Publicidade

Êxodo 39

1 Hulle het ook kunstige klere van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe gemaak om in die heiligdom te dien. Ook het hulle die heilige klere vir A„ron gemaak soos die HERE Moses beveel het.2 En hy het die skouerkleed gemaak van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.3 En hulle het van die goud dun plate geslaan, en hy het dit in drade gesny om dit in te werk in die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en in die fyn linne -- 'n kunstige werk.4 Hulle het daar skouerstukke aan gemaak wat aan mekaar vas was; aan die twee bo-ente was dit saamgevoeg.5 En die band wat daaraan was om dit vas te bind, was daarmee saam uit een stuk, van dieselfde werk, van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, soos die HERE Moses beveel het.6 Hulle het ook die oniksstene gemaak, vasgesit in kassies van goud, gegraveer soos op 'n seëlsteen ingesny word, volgens die name van die kinders van Israel.7 En hy het hulle op die skouerstukke van die skouerkleed bevestig as gedagtenisstene aan die kinders van Israel, soos die HERE Moses beveel het.8 Hy het ook die borstas van kunstige werk gemaak soos die werk van die skouerkleed; van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.9 Dit was vierkantig; dubbel gevou het hulle die borstas gemaak; 'n span sy lengte en 'n span sy breedte, dubbel gevou was dit.10 En hulle het daarin vier rye stene ingevul: 'n ry met 'n karneool, 'n topaas en 'n smarag was die eerste ry.11 En die tweede ry: 'n karbonkel, 'n saffier en 'n jaspis.12 En die derde ry: 'n hiasint, 'n agaat en 'n ametis.13 En die vierde ry: 'n chrisoliet, 'n oniks en 'n sardoniks; hulle is in kassies van goud vasgesit by hulle invulling.14 En die stene was volgens die name van die kinders van Israel twaalf, volgens hulle name. Soos op 'n seëlsteen uitgesny word, was hulle vir twaalf stamme, elkeen volgens sy naam.15 Hulle het ook by die borstas gedraaide kettings gemaak, soos toutjies gedraai, van suiwer goud;16 en hulle het twee goue kassies en twee goue ringe gemaak, en die twee ringe aan die twee bo-ente van die borstas bevestig,17 en hulle het die twee goue toutjies aan die twee ringe aan die bo-ente van die borstas vasgemaak.18 Maar die twee ander ente van die twee toutjies het hulle aan die twee kassies vasgemaak en die dan aan die skouerstukke van die skouerkleed bevestig, aan die voorkant daarvan.19 Hulle het ook twee goue ringe gemaak en die aan die twee onder-ente van die borstas bevestig, aan die kant wat teen die skouerkleed aan lê, aan die binnekant.20 En hulle het twee goue ringe gemaak en die aan die twee skouerstukke van die skouerkleed