하여 그들로 거룩하게 할 일이 이러하니 곧 젊은 수소 하나와, 흠 없는 수양 둘을 취하고

2 무교병과, 기름 섞인 무교 과자와, 기름 바른 무교 전병을 모두 고운 밀가루로 만들고

3 그것들을 한 광주리에 담고 그것을 광주리에 담은 채 그 송아지와 두 양과 함께 가져 오고

4 너는 아론과 그 아들들을 회막 문으로 데려다가 물로 씻기고

5 의복을 가져다가 아론에게 속옷과, 에봇 받침 겉옷과, 에봇을 입히고 흉패를 달고 에봇에 공교히 짠 띠를 띠우고

6 그 머리에 관을 씌우고 그 위에 성패를 더하고

7 관유를 가져다가 그 머리에 부어 바르고

8 그 아들들을 데려다가 그들에게 속옷을 입히고

9 아론과 그 아들들에게 띠를 띠우며 관을 씌워서 제사장의 직분을 그들에게 맡겨 영원한 규례가 되게 하라 너는 이같이 아론과 그 아들들에게 위임하여 거룩하게 할지니라 !

10 너는 수송아지를 회막 앞으로 끌어 오고 아론과 그 아들들은 그 송아지 머리에 안수할지며

11 너는 회막문 여호와 앞에서 그 송아지를 잡고

12 그 피를 네 손가락으로 단 뿔들에 바르고 그 피 전부를 단 밑에 쏟을지며

13 내장에 덮인 모든 기름과 간 위에 있는 꺼풀과, 두 콩팥과, 그 위의 기름을 취하여 단 위에 불사르고

14 그 수소의 고기와 가죽과 똥은 진 밖에서 불사르라 ! 이는 속죄제니라

15 너는 또 수양 하나를 취하고 아론과 그 아들들은 그 수양의 머리위에 안수할지며

16 너는 그 수양을 잡고 그 피를 취하여 단 위의 주위에 뿌리고

17 그 수양의 각을 뜨고 그 장부와 다리는 씻어 각 뜬 고기와 그 머리와 함께 두고

18 그 수양의 전부를 단 위에 불사르라 ! 이는 여호와께 드리는 번제요 이는 향기로운 냄새니 여호와께 드리는 화제니라

19 너는 다른 수양을 취하고 아론과 그 아들들은 그 수양의 머리 위에 안수할지며

20 너는 그 수양을 잡고 그 피를 취하여 아론의 오른 귓부리와, 그 아들들의 오른 귓부리에 바르고, 그 오른손 엄지와, 오른발 엄지에 바르고 그 피를 단 주위에 뿌리고

21 단 위의 피와 관유를 취하여 아론과, 그 옷과, 그 아들들과, 그 아들들의 옷에 뿌리라 그와, 그 옷과, 그 아들들과, 그 아들들의 옷이 거룩하리라

22 또 너는 그 수양의 기름과 기름진 꼬리와 그 내장에 덮인 기름과 간 위의 꺼풀과 두 콩팥과 그것들 위의 기름과 우편 넓적다리를 취하라 ! 이는 위임식의 수양이며

23 또 여호와 앞에 있는 무교병 광주리에서 떡 한 덩이와 기름 바른 과자 하나와 전병 하나를 취하고

24 그 전부를 아론의 손과 그 아들들의 손에 주고 그것을 흔들어 여호와 앞에 요제를 삼을지며

25 너는 그것을 그들의 손에서 취하여 단 위에서 번제물을 더하여 불사르라 ! 이는 여호와 앞에 향기로운 냄새니 곧 여호와께 드리는 화제니라

26 너는 위임식 수양의 가슴을 취하여 여호와 앞에 흔들어 요제를 삼으라 ! 이는 너의 분깃이니라

27 너는 그 흔든 요제물 곧 아론과 그 아들들의 위임식 수양의 가슴과 넓적다리를 거룩하게 하라

28 이는 이스라엘 자손이 아론과 그 자손에게 돌릴 영원한 분깃이요, 거제물이니 곧 이스라엘 자손이 화목제의 희생 중에서 취한 거제물로서 여호와께 드리는 거제물이니라

29 아론의 성의는 아론의 후에 그 아들들에게 돌릴지니 그들이 그것을 입고 기름 부음으로 위임을 받을 것이며

30 그를 이어 제사장이 되는 아들이 회막에 들어가서 성소에서 섬길때에는 칠일 동안 그것을 입을지니라 !

31 너는 위임식 수양을 취하여 거룩한 곳에서 그 고기를 삶고

32 아론과 그 아들들이 회막문에서 그 수양의 고기와 광주리에 있는 떡을 먹을찌라

33 속죄물 곧 그들을 위임하며 그들은 거룩하게 하는데 쓰는것은 그들은 먹되 타인은 먹지 못할지니 이는 성물이 됨이며

34 위임식 고기나 떡이 아침까지 남았으면 그것을 불에 사를지니 이는 거룩한즉 먹지 못할지니라 !

35 너는 내가 무릇 네게 명한대로 아론과 그 아들들에게 그같이 하여 칠일동안 위임식을 행하되

36 매일 수송아지 하나로 속죄하기 위하여 속죄제를 드리며 또 단을 위하여 깨끗케 하고 그것에 기름을 부어 거룩하게 하라

37 네가 칠일 동안 단을 위하여 속죄하여 거룩하게 하라 ! 그리하면 지극히 거룩한 단이 되리니 무릇 단에 접촉하는 것이 거룩하리라

38 네가 단 위에 드릴 것은 이러하니라 매일 일년 된 어린 양 두 마리니

39 한 어린 양은 아침에 드리고, 한 어린 양은 저녁 때에 드릴지며

40 한 어린 양에 고운 밀가루 에바 십분 일과, 찧은 기름 힌의 사분 일을 더하고 또 전제로 포도주 힌의 사분 일을 더할지며

41 한 어린 양은 저녁 때에 드리되 아침과 일반으로 소제와 전제를 그것과 함께 드려 향기로운 냄새가 되게 하여 여호와께 화제를 삼을지니

42 이는 너희가 대대로 여호와 앞 회막문에서 늘 드릴 번제라 내가 거기서 너희와 만나고 네게 말하리라

43 내가 거기서 이스라엘 자손을 만나리니 내 영광을 인하여 회막이 거룩하게 될지라 !

44 내가 그 회막과 단을 거룩하게 하며 아론과 그 아들들도 거룩하게 하여 내게 제사장 직분을 행하게 하며

45 내가 이스라엘 자손 중에 거하여 그들의 하나님이 되리니

46 그들은 내가 그들의 하나님 여호와로서 그들 중에 거하려고 그들을 애굽 땅에서 인도하여 낸 줄을 알리라 나는 그들의 하나님 여호와니라 !