1 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
2 Mensekind, jy woon onder mense van die wederstrewige huis, wat oë het om te sien, maar nie sien nie; ore het om te hoor, maar nie hoor nie, want hulle is 'n wederstrewige huis.
3 Maar jy, mensekind, maak vir jou toebereidsels om in ballingskap te gaan, en gaan oordag in ballingskap voor hulle oë; vertrek soos 'n balling voor hulle oë, van jou woonplek af na 'n ander plek toe -- miskien sal hulle dit sien, want hulle is 'n wederstrewige huis.
4 En jy moet jou goed oordag uitbring voor hulle oë soos die goed wat vir 'n ballingskap nodig is; maar self moet jy in die aand uitgaan voor hulle oë soos die wat in ballingskap uitgaan.
5 Breek vir jou 'n gat in die muur voor hulle oë, en bring dit daardeur uit.
6 Voor hulle oë moet jy dit op die skouer dra, in die pikdonker moet jy dit uitbring; jou aangesig moet jy bedek, sodat jy die land nie sien nie; want Ek maak jou tot 'n sinnebeeld vir die huis van Israel.
7 Ek het toe gedoen soos my beveel is: ek het my goed oordag uitgebring soos die goed wat vir 'n ballingskap nodig is; en in die aand het ek met my hand vir my 'n gat in die muur gebreek; in die pikdonker het ek dit uitgebring, dit op die skouer voor hulle oë gedra.
8 Toe kom die woord van die HERE tot my in die môre en sê:
9 Mensekind, het die huis van Israel, die wederstrewige huis, nie vir jou gesê: Wat maak jy daar nie?
10 Sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Hierdie las sien op die vors in Jerusalem en die hele huis van Israel wat onder hulle woon.
11 Sê: Ek is julle sinnebeeld; soos ek gedoen het, so sal met hulle gedoen word: in ballingskap, in gevangenskap sal hulle gaan.
12 En die vors wat onder hulle is, sal die goed op die skouer dra, in die pikdonker, en hy sal uitgaan; hulle sal 'n gat in die muur breek om daardeur uit te bring; hy sal sy aangesig bedek, omdat hy self die land met die oog nie sal sien nie.
13 En Ek sal my net oor hom uitsprei, en in my strik sal hy gevang word; en Ek sal hom na Babel, na die land van die Chaldeërs bring; maar hy sal dit nie sien nie, en daar sal hy sterwe.
14 En almal wat rondom hom is, sy hulp, en al sy leërs sal Ek na al die windstreke verstrooi en die swaard agter hulle uittrek.
15 Dan sal hulle weet dat Ek die HERE is, as Ek hulle onder die nasies versprei en hulle in die lande verstrooi;
16 maar Ek sal van hulle 'n klein klompie laat oorbly van die swaard, die hongersnood en die pes, sodat hulle al hulle gruwels kan vertel onder die nasies waar hulle kom; en die sal weet dat Ek die HERE is.
17 Daarna het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
18 Mensekind, jy moet jou brood met bewing eet en jou water met siddering en kommer drink.
19 En jy moet aan die mense van die land sê: So spreek die Here HERE aangaande die inwoners van Jerusalem, in die land Israel: Hulle sal hul brood met kommer eet en hul water in stomme smart drink, sodat hulle land, van sy volheid beroof, woes sal lê vanweë die geweldpleging van almal wat daarin woon.
20 En die stede wat bewoon is, sal woes word, en die land sal 'n wildernis wees; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
21 En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê:
22 Mensekind, wat is dit vir 'n spreekwoord wat julle het in die land van Israel, naamlik: Die dae gaan voort, en van al die gesigte kom niks nie.
23 Daarom, sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Ek maak 'n einde aan hierdie spreekwoord, sodat hulle dit nie meer as spreekwoord in Israel sal gebruik nie. Maar sê vir hulle: Die dae is naby, en die woord van elke gesig.
24 Want daar sal geen bedrieglike gesig of vleiende waarsêery in die huis van Israel meer wees nie.
25 Want Ek, die HERE, Ek sal spreek -- wat Ek as woord spreek, dit sal gebeur; dit sal nie meer uitgestel word nie. Want in julle dae, o wederstrewige huis, sal Ek 'n woord spreek en dit uitvoer ook, spreek die Here HERE.
26 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
27 Mensekind, kyk, die huis van Israel sê: Die gesig wat hy sien, is vir baie dae, en hy profeteer van tye wat ver is.
28 Daarom, sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Geeneen van my woorde sal meer uitgestel word nie; wat Ek as woord spreek, dit sal gebeur, spreek die Here HERE.