bevestig, onderaan, aan die voorkant daarvan, by sy verbinding, bo die band van die skouerkleed.21 En hulle het die borstas, met sy ringe, aan die ringe van die skouerkleed met 'n pers toutjie vasgebind, sodat dit bo die band van die skouerkleed sou wees en die borstas nie van die skouerkleed kon afskuiwe nie, soos die HERE Moses beveel het.22 En hy het die mantel van die skouerkleed van wewerswerk gemaak, heeltemal van pers stof.23 En die opening van die mantel was in die middel daarvan soos die opening van 'n pantser; die opening het 'n soom rondom gehad, dat dit nie sou skeur nie.24 En aan die soom van die mantel het hulle granaatjies gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.25 Hulle het ook klokkies van suiwer goud gemaak en die klokkies tussen die granaatjies gesit, aan die soom van die mantel rondom, tussen die granaatjies in:26 'n klokkie en 'n granaatjie, 'n klokkie en 'n granaatjie, aan die soom van die mantel rondom, vir die diens, soos die HERE Moses beveel het.27 Hulle het ook die rokke van fyn linne gemaak, van wewerswerk, vir A„ron en sy seuns;28 en die tulband van fyn linne en die pronkmusse van fyn linne en die linnebroeke van fyn dubbeldraad-linne;29 en die gordel van fyn dubbeldraad-linne en van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, veelkleurige werk, soos die HERE Moses beveel het.30 Hulle het ook die plaat van die heilige kroon van suiwer goud gemaak en daarop geskrywe met letters soos dit op 'n seëlsteen uitgesny word: HEILIG AAN DIE HERE.31 En hulle het 'n pers toutjie daaraan vasgemaak om dit bo-op die tulband te bevestig, soos die HERE Moses beveel het.32 So is dan al die werk aan die tabernakel van die tent van samekoms voltooi; en die kinders van Israel het dit gemaak net soos die HERE Moses beveel het; so het hulle dit gemaak.33 En hulle het die tabernakel na Moses gebring, die tent self met alles wat daarby behoort, sy hakies, sy style, sy dwarshoute en sy pilare en sy voetstukke,34 en die dekkleed van rooigeverfde ramsvelle en die dekkleed van robbevelle en die voorhangsel tot bedekking;35 die ark van die Getuienis met sy draaghoute en die versoendeksel;36 die tafel met al sy gereedskap en die toonbrode;37 die suiwer kandelaar met sy lampe, die lampe wat daarop gerangskik moes word, met al sy gereedskap en die olie vir die kandelaar;38 verder die goue altaar en die salfolie en die reukwerk van speserye en die bedekking vir die ingang van die tent;39 die koperaltaar en sy kopertraliewerk, sy draaghoute met al sy gereedskap, die waskom en sy voetstuk;40 die behangsels van die voorhof, sy pilare en sy voetstukke, en die bedekking vir die poort van die