1 Daarna het hy my uitgebring na die buitenste voorhof op die weg na die noorde toe; en hy het my gebring na die kamers wat teenoor die afgeslote ruimte en wat teenoor die bouwerk teen die noorde lê,
2 oor 'n lengte van honderd el, langs die noordelike ingang, en 'n breedte van vyftig el.
3 Teenoor die twintig el wat by die binneste voorhof behoort, en teenoor die plaveisel wat by die buitenste voorhof behoort, was galery teenoor galery in drie verdiepinge.
4 En voor die kamers was 'n gang van tien el breedte, na binnetoe, honderd el lank; en hulle deure was teen die noorde.
5 En die boonste kamers was korter, want die galerye het ruimte van hulle weggeneem in vergelyking met die onderstes en die middelstes in die bouwerk;
6 want hulle het drie verdiepinge gehad, maar geen pilare soos die pilare van die voorhowe nie; daarom is daar ruimte weggeneem in vergelyking met die onderstes en die middelstes, van die grond af.
7 En daar was 'n muur wat buitekant ewewydig met die kamers geloop het, na die buitenste voorhof toe, vooraan die kamers, vyftig el lank.
8 Want die lengte van die kamers wat na die buitenste voorhof lê, was vyftig el; en kyk, teenoor die tempel was honderd el.
9 En onder hierdie kamers was die ingang van die oostekant af as iemand na hulle toe ingaan uit die buitenste voorhof uit.
10 In die breedte van die muur van die voorhof, na die suide toe, vooraan die afgeslote ruimte en vooraan die bouwerk, was daar kamers,
11 met 'n weg voor hulle, soos die voorkoms van die kamers wat na die noorde toe lê, net so lank en so breed as hulle, en al die uitgange en inrigtinge soos by hulle. En soos hulle ingange,
12 so was ook die ingange van die kamers wat na die suide lê: 'n ingang by die begin van die weg, naamlik die weg voor die ooreenkomende muur, na die ooste toe, as 'n mens na hulle toe aankom.
13 Toe het hy vir my gesê: Die noordelike kamers en die suidelike kamers wat teenoor die afgeslote ruimte lê, hulle is die heilige kamers waar die priesters wat na die HERE nader kom, die hoogheilige gawes moet eet; daar moet hulle die hoogheilige gawes neersit: die spysoffer en die sondoffer en die skuldoffer, want die plek is heilig.
14 As die priesters ingaan, dan mag hulle nie uit die heiligdom uitgaan na die buitenste voorhof nie, maar daar moet hulle hul klere neersit waarin hulle diens gedoen het; want die is heilig; hulle moet ander klere aantrek en dan nader kom na die ruimte wat vir die volk bestem is.
15 En toe hy klaar was met die mate van die binneste huis, het hy my na die poort toe uitgebring waarvan die voorkant na die ooste lê, en dit gemeet al rondom.
16 Hy het die oostekant met die meetroede gemeet: vyf honderd roede, met die meetroede rondom.
17 Hy het die noordekant gemeet: vyf honderd roede, met die meetroede rondom.
18 Die suidekant het hy gemeet: vyf honderd roede, met die meetroede.
19 Hy het hom begewe na die westekant en gemeet: vyf honderd roede, met die meetroede.
20 Hy het dit aan vier kante gemeet; dit het 'n muur gehad al rondom; die lengte was vyf honderd en die breedte vyf honderd, om skeiding te maak tussen wat heilig en onheilig is.
1 그가 나를 데리고 밖으로 나가 북편 뜰로 가서 두 방에 이르니 그 두 방의 하나는 골방 앞 뜰을 향하였고 하나는 북편 건물을 향하였는데
2 그 방들의 자리의 장이 일백척이요 광이 오십척이며 그 문은 북을 향하였고
3 그 방 삼층에 툇마루들이 있는데 한 방의 툇마루는 이십척 되는 안 뜰과 마주 대하였고 한 방의 툇마루는 바깥 뜰 박석 깔린 곳과 마주 대하였으며
4 그 두 방 사이에 통한 길이 있어 광이 십척이요 장이 일백척이며 그 문들은 북을 향하였으며
5 그 상층의 방은 제일 좁으니 이는 툇마루를 인하여 하층과 중층보다 상층이 더 줄어짐이라
6 그 방이 삼층이라도 뜰의 기둥 같은 기둥이 없으므로 그 상층이 하층과 중층보다 더욱 좁아짐이더라
7 그 한 방의 바깥 담 곧 뜰의 담과 마주 대한 담의 장이 오십척이니
8 바깥 뜰로 향한 방의 장이 오십척임이며 성전 앞을 향한 방은 일백척이며
9 이 방들 아래에 동편에서 들어가는 통행구가 있으니 곧 바깥 뜰에서 들어가는 통행구더라
10 남편 골방 뜰 맞은편과 남편 건물 맞은편에도 방 둘이 있는데
11 그 두 방 사이에 길이 있고 그 방들의 모양은 북편 방 같고 그 장광도 같으며 그 출입구와 문도 그와 같으며
12 남편 방에 출입하는 문이 있는데 담 동편 길머리에 있더라
13 그가 내게 이르되 좌우 골방 뜰 앞 곧 북편 남편에 있는 방들은 거룩한 방이라 여호와를 가까이 하는 제사장들이 지성물을 거기서 먹을 것이며 지성물 곧 소제와 속죄제와 속건제의 제물을 거기 둘 것이며 이는 거룩한 곳이라
14 제사장의 의복은 거룩하므로 제사장이 성소에 들어갔다가 나올 때에 바로 바깥 뜰로 가지 못하고 수종드는 그 의복을 그 방에 두고 다른 옷을 입고 백성의 뜰로 나갈 것이니라 하더라
15 그가 안에 있는 전 척량하기를 마친 후에 나를 데리고 동향한 문길로 나가서 사면 담을 척량하는데
16 그가 척량하는 장대 곧 그 장대로 동편을 척량하니 오백척이요
17 그 장대로 북편을 척량하니 오백척이요
18 그 장대로 남편을 척량하니 오백척이요
19 서편으로 돌이켜 그 장대로 척량하니 오백척이라
20 그가 이와 같이 그 사방을 척량하니 그 사방 담 안 마당의 장과 광이 오백척씩이라 그 담은 거룩한 것과 속된 것을 구별하는 것이더라