1 여호와의 말씀이 또 내게 임하여 가라사대
2 인자야 ! 네가 패역한 족속 중에 거하도다 그들은 볼 눈이 있어도 보지 아니하고 들을 귀가 있어도 듣지 아니하나니 그들은 패역한 족속임이니라
3 인자야 ! 너는 행구를 준비하고 낮에 그들의 목전에서 이사하라 네가 네 처소를 다른 곳으로 옮기는 것을 그들이 보면 비록 패역한 족속이라도 혹 생각이 있으리라
4 너는 낮에 그 목전에서 네 행구를 밖으로 내기를 이사하는 행구 같이 하고 저물 때에 너는 그 목전에서 밖으로 나가기를 포로되어 가는 자 같이 하라
5 너는 그 목전에서 성벽을 뚫고 그리로 좇아 옮기되
6 캄캄할 때에 그 목전에서 어깨에 메고 나가며 얼굴을 가리우고 땅을 보지 말지어다 이는 내가 너를 세워 이스라엘 족속에게 징조가 되게 함이니라 하시기로
7 내가 그 명대로 행하여 낮에 나의 행구를 이사하는 행구같이 내어 놓고 저물 때에 내 손으로 성벽을 뚫고 캄캄할 때에 행구를 내어다가 그 목전에서 어깨에 메고 나가니라
8 이튿날 아침에 여호와의 말씀이 또 내게 임하여 가라사대
9 인자야 ! 이스라엘 족속 곧 그 패역한 족속이 네게 묻기를 무엇을 하느냐 하지 아니하더냐
10 너는 그들에게 말하기를 주 여호와의 말씀에 이것은 예루살렘 왕과 그 가운데 있는 이스라엘 온 족속에 대한 예조라 하셨다 하고
11 또 말하기를 나는 너희 징조라 내가 행한대로 그들이 당하여 사로잡혀 옮겨갈지라
12 무리가 성벽을 뚫고 행구를 그리로 가지고 나가고 그 중에 왕은 어두울 때에 어깨에 행구를 메고 나가며 눈으로 땅을 보지 아니하려고 자기 얼굴을 가리우리라 하라
13 내가 또 내 그물을 그의 위에 치고 내 올무에 걸리게 하여 그를 끌고 갈대아 땅 바벨론에 이르리니 그가 거기서 죽으려니와 그 땅을 보지 못하리라
14 내가 그 호위하는 자와 부대들을 다 사방으로 흩고 또 그 뒤를 따라 칼을 빼리라
15 내가 그들을 이방인 가운데로 흩으며 열방 중에 헤친 후에야 그들이 나를 여호와인 줄 알리라
16 그러나 내가 그 중 몇 사람을 남겨 칼과 기근과 온역을 벗어나게 하여 그들로 이르는 이방인 중에 자기의 모든 가증한 일을 자백하게 하리니 그들이 나를 여호와인 줄 알리라
17 여호와의 말씀이 또 내게 임하여 가라사대
18 인자야 ! 너는 떨면서 네 식물을 먹고 놀라고 근심하면서 네 물을 마시며
19 이 땅 백성에게 말하되 주 여호와께서 예루살렘 거민과 이스라엘 땅에 대하여 이르시기를 그들이 근심하면서 그 식물을 먹으며 놀라면서 그 물을 마실 것은 이 땅 모든 거민의 강포를 인하여 땅에 가득한 것이 황무하게 됨이라
20 사람의 거하는 성읍들이 황폐하며 땅이 황무하리니 너희가 나를 여호와인 줄 알리라 하셨다 하라
21 여호와의 말씀이 또 내게 임하여 가라사대
22 인자야 ! 이스라엘 땅에서 이르기를 날이 더디고 모든 묵시가 응험이 없다 하는 너희의 속담이 어찜이뇨
23 그러므로 너는 그들에게 이르기를 주 여호와의 말씀에 내가 이 속담을 그치게 하리니 사람이 다시는 이스라엘 가운데서 이 속담을 못하리라 하셨다 하고 또 그들에게 이르기를 날과 모든 묵시의 응함이 가까우니
24 이스라엘 족속 중에 허탄한 묵시나 아첨하는 복술이 다시 있지 못하리라 하라
25 나는 여호와라 ! 내가 말하리니 내가 하는 말이 다시는 더디지 아니하고 응하리라 패역한 족속아 내가 너희 생전에 말하고 이루리라 나 주 여호와의 말이니라 하셨다 하라
26 여호와의 말씀이 또 내게 임하여 가라사대
27 인자야 이스라엘 족속의 말이 그의 보는 묵시는 여러 날 후의 일이라 그가 먼 때에 대하여 예언하는도다 하나니
28 그러므로 너는 그들에게 이르기를 주 여호와의 말씀에 나의 말이 하나도 다시 더디지 않을지니 나의 한 말이 이루리라 나 주 여호와의 말이니라 하셨다 하라