voorhof, die lyne en penne wat daarby behoort, en al die gereedskap vir die diens in die tabernakel van die tent van samekoms;41 die kunstige klere, om in die heiligdom te dien, die heilige klere van die priester A„ron en die klere van sy seuns, om die priesteramp te bedien.42 Net soos die HERE Moses beveel het, so het die kinders van Israel die hele werk gemaak.43 En Moses het die hele werk bekyk -- en hulle het dit gemaak soos die HERE beveel het, so het hulle dit gemaak. Toe het Moses hulle geseën.

1 그들이 여호와께서 모세에게 명하신대로 청색, 자색, 홍색실로 성소에서 섬기기 위한 정교한 옷을 만들고 또 아론을 위한 거룩한 옷을 만들었더라2 그가 또 금실과, 청색, 자색, 홍색실과, 가늘게 꼰 베실로 에봇을 만들었으되3 금실을 얇게 쳐서 오려서 실을 만들어 청색, 자색, 홍색실과, 가는 베실에 섞어 공교히 짜고4 에봇을 위하여 견대를 만들어 그 두 끝에 달아 서로 연하게 하고5 에봇 위에 에봇을 매는 띠를 에봇과 같은 모양으로 금실과, 청색, 자색, 홍색실과, 가늘게 꼰 베실로 에봇에 붙여 짰으니 여호와께서 모세에게 명하신대로 하였더라6 그들이 또 호마노를 깎아 금테에 물려 인을 새김 같이 이스라엘의 아들들의 이름을 그것에 새겨7 에봇 견대에 달아 이스라엘 자손의 기념 보석을 삼았으니 여호와께서 모세에게 명하신대로 하였더라8 그가 또 흉패를 공교히 짜되 에봇과 같은 모양으로 금실과, 청색, 자색, 홍색실과, 가늘게 꼰 베실로 하였으니9 그것의 장이 한 뼘, 광이 한 뼘으로 네모 반듯하고 두 겹이며10 그것에 네 줄 보석을 물렸으니 곧 홍보석, 황옥, 녹주옥이 첫 줄이요11 둘째 줄은 석류석, 남보석, 홍마노요12 세째 줄은 호박, 백마노, 자수정이요13 네째 줄은 녹보석, 호마노, 벽옥이라 다 금테에 물렸으니14 이 보석들은 이스라엘 아들들의 이름 곧 그들의 이름대로 열 둘이라 인을 새김 같이 그 열 두 지파의 각 이름을 새겼으며15 그들이 또 정금으로 사슬을 노끈처럼 땋아 흉패에 붙이고16 또 금테 둘과 금고리 둘을 만들어 그 두 고리를 흉패 두 끝에 달고17 그 두 땋은 금사슬을 흉패 끝 두 고리에 꿰어 매었으며18 그 땋은 두 사슬의 다른 두 끝을 에봇 앞 두 견대의 금테에 매고19 또 금고리 둘을 만들어 흉패 두 끝에 달았으니 곧 그 에봇에 대한 안쪽 가에 달았으며20 또 금고리 둘을 만들어 에봇 앞 두 견대 아래 매는 자리 가까운편 곧 공교히 짠 에봇띠 윗편에 달고21 청색 끈으로 흉패 고리와 에봇 고리에 꿰어 흉패로 공교히 짠 에봇 띠 위에 붙여서 에봇을 떠나지 않게 하였으니 여호와께서 모세에게 명하신대로 하였더라22 그가 에봇 받침 긴 옷을 전부 청색으로 짜서 만들되23 그 옷의 두 어깨 사이에 구멍을 내고 갑옷 깃 같이 그 구멍 주위에 깃을 짜서 찢어지지 않게 하고24 청색, 자색, 홍색실과, 가는 베실로 그 옷 가장자리에 석류를 수 놓고25 정금으로 방울을 만들어 그 옷 가장자리로 돌아가며 석류 사이 사이에 달되26 방울과 석류를 서로 간격하여 공직하는 그 옷 가장자리로 돌아가며 달았으니 여호와께서 모세에게 명하신대로 하였더라27 그들이 또 직조한 가는 베로 아론과 그 아들들을 위하여 속옷을 짓고28 세마포로 두건을 짓고 세마포로 빛난 관을 만들고 가는 베실로 짜서 세마포 고의들을 만들고29 가는 베실과, 청색, 자색, 홍색실로 수 놓아 띠를 만들었으니 여호와께서 모세에게 명하신대로 하였더라30 그들이 또 정금으로 거룩한 패를 만들고 인을 새김 같이 그 위에 여호와께 성결이라 새기고31 그 패를 청색 끈으로 관 전면에 달았으니 여호와께서 모세에게 명하신 대로 하였더라32 이스라엘 자손이 이와 같이 성막 곧 회막의 모든 역사를 준공하여 여호와께서 모세에게 명하신대로 다 행하고33 그들이 성막을 모세에게로 가져왔으니 곧 막과, 그 모든 기구와, 그 갈고리들과, 그 널판들과, 그 띠들과, 그 기둥들과, 그 받침들과,34 붉은 물 들인 수양의 가죽 덮개와, 해달의 가죽 덮개와, 가리우는 장과,35 증거궤와, 그 채들과, 속죄소와,36 상과, 그 모든 기구와, 진설병과,37 정금 등대와, 그 잔 곧 벌여놓은 등잔과, 그 모든 기구와, 등유와,38 금단과, 관유와, 향기로운 향과, 장막 문장과,39 놋단과, 그 놋 그물과, 그 채들과, 그 모든 기구와, 물두멍과, 그 받침과,40 뜰의 포장들과, 그 기둥들과, 그 받침들과, 뜰문의 장과, 그 줄들과, 그 말뚝들과, 회막의 소용 곧 성막의 모든 기구와,41 성소에서 섬기기 위한 정교한 옷 곧 제사 직분을 행할 때에 입는 제사장 아론의 거룩한 옷과 그 아들들의 옷이라42 여호와께서 모세에게 명하신대로 이스라엘 자손이 모든 역사를 필하매43 모세가 그 필한 모든 것을 본즉 여호와께서 명하신대로 되었으므로 그들에게 축복하였더라

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-