1 Die geslagsregister van Jesus Christus, die seun van Dawid, die seun van Abraham:
2 Abraham was die vader van Isak, en Isak die vader van Jakob, en Jakob die vader van Juda en sy broers;
3 en Juda was die vader van Peres en Serag by Tamar, en Peres was die vader van Hesron, en Hesron die vader van Ram,
4 en Ram die vader van Amm¡nadab, en Amm¡nadab die vader van Nagson, en Nagson die vader van Salmon,
5 en Salmon die vader van Boas by Ragab, en Boas die vader van Obed by Rut, en Obed die vader van Isai,
6 en Isai die vader van koning Dawid, en koning Dawid die vader van Salomo by die vrou van Ur¡a,
7 en Salomo die vader van Reh beam, en Reh beam die vader van Ab¡a, en Ab¡a die vader van Asa,
8 en Asa die vader van Josafat, en Josafat die vader van Joram, en Joram die vader van Uss¡a,
9 en Uss¡a die vader van Jotam, en Jotam die vader van Agas, en Agas die vader van Hisk¡a,
10 en Hisk¡a die vader van Manasse, en Manasse die vader van Amon, en Amon die vader van Jos¡a,
11 en Jos¡a die vader van Jegonia en sy broers in die tyd van die Babiloniese ballingskap.
12 En n die Babiloniese ballingskap het Jegonia die vader geword van Se ltiël, en Se ltiël was die vader van Serubb bel,
13 en Serubb bel die vader van Ab¡ud, en Ab¡ud die vader van Âljakim, en Âljakim die vader van Asor,
14 en Asor die vader van Sadok, en Sadok die vader van Agim, en Agim die vader van El¡ud,
15 en El¡ud die vader van Ele sar, en Ele sar die vader van Mattan, en Mattan die vader van Jakob,
16 en Jakob die vader van Josef, die man van Maria uit wie gebore is Jesus wat Christus genoem word.
17 Al die geslagte dan van Abraham tot Dawid is veertien geslagte, en van Dawid tot die Babiloniese ballingskap veertien geslagte, en van die Babiloniese ballingskap tot Christus veertien geslagte.
18 Die geboorte van Jesus Christus was dan so: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees.
19 En Josef, haar man, omdat hy regverdig was en onwillig om haar openbaar te maak, het hom voorgeneem om in die geheim van haar te skei.
20 Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar 'n engel van die Here in 'n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees;
21 en sy sal 'n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.
22 En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het:
23 Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar, en hulle sal Hom Emm nuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.
24 En toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gedoen soos die engel van die Here hom beveel het en sy vrou by hom geneem;
25 en hy het haar nie beken totdat sy haar eersgebore Seun gebaar het nie; en hy het Hom Jesus genoem.
1 아브라함과 다윗의 자손 예수 그리스도의 세계라
2 아브라함이 이삭을 낳고 이삭은 야곱을 낳고 야곱은 유다와 그의 형제를 낳고
3 유다는 다말에게서 베레스와 세라를 낳고, 베레스는 헤스론을 낳고, 헤스론은 람을 낳고
4 람은 아미나답을 낳고, 아미나답은 나손을 낳고, 나손은 살몬을 낳고
5 살몬은 라합에게서 보아스를 낳고, 보아스는 룻에게서 오벳을 낳고, 오벳은 이새를 낳고
6 이새는 다윗왕을 낳으니라 다윗은 우리야의 아내에게서 솔로몬을 낳고
7 솔로몬은 르호보암을 낳고, 르호보암은 아비야를 낳고, 아비야는 아사를 낳고
8 아사는 여호사밧을 낳고, 여호사밧은 요람을 낳고, 요람은 웃시야를 낳고
9 웃시야는 요담을 낳고, 요담은 아하스를 낳고, 아하스는 히스기야를 낳고
10 히스기야는 므낫세를 낳고, 므낫세는 아몬을 낳고, 아몬은 요시야를 낳고
11 바벨론으로 이거할 때에 요시야는 여고냐와 그의 형제를 낳으니라
12 바벨론으로 이거한 후에 여고냐는 스알디엘을 낳고, 스알디엘은 스룹바벨을 낳고
13 스룹바벨은 아비훗을 낳고, 아비훗은 엘리아김을 낳고, 엘리아김은 아소르를 낳고
14 아소르는 사독을 낳고, 사독은 아킴를 낳고, 아킴은 엘리웃을 낳고
15 엘리웃은 엘르아살을 낳고, 엘르아살은 맛단을 낳고, 맛단은 야곱을 낳고
16 야곱은 마리아의 남편 요셉을 낳았으니 마리아에게서 그리스도라 칭하는 예수가 나시니라
17 그런즉 모든 대수가 아브라함부터 다윗까지 열 네대요, 다윗부터 바벨론으로 이거할 때까지 열 네대요, 바벨론으로 이거한 후부터 그리스도까지 열 네대러라
18 예수 그리스도의 나심은 이러하니라 그 모친 마리아가 요셉과 정혼하고 동거하기 전에 성령으로 잉태된 것이 나타났더니
19 그 남편 요셉은 의로운 사람이라 저를 드러내지 아니하고 가만히 끊고자 하여
20 이 일을 생각할 때에 주의 사자가 현몽하여 가로되 `다윗의 자손 요셉아 네 아내 마리아 데려오기를 무서워 말라 저에게 잉태된 자는 성령으로 된 것이라
21 아들을 낳으리니 이름을 예수라 하라 이는 그가 자기 백성을 저희 죄에서 구원할 자이심이라' 하니라
22 이 모든 일의 된 것은 주께서 선지자로 하신 말씀을 이루려 하심이니 가라사대
23 보라 ! 처녀가 잉태하여 아들을 낳을 것이요 그 이름은 임마누엘이라 하리라 하셨으니 이를 `번역한즉 하나님이 우리와 함께 계시다'함이라
24 요셉이 잠을 깨어 일어나서 주의 사자의 분부대로 행하여 그 아내를 데려 왔으나
25 아들을 낳기까지 동침치 아니하더니 낳으매 이름을 예수라 하